Van vlaktes, mielies en wuiwende grasvelde gepraat ...

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Lekker een Dorsland! Ek lees nie altyd as mense so baie skryf nie maar jy het 'n manier om mens geïntereseerd te hou al die pad  :thumleft:
 
RobC said:
Geniet dit maar know your limits... as jy begin moeg raak vat ń breek of sny die trippie kort. Dis wat ek maar laast week besluit het toe ek amper bo was by Katberg...

Ek het dit gevoel gister RC en het op die oueinde toe wel so 100 km van my beplande roete afgeknip.  Behalwe vir so 'n kort rit verlede week het ek vir sowat 7 weke nie noemenswaardig fiets gery nie. Mens se konsentrasievermoë raak al minder en dis net daar wanneer daar 'n oepsie kom.
 
Dwerg said:
Lekker een Dorsland! Ek lees nie altyd as mense so baie skryf nie maar jy het 'n manier om mens geïntereseerd te hou al die pad  :thumleft:

:thumleft:  Dankie Dwerg, bly jy't lekker saamgery sonder om jou fiets eens vol modder te kry.  ;D
 
Slakkie,  hierdie paar kiekies het ek vir jou geneem.  Dit blyk dié manne van Kirsten Boerdery sukkel bietjie hierdie seisoen.  Hulle moes maar sien en kom klaar met net 3 langbeen gifspuite, 2 stropers, 10 John Deeres, 'n Claas en 'n Massey (wat ek kon sien)  .  Wat reken jy?  So R20 miljoen se toerusting (implemente ingesluit) wat oppie werf staan?  Dit gaan maar bars daar maar ek glo hulle sal 'n plan kan maak om die lande betyds bewerk te kry

Baie mooi foto's en lekker RR, ja die mense wat nie ons plat wereld ken nie dink ons bly in die agtergeblewe deel van die wereld. Het hele paar jaar in die stad gebly voor ek teruggekom het platteland toe. Daar is regtig niks in die stad wat my opgewonde maak nie, ons ry met die boot op die Vaalrivier en jy ry dalk 15 km voor jy weer iemand met 'n boot kry. Ek stap werk toe in 5 min en almal groet, jou buurman kyk na jou honde asof dit sy eie is as jy op vakansie is. Bel jou 3 in die oggend en sy vir jou jou voordeur staan nog oop. Ja dis lelik in die winter maar soos jy weet dan kyk jy net ander goed wat net so mooi is.

Weet nie of jy die Kirsten's persoonlik ken nie. Baie nice mense, daai trekkers en implemente is seker net 1 plaas s'n. Jy kan daai bedrag seker verdubbel.
Maar Oom Jan en Tannie het harte van goud.
 
Dorsland daai wêreld is darem maar mooi as hy nat en groen is!!! :drif:
 
Ja lekker vir my om ook ander gedeeltes van ons pragtige land te sien. Dankie!
 
Het nou lekker saamgery - al verskil is dat ek nie vol modder is nie.

Dankie - dit was lekker  :thumleft:
 
Dankie vir die deel en saamry. Gaan nog eendag vir jou kom kuier of anders sien ons weer by die NW Bash
 
AndreB said:
Slakkie,  hierdie paar kiekies het ek vir jou geneem.  Dit blyk dié manne van Kirsten Boerdery sukkel bietjie hierdie seisoen.  Hulle moes maar sien en kom klaar met net 3 langbeen gifspuite, 2 stropers, 10 John Deeres, 'n Claas en 'n Massey (wat ek kon sien)   .  Wat reken jy?  So R20 miljoen se toerusting (implemente ingesluit) wat oppie werf staan?   Dit gaan maar bars daar maar ek glo hulle sal 'n plan kan maak om die lande betyds bewerk te kry

Baie mooi foto's en lekker RR, ja die mense wat nie ons plat wereld ken nie dink ons bly in die agtergeblewe deel van die wereld. Het hele paar jaar in die stad gebly voor ek teruggekom het platteland toe. Daar is regtig niks in die stad wat my opgewonde maak nie, ons ry met die boot op die Vaalrivier en jy ry dalk 15 km voor jy weer iemand met 'n boot kry. Ek stap werk toe in 5 min en almal groet, jou buurman kyk na jou honde asof dit sy eie is as jy op vakansie is. Bel jou 3 in die oggend en sy vir jou jou voordeur staan nog oop. Ja dis lelik in die winter maar soos jy weet dan kyk jy net ander goed wat net so mooi is.

Weet nie of jy die Kirsten's persoonlik ken nie. Baie nice mense, daai trekkers en implemente is seker net 1 plaas s'n. Jy kan daai bedrag seker verdubbel.
Maar Oom Jan en Tannie het harte van goud.

Nee ek raak skoon benoud as ek stad toe moet gaan vir een of ander rede Andre, ek soek spasie om my.  Mens moet seker net altyd die mooi in enige situasie kan raaksien wat nie altyd maklik is nie.  Ek ken die Kirstens glad nie maar mens kan sien hulle hakkel nie as dit by die boerdery kom nie.  Bly dit gaan goed met hulle.  Sien jy is van Wesselsbron distrik, ken jy vir Jasper Coertzen daar op die Sandrivier?
 
woody1 said:
Dankie vir die deel en saamry. Gaan nog eendag vir jou kom kuier of anders sien ons weer by die NW Bash

Ek het lekker aan daai versameling Sani RRs van joune gelees Woody.  Jy moet my laat weet as jy weer gaan, dit sal vir my 'n eerste wees en ek sal graag so 'n rit wil meemaak.  Lyk my jy is al in die Sani/Lesotho ding gesout en sal dit goed  wees om saam iemand te ry wat dit ken.  Jy is baie welkom om te kom kuier,  laat weet my dan kan ek vir jou so 'n paar lekker roetes na my toe stuur.  NW Bash 2013 is nog te ver.
 
Het iemand vir my asseblief raad oor hoe om 'n paar quotes van verskillende manne in een pos te beantwoord?  JMOL ek sien jy het die kunsie aangeleer,  help!  Dankie vir die terugvoering kerels,  lekker dat julle almal kon saamry en ja,  daai modder was nie my maat gewees nie.  Fiets is daarem weer blink gewas vandag.
 
Nee wat, ek is defnitief nie die grootste Sani / Lesotho kenner hier nie... 3 keer in een jaar Sani op is maar net omdat dit LEKKER is.

Maar ek sal jou graag saamvat, ek kan bike optel en fietse Sani op stoot ..... :imaposer:
 
Vat vir Spoedvark en Die Arende ook saam - hulle het my 3 x gehelp om my bike op te tel toe osn Sani op is  :imaposer:  :peepwall:

Kies jou vrinne reg  :ricky:

Dorsland said:
Het iemand vir my asseblief raad oor hoe om 'n paar quotes van verskillende manne in een pos te beantwoord?  JMOL ek sien jy het die kunsie aangeleer,  help!  Dankie vir die terugvoering kerels,  lekker dat julle almal kon saamry en ja,  daai modder was nie my maat gewees nie.  Fiets is daarem weer blink gewas vandag.

Dis maklik.  Jy reply net, "INSERT QUOTE" iemand se responce, tik wat jy wil, kliek weer op die volgende "INSERT QUOTE" van iemand, tik wat jy wil en post.  :deal:

Try en delete - dis wat ek maar gedoen het - sterkte
 
Dankie JMOL, kom ek probeer dit bietjie.

woody1 said:
Nee wat, ek is defnitief nie die grootste Sani / Lesotho kenner hier nie... 3 keer in een jaar Sani op is maar net omdat dit LEKKER is.

Maar ek sal jou graag saamvat, ek kan bike optel en fietse Sani op stoot ..... :imaposer:

Soos JMOL sê: kies jou vrinne reg.  Al die optellers en stoters is welkom om die Sani trippie me te maak.

JMOL said:
Dis maklik.  Jy reply net, "INSERT QUOTE" iemand se responce, tik wat jy wil, kliek weer op die volgende "INSERT QUOTE" van iemand, tik wat jy wil en post.  :deal:

Try en delete - dis wat ek maar gedoen het - sterkte

Ha! daar leer ek ook vandag iets , dankie JMOL  :thumleft:  Op dié forum moet mens maar net vra en alles sal beantwoord word  ;D
 
Sien jy is van Wesselsbron distrik, ken jy vir Jasper Coertzen daar op die Sandrivier?
[/quote]

Ja ek ken hom so op 'n manier, ek het aan die ander kant van Wesselsbron groot geword. Ons het teen die Vaalrivier na Makwassie se kan gebly. Daai brug by Kommandodrif ken ek ook baie goed. Pragtige vakmanskap net jammer niemand onderhou dit meer nie.

Andre
 
Jy't nie dalk enige geskiedenis oor daai brug nie Andre?  Lyk my die staal seksies kom nie van Yskor af nie,  eerder 'n Engelse of Skotse fabriek.  Hy's daarem in baie beter toestand as van die ander bruë wat ek al gesien het.  Hy kort eintlik maar net bietjie verf en die gruis van sy ryvlak af skoonmaak.
 
Plaas laat ek dit eers geGoogle het.  Ja die staal kom toe wel uit Skotland uit, van die Dalzell Steelworks in Motherwell.  Gaan loer bietjie hier as jy belangstel:  https://myweb.tiscali.co.uk/steelworks/Steelworks%20Dalzell.htm  Ek kyk bietjie of ek nog inligting kan kry oor hoe en wanneer daai brug daar gebou is.
 
hey dorsland, made me go down memory lane, I was born grew up  on a farm in the skandinavia drif area ...lived there in the 70's and 80's....those sand roads and koppies have given me many a scar but wonderful memories.. thanks for the story..
safe travels
 
Top