WC - Night ride 29-30 September 2012 - UPDATED

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Waar sal jy dit verkies?


  • Total voters
    11

Riebeeker

Race Dog
Joined
Mar 16, 2008
Messages
3,812
Reaction score
0
Location
Riebeek Kasteel
Bike
AJS (all models)
Na ons (Mid year - Mid Tankwa ride) het daar weer 'n paar honde my gevra om weer so 'n trip te reel. Hier is die RR
https://wilddog.net.za/forum/index.php?topic=101843.0

Dit is volmaan die 29ste September 2012 so indien daar genoeg belangstelling is kan ons weer so 'n trip aan mekaar slaan. Die skole sluit die 28ste die Vrydag!

Ja ek weet dis net voor PAY DAY! Ja ek weet dis kort na die Nas Bash! = Die maan vra nie vrae nie!

Hier is die plan:
Saterdag 29 September kry ons mekaar by Du Vlei se padstal waar die wat wil kan brekvis eet.(Hulle maak 08H00 oop) Ons vertrek STIPTELIK om 09H00 van hier na Ceres al op die grondpaaie langs tot in Gouda deur Nuwekloof dan vat ons die bosbou pad tot in Wolseley en dan deur die pas tot in Ceres waar ons die nodige (menslikke) brandstof kan aankoop vir die aand. Vanaf Ceres gaan ons Gydo pas oor tot by Oppieberg waar ons die bikes se brandstof vol maak. Van hier af gaan ons Katbakkies oor tot by die R355 waar ons dan by die Tankwa padstal vir ons 'n worsie gaan braai vir middag ete. Na ete vertrek ons na die plaas wat so 50km verder is dan slaan ons ons tente op en kry die vuur aan die gang en kuier lekker rustig. Na aand ete vertrek ons op ons nag trip wat so 102km is op plaas paaitjies en wanneer ons terug kom kuier ons saam om die vuur of gaan slaap. Die Sondag na ontbyt vertrek elkeen huis waarts. Ek sal weer saam met die wat wil die Onder-wadrif pad terug ry. Die wat haastig is of wat in ander rigtings wil/moet ry kan so maak.
Die "Back-up" voertuig sal by Du Vlei wees indien jy toerusting op die voertuig wil saam stuur. Die voertuig sal in Ceres weer wag vir die nodige ondersteuning met vervoer van die vloeistof. Die voertuig gaan nie saam met ons oor Katbakkies nie, maar sal ons weer by die Tankwa padstal kry, hulle gaan solank die middag-ete gereed kry.

BRANDSTOF: Van-af Oppie berg tot op die plaas en dan met die Onder-wadrif pad langs terug tot is Ceres is 280km plus die nag se trip wat nog 100km is maak dat dit van volmaak punt tot die volgende volmaak punt 380km is! So indien jou bike nie so 'n lang asem het nie moet jy sorg dat jy brandstof saam ry of op die "back-up" voertuig laai. Ek sal voorstel dat jy 'n lee houer saam bring dan maak jy dit vol op Ceres en laai dit op die voertuig om dit saam te neem tot op die plaas waar jy dit dan in jou bike kan gooi. Onthou jy kan nie met 'n kaart brandstof betaal by Oppie Berg nie dis kontant!

Kos: Saterdag middag - 2 x Hotdog, maar met sosatie-wors in!
      Saterdag aand - Elk 1 x skaap chop + 1 x vark chop en wors + gekookte artappel met ROOSTERKOEK en tuis gemaakte konfyt!!!!!
      Sondag oggend - Koffie en beskuit en later roereier, roosterbrood, kaaswors en bacedbeans vir brekvis.

Drank is elkeen vir homself!
Tent, matras, slaapsak en eetgerei asook houer om uit te drink sorg elkeen vir homself! ONTHOU JOU FLITS!!!!
Bring 'n tou saam sodat elkeen sy bydrae kan maak met hout wat ons in die rivier gaan haal! Jy kan self besluit hoe jy dit by die kamp plek gaan kry of jy dra dit of sleep dit of laai dit op jou bike of sleep dit met jou bike dis jou keuse.

Kostes: R200.00 per persoon (etes soos hier bo en kamp plek in gesluit)
Vir diegene wat nie weet waar Du Vlei padstal is nie, dit is reg langs die bergrivier brug by Hermon aan Riebeek Kasteel se kant van die rivier. Regoor die Porseleinberg pad se afdraai!

Daar is toilet geriewe en 'n stort by die kamp plek.
GEEN KRAG EN GEEN SELFOON OPVANGS NIE.

Kamp plek: 32 26 33S - 19 48 12E

Dit lyk my die mense is maar skrikkerig vir die nag? Die wat nie wil saam ry in die nag nie kan die kamp oppas! Julle is ook welkom om net saam te gaan vir die lekker rustige naweek om te gaan ontspan en vir die saam kuier.

Hier is die bank besonderhede: (indien jy kontant in betaal sit asb R10.00 by vir die bank koste)

BANK: ABSA MALMESBURY
TAKKODE: 8499
DEPONEER AAN: HD VAN HEERDEN
REK NO.: 927 499 1183
VERW.: (NAAM EN VAN) of (FORUM NAAM)

 
Top