Tankwa jou lekker ding

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Ai man,Nice pics.  :thumleft:

Wens ek kon gaan maar bike was nog nie gereed nie en vakansie om die draai(Finansies spaar).
Bike nog steeds nie gereed nie. Wag nog vir n bash-plate. :(

Lyk na n great trip.  :thumleft: :thumleft: :thumleft: :thumleft:

KAROODONKIE- as jy weer een reel, moet my nie vergeet nie...... :p

LEKKER MAN, LEKKERRRR......
 
Ja aan almal wat daar was baie dankie. Dit bly maar n besondere plek.
Aan al die nuwe kennise , ek hoop ons ry mekaar sommer gou weer raak.
Wie weet meskien kan ons weer n ruil transaksie deur werk
 
KAROODONKIE said:
Oom Foe-rie said:
Julle eerste groep het Sondag net voor ons by Tankwa Padstal aankom reeds vertrek ............... Ons het nog vir Kees hulle daar gekry ................. Daar het n tyding by die Padstal aangekom dat iemand met n KTM geval het ................. Was dit een van julle en indien wel wat was die aard van die beserings ................ :(

Gelukkig nie te ernstig nie Oom Foerie.
Flippie met die AT het `n voorband gebars en so effense slide gehad net na die Katbakkies afdraai.
Elmboog net bietjie nerwe af en verder bloukolle!!  :eek7:
Die man en die bike opgepatch en almal is oraait verder!!
:biggrin:  :ricky:





`n Superbike in Mitchels Pas gekry wat sleg tweede gekom het.
Die man het die fiets verloor in die S-draai met die treinspoor.
Fiets is in die barrier in en lyk of die biker onder `n aankomende lorry in is.
Nie baie goed gelyk toe ek verby gaan nie!!
:-[  :-[

Ek en Vonkie / Neil het agter 4 superbikes gery uit Ceres uit in die pas. Hulle het baie stadig gery, so 70km/h. Neil ry toe langs my en vra / wys ons moet hulle verbygaan, ek wys  :thumleft:. Dit was net voor die S draai, as ek reg kan onthou. Hy is my en nog 2 verby. Ek steek 1 of 2 verby en is al op spoed, toe ry ons in 'n trop bobbejane in. Almal het dood gebriek, maar ek en Neil het meer spoed gehad (110-120 ) en het gesukkel om te stop. Ek moes half in die geel streep inry, links / langsaan die ou wat voor my was met die superbike. Agter my het dit oraait gelyk, gelyk of almal gestop het, maar ek's nie seker nie, want ek het aan gery.

Ek dink darm nie dit kon daardie insident wees nie, maar daardie bobbejane het nie 'n saak met ons gehad nie. Hulle het nie eens opgekyk nie, en as ons in hulle vasgery het teen spoed, kon ons 'n lelike ongeluk gehad het.

Onlangs op die forum is daar ook iemand in die hospitaal ingeval agv bobbejane. Ek dink dit was by die uitkykpunt bo-oor Du Toitsklooftonnel, die alternatiewe- / verniet pad.


In elk geval, die trip was erg lekker. Ek het nog 'n paar foto's van Karoodonkie-merrie in sy speedo en boots wat ek kan opsit. So 'n "puss in boots" affere.
 
Kees said:
Ja aan almal wat daar was baie dankie. Dit bly maar n besondere plek.
Aan al die nuwe kennise , ek hoop ons ry mekaar sommer gou weer raak.
Wie weet meskien kan ons weer n ruil transaksie deur werk

Ja, ek het 'n ou XT wat ek vir 'n nuwe SuperTen sal ruil !  Ek het die meeste van die transaksie gemis, maar dis ook iets om oor te vertel.
 
Very well done photo,s tell of a great gathering
 
Top