Ons het dit gedoen!
Die harde deel is agter ons en dis nou net so 100 km huis toe waar daar lekker skaap tjoppies en 'n groot vuur wag.
Maar nou ja, die vet vrou besluit toe mos dat sy nog nie klaar gesing het nie, en rol toe so paar verrassing uit haar mou uit vir ons. In die bloedige hitte, so 10 km uit Lutzville uit, met effense tipsie lywe, spat die kak toe. Willem hoor 'n aardige klank van onder af en toe ons stop sien ons net olie op sy bike. Sy chain guard het los gekom en is met bolts en al deur die ketting oor die voorste sprocket gewerk. Moerse hou weg op die engin casing en die bike pis olie. Einde van sy trip..
Vinnige besluit geneem, en ek en Lohan vat die pad Nieuwoudtville toe om die sleepwa te gaan haal, Willem se fiets wil nie verder ry nie. Wikus sal intussen vir Willem sleep tot in Vredendal en daar by 'n watergat vir ons wag.
Re: Weskus Sand Reply #19 on: Today at 08:51:28 am Reply with quote
..die manne net-net gemis Sat by die oog..
Dis toe nou net hier wat julle mekaar gemis het ou Weskus..
Soos ek en Lohan oor die Knersvlakte aanry is die hitte iets verskrikliks. Dit het 'n persoonlikheid van sy eie. Deur Vanrynsdorp sien ons hoe die bliksem strale op die Hantam hoogte slaan en 'n pikswart wolk oor die berg hang. Presies in die rigting waarin ons moet deur ry. Hoe nader ons aan Vanrynspas kom hoe erger begin die wind te waai en die weerlig te slaan. Op een stadium is daar rook wolke regs van ons, soos die weerlig die gras aan die brand slaan, stofstorms links van ons en deur dit als die reuk van nat stof soos ons al hoe nader aan die storm kom. Die druppels begin al hoe groter en meer intens afkom en ek begin as te ware koud kry. Wat 'n kontras van 15 minute terug! 10 km om te gaan, in die middel van Vanrynspas op, besluit daai fat lady mos weereens dat sy nog nie gesing het nie, en boom! da breek my ketting net soos die hemels behoorlik begin oopmaak.
Lohan het 'n spaar masterlink wat ons wil opsit, maar alas, ons kry nie sy cir-clip nie. Hy los my in die wind en reen en skiet die laaste ent alleen Nieuwoudtville toe. Nou moet ons 2 fietse recover..
Uiteindelik kom ons so net voor sonsak in Vredendal aan, en teen hierdie stadium is die 2 manne natuurlik hard aan die kuier. Sommer klomp nuwe vriende gemaak in die bar.
Ons drink 'n dop, laai die bikes op en ry in die sonsak in, huis toe.