Tesselaarsdal

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

dual

Race Dog
Joined
May 2, 2010
Messages
3,356
Reaction score
922
Location
Hermanus
Bike
BMW R1200GS
https://af.wikipedia.org/wiki/Tesselaarsdal

Die pad vanoggend gevat en koffie by die "Poskantoor" gaan drink, die volgende rit sal 'n ete insluit, kos lyk heel goed daar

Hemel en Aarde pad, canola amper op 'n einde in die Overberg

36883455630_a93d5ee4df_b.jpg


Teerpad na grondpad

37090568886_58a1fcd745_b.jpg


Babilonstoring

37138609381_9a8d1dae01_b.jpg


36883436960_83c52ce949_b.jpg


36883433400_b37b1757c4_b.jpg


36466507663_569e387b03_b.jpg


36466500213_d0d89d865d_b.jpg


36443322514_25b05d14a5_b.jpg


37090519646_0d07744dcf_b.jpg


36466479903_d93dc0e53b_b.jpg


Lanklaas so klomp mooi perde gesien, besonders

36466476583_941d4fdfa3_b.jpg


37108802062_c1b0186bca_b.jpg


36443302764_467bcf6f2e_b.jpg


36466461783_f39db3f142_b.jpg


90 km draai

36443296174_49b2b381d5_b.jpg
 
'n Baie mooi gedig wat 'n raakbeskrywing is as mens die omgewing ken

Tesselaarsdal deur Theo du Preez

Neffens Maanskynkop se skouerblaaie
skuins agter die vark se snoet
lê 'n vallei so mooi
en ongeskonde
skoon weggesteek
van priemende oë

Die inwoners koester dit jaloers
inkommers met agterdog bejeën
Maar is jy Carelse, Julies of Swart
word familiesake ounag uitgelê
met koffie op die koolstoof of ope vuur

Die teerpad van 80 meter lank
van die weinig luukses tussen
die eeuoue sandsteengeboue

Die vervalle Poskantoor
circa agtien tien
roep woordeloos na die posman op sy ros
Hermanus se seesand
en Stanford se stowwe
kleef lafhartig aan sy maanhare
met skuim uit sy bek
en stoom uit sy neusgate

Jou ouma se ouma het vertel
van die 6 myl per voet
oor die kruin
van die Kleinrivierberg
reeds in die nanag vertrek
gedos in kerkhoed en
deurtrapte Sondagskoene
om regop en trots
die koue houtbank
vol te sit
vir jou sondes
van die laaste sewe dae

Waar die Bloukraanvoël kordaat pronk
en die golwe lusern ritmies wieg
in die soel lentebriesie
daar vind jy jouself
rus vir jou siel
kalmte vir jou gemoed

Hoe jy daar gekom het
deur Hemel-en-Aarde
of Solitaire of Caledon
maak skielik nie meer saak nie

Hoe lank jy kan bly
die rustigheid en stilte ervaar
die geskiedenis herleef
aan 'n grashalmpie kou
terwyl jy jou gejaagde bestaan herbesin

Te gou loop jy sleepvoet terug
so lank uitgestel soos wat jy kan
die stad roep
hy soek jou tyd en jou geld
maak solank planne
maar na Tesselaarsdal
keer jy altyd weer
en weer terug
dit is in die sterre
van die wolklose hemel
met seringsap geskryf ...
 
Heel toevallig gister die vark se snoet weer afgeneem

37096348396_256574c53f_b.jpg
 
Top