Lem
Grey Hound
Ek het aspris hierdie ride report teruggehou tot nou toe, want ek het gedink my bike sal al verkoop wees, maar vir sewe weke is ek net vir ‘n pop gevat. Vandag is ook Donderdag, en ek voel net soos daai dag. Hier in SA het ons mos ‘n kultuur tot stand gebring om mense nie te kan vertrou nie.
Die Swartland is nie tans so groen soos op die lae-resolusie fotos hieronder nie. Die boere sal seker oor 14 dae begin koring stroop.
Anyway, 25 Augustus 2011 was ‘n Donderdag. Ek het die oggend en vroegmiddag bietjie sake admin gehad om te doen, maar die kalf was in die put vir daardie maand. Die huis en kantoor het my bietjie vasgedruk en ek was net plain gatvol. In my beursie was ‘n R 100 noot, my werk vir die dag was gedoen, die horlosie het aangeskuif na 16h00 en ek het gedink, dis nou die tyd. Dalk is dit jou laaste solo ride op hierdie fantastiese bike, het ek vir myself gesê. Ek moes darem ‘n rede hê om hom te was sodat die advertensies geplaas kon word.
Dis toe ek besluit, die R 100 gaan tenk toe in likiede, vlambare vorm, die geel vierkant het al geskyn. Wat is die meeste waarde wat ek hieruit kon kry? Topboks moes af, ek wil gaan bike ry!! Nie met ‘n Bajaj Pulsar gaan mediese samples optel en gaan aflewer nie.
Die roete? Ag wat, maak dit op soos dit gaan. Daars ‘n onverkenne paadjie vanaf Kalbaskraal af deur tot by die Klipheuwel – malmesbury pad. Sommer so met my baadjie al aan het ek dit gou ge-google voor ek die laptop finaal toegeklap het vir die middag.