Waar lê die Boesmanland? Kan jy vir my sê?

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Dankie vir die share. Mooi foto's. Lyk as of dit pret was!
 
Baie dankie vir die mooi beskrywings.
Vroulief en ek ry elke jaar van westransvaal weskus toe vir 'n bietjie by die see sit. Ek wonder altyd as ons die grondpaie sien, hoe lyk dit daar agter die heuwels...
Nou is ek nog nuuskieriger.
Groete, g.
 
Ek het altyd gewonder hoe kom die Sishen-Saldanha spoorlyn bo-op die Boesmanlandse plato as Vanrhynspas dan so steil is. Om te sien hoe is een van die redes van hierdie tog. In die Suid-Afrika waarin ons vandag leef is dit moeilik om te glo dat ons regering destyds ‘n infrastruktuurprojek van hierdie omvang aangepak het en suksesvol uitgevoer het. Oral waar ‘n rivier moontlik sal kan word (almal is nou droog), is ‘n ordentlike brug met betonkolomme en staalspanne gebou. Van 250m bo seevlak klim ons geleidelik tot 450m, sonder dat jy dit eintlik agterkom, en glip tussen die berge deur.

View attachment 865906

By die Kliprand-Loeriesfontein “grootpad” draai ons oos, weg van die spoorlyn, wat met ‘n enorme snyding deur ‘n berg gaan. Ek knoop ‘n lint om my vinger: ek moet nog eendag deur daardie poort.

Die son begin laag hang agter ons en belig die vlakte voor ons. Ek ry voor en ‘n paar springbokkies steek die pad, wat geen grensdrade het nie, oor en pronk dan windmakerig soos net húlle kan. Is ons nou al in die Boesmanland? “As jy vir my kan sê...” Die wuivende grasplate tussen die bossies suggereer wel so.

View attachment 865909
As jy ooit weer Loeries se rigting ry laat weet my. Dalk ry ek saam. Brakkie se Veldkombuis het die mooiste kampterrein, lekker ablusie geriewe en een van daardie moet sien bestemmings. Ek is nuwe jaar nie baie ver van daardie cutting waarvan jy praat nie, hoeka op die plaas.
 
Dankie Amos dit is nou my tipe storie ... mooi geskryf ... mooi fotos ... mooi wereld (ek weet hoe om die kappie op die "e" te kry nie) ... vir my is die " Boesmanland" wat ek beleef in "die hart" ... op n kaart is hy dalk "Namakwaland" se buurman ... maar wat maak dit saak waar die streep getrek is ... jou reis het my hand gevat en na die die rant se kant geneem ...
 
Wat 'n pragtige ritverslag! Baie dankie om die moeite te gedoen het, dit was pure plesier om te lees en te kyk!
 
n Uitstaande lekker lees avontuur, dankie vir die deel Amos!
 
You are a poet and a philosopher @Amos - and your writing is infused with the soul of those multifarious roads and dorpies.

And BTW, I suspect that the host of your gashuis in Loerriesfontein , when referring to her husband as boer and motorcyclist, is referring to none other than @Hinksding on this forum - doyen of Boesmansland-riders…
 
Dankie vir die deel Amos. En jy skryf uitstekend. Wêns ek kon so in my moedertaalmskryf.
Die pan moet seker ook op my emmerlys gaan…
 
And BTW, I suspect that the host of your gashuis in Loerriesfontein , when referring to her husband as boer and motorcyclist, is referring to none other than @Hinksding on this forum - doyen of Boesmansland-riders…
Dankie Ruffian

It is me indeed. I make a point of it to stop at the guesthouse to chat to our guests especially if they are on stofskoeters.

I met Amos, but none of us knew that we were fellow Dogs

Great RR Amos. Jy beskryf ons wêreld mooi!
 
Top