Tolhuis toe, teerpadlangs want ons kan...

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Knormoer

Race Dog
Joined
Sep 27, 2013
Messages
4,501
Reaction score
738
Location
Wellinton, WC
Bike
BMW R1200GS Adventure
Knormoer staan nou al op stal vandat ek net voor Tankwa Bike Burn in die bed beland het met bronhitis, Saterdag besluit ek toe dis tyd om weer 'n draai te ry. Ek was egter die slag sommer net lus om te ry en die omgewing te waardeer sonder enige spesifieke doel behalwe natuurlik ontbyt en goeie geselskap.

Dit het net 'n paar minute geneem om 'n groepie manne aan te keer wat wil saamry so ons spreek toe af om Sondag oggend 8:00 in Wellington te ontmoet. Die eerste vraag was natuurlik waar in Wellington en na 'n vinnige konsultasie van Google Maps op my foon nomineer ek Engen. Die wat Wellington ken sal nou reeds begin giggel want daar is natuurlik nie 'n Engen in Wellington nie. Wellington is egter nie so groot dat iemand kon verwaal nie en net na 8:00 is daar vyf ysterperde reg om te ry en almal is honger.

Bainskloof was uitsonderlik mooi. Ek het maar min foto's geneem so ek steel hier 'n paar van haleyscomet om die pragtige oggend met almal te deel. Ontbyt was spesiaal soos gewoonlik by Die Tolhuis. Moerkoffie, melkkos, roosterkoek en 'n lekker warm vuur maak die stop die moeite werd :thumleft:

Na ontbyt praat ons gou en besluit om Slanghoek en Du Toitskloof oor huis toe te ry. Party van ons was Saterdag by die rugby en het rus nodig  ;D

Die omgewing is uitsonderlik mooi na al die reen en sneeu en ek het die hele rit baie geniet. Behalwe vir een konstruksie voertuig wat op 'n sperstreep wou verbygaan net toe ons almal briek en regs draai vir Slanghoek se pad was daar niks wat die oggend bederf het nie.

Dankie vir die manne wat saamgery het. Haleyscomet, Cruiserpal, Jaka and Glen. Ons maak binnekort weer so.

Fotos:
1. Op pad na wellington

7u8evabe.jpg


2. By Brent Oil net voor ons ry

tu8amysy.jpg


3. Bainskloof in die oggend

gevuhe2u.jpg


4. Daai lekker roosterkoek in wording

y5emaja5.jpg


5. Die laagwater bruggie oor die Bree rivier

amajy4e5.jpg


Die ander manne moet maar bylas.

EDIT PS: Het vir Erkies by Die Tolhuis raakgeloop, hy was op 'n missie om 'n avontuur los te ry. Hoop jy het hom gekry :thumleft:
 
Nice excellent photos keep them coming enjoying the RR.  :ricky:
 
Myne is groter:anders as joune :imaposer:

ra3a8asu.jpg


Die ysterperde en hul ridders

ma9ebyty.jpg


Daai lekker moerkoffie

yhujuqe3.jpg
 
teerpad of te not, jy leer altyd iets van daai roete elke keer as jy hom weer ry.

Ek het so week gelede ook daar naby gaan draai. Nou vertel julle my van roosterkoek by Tolhuis...Ek het nog nooit daar gestop nie, maar sal beslis nou so maak
 
daaipics is awsome. lyk soos skilderye :thumleft:

bainskloof in die oggend se pic maak ek sommer my laptop se backround as ek mag
 
tiffie said:
daaipics is awsome. lyk soos skilderye :thumleft:

bainskloof in die oggend se pic maak ek sommer my laptop se backround as ek mag

Solank jy hom vir almal wys wat nie weet hoekom ons ry nie :thumleft;
 
Baie mooi fotos! Wens ek het daar rond gebly... maar die ou Bosveld het darem ook sy eie mooi. Soos vlakvarke wat hulle alies teen 'n klip skuur as jy verby ry...
 
EwaldSchmidt said:
Baie mooi fotos! Wens ek het daar rond gebly... maar die ou Bosveld het darem ook sy eie mooi. Soos vlakvarke wat hulle alies teen 'n klip skuur as jy verby ry...

My hart sal altyd in die bos wees, het in die Laeveld groot geword. Die kaap is 'n nuwe ervaring wat ek baie geniet maar ek verlang steeds terug.
 
profiler said:
Looks nice, can someone give me the co-ords for tolhuis please? O0

Wellington-Bainskloof-Michells Pass to Ceres, Tolhuis is on your left near the end of the pass.

When you get to Ceres, you went too far, it's 3 mins back :imaposer:
 
Ek sal darem nou so paar roosterkoeke met konfyt en kaas kan wegpak!!
 
Lord Knormoer said:
profiler said:
Looks nice, can someone give me the co-ords for tolhuis please? O0

Wellington-Bainskloof-Michells Pass to Ceres, Tolhuis is on your left near the end of the pass.

When you get to Ceres, you went too far, it's 3 mins back :imaposer:

:laughing4: :laughing4:

Thanks boet O0
 
Top