slip slip sliding away
Sondag raak ek so 5 uur die oggend wakker terwyl dit nog reen. Of weer reen. Wie weet. Smaak my daar bo op Gannaga Pas reen dit heeltyd. Maar ons slaap verder tot so 7 uur se kant toe. Dis nie meer aant reen nie, maar my calculations is gemaak. Die pad moet vieslik lyk.
Ons suiker Gannaga Lodge se eetsaal binne en die mense skep weer net. Dis full English en pappe en joghurte en alles. By daai plek sal mens jouself vrek eet as jy nie oplet nie. Ek corner vir Johann die eienaar, wat ook self die kok is, en ons maak somme. As die laaste 30 km van Middelpos af tot by die lodge ‘n uur gevat het, en my ou toppie het 3 keer sy fiets neergesit, behoort die 200 km tot by Touwsrivier, en gestel die laaste 50 is teer, dus 150 km Tankwa grondpad . . . dus moet ons mos 5 uur se modder trotseer as die paaie daar onder ook so nat is.
Maar, die Tankwa sal mos nooit ooit die reens kry wat hier bo geval het nie. En ons besluit om die Kantoor in die Tankwa Park te bel. Voor ete, geen antwoord. Middel ete, geen antwoord. Na ete, GEEN ANTWOORD! Smaak my daai manne babbeleer nog.
So kom ons begin en ry af kantoor toe en kyk hoe dit lyk.
Van die lodge af is dit so ‘n afdraendjie tot jy die pad tref, en die stukkie is gladder as Malema se bek. Ek kap so bietjie agterbriek, net om mooi reguit te hou, en kom toe agter dat my brieke nie werk nie. Eks ‘n accountant sien, en as ‘n briek nie werk nie dink ek dadelik die heel ergste. Alles van brake-fluid tot borrelsiekte in die pype gaan deur my kop. En ek is toe free-style daar af. Die 800 se eerste gear is redelik vinnig, maar darem nou nie te erg nie en ek en die revs hou toe mooi. En toe ons die oopte tref stop ek met die voorbrieke, in die snot, en modder, en bekyk nou wat hier onder aangaan. Ek vroetel en roer maar alles lyk fine. Dis hier waar ek besef het eks ‘n idioot.
My pa stop langsaan en vra wat ek doen. Ek verduidelik van die borrelsiektes en so aan. Hy buig af, en trek my brake-lever terug in posisie in. Die val gisteraand van die reen wat die donga onder my stands gespoel het, het my lever binne toe gebuig. En as ek trap druk die lever bo op my engine-guard vas. En na 1 sekonde se gebuig is hy weer in plek en siedaar, alles is reg. En ek het alweer vermoed dis die einde van die wereld. Supid Stupid Amandel-Pit!
(Ekt die foto later geneem, daai is my garage vloer, nie die Tankwa nie)
In elk geval, ons is weer oppad, ons moet mos nou 150km se snot aandurf, en as ons nie regkom nie sal ons die ouvrou bel vanaf die kantore by die Tankwa om ons te kom haal.
Die pas was stunning. Bo meet die thermostat 2.5 grade Celcius. Maar die pad is hard en geen probleem, en ons suiker baie gemaklik af tot onder. Die 1,000m odd daling beteken toe ook omtrent ‘n 10 grade temperatuur styging, en aangesien ek alles wat ek saamgevat het aan het (van onderbroeke tot sokkies en sweetpak broeke tot jeans) stop ons toe bietjie en ek verwyder net klere. Dit was steeds nie warm nie . . . rondom 15 op sy hoogste onder in die Tankwa.
Wel, ons gestress oor Tankwa en modder is bewyse van verdere idiotisme. Ons het presies 5 km se snot gehad.
11H00 sit ons in die Tankwa Padstal en drink ‘n bier. Ons hoor van die Boer-Soek-‘n-Vrou ouens wat hier kom verfilm het en die eienaar se vrou wys vir ons hulle hele sonpaneel en wind krag sisteem. Hulle wek so baie krag op met die wind opwekkertjie dat hulle dit nie alles kan gebruik nie.
Baie nice ouens daardie.
Na 12H00 is ons weer oppad, maar nou is dit mos baie maklike pad. Hier en daar bietjie glad, veral daar deur die Karoo Poortjie, maar toe is ons op die teer en tussen die sneeu-bedekte berge in Touwsrivier toe.
Toe ons die N1 tref skei ons paaie. Die Oupoot is oppad Oudtshoorn toe en gaan deur die Seweweekspoort, maar ongelukkig reen dit toe een snot-hou in Laingsburg en hy praat toe by die pompe met iemand wat deur die poort gery het met ‘n bakkie. Die ou kerel besluit toe maar eerder om Leeu-Gamka – Prins Albert – Meiringspoort deur te ry en was so 4 PM by die huis.
Ekt bietjie vinniger aangestoot, De Doorns, Worcester, Durbanville en was heelwat vroeer by die huis. Eintlik toe nogals jammer ons was effens bekommerd oor die Tankwa Paaie want laas het ons vreeslik lekker in die park rondgery. Maar, oral sien jy diep modder spore so ek vermoed daai park kan nogals sports wees as daar water geval het.
Stats:
Volgende trip vir ons 2 sal September wees en ek begin klaar aan roetes dink. Dis mos waar die ander Honde inkom. Idees bitterlik welkom.
Cheers.