'n Draai deur KleinKaroo en terug Kaaptoe
Gysmanshoekpas oor die Kanetberg.
Baie los klip op die steil opdraend aan Noordekant, dit hou jou besig!
Hier is dit nogal steil af, al lyk dit op die foto nie so steil nie.
Verderaan goeie tweespoor
Oral bosse in blom langs Gysmanshoek pas. Die proteas is ongelukkig nognie mooi in blom nie.
Besonder lekker en mooi tweespoor langs Swartberge, naby/deur Wildehondkloof wildpark en Swartberg wildpark
Swartberge is altyd indrukwekkend. Hierdie foto is naby Kruisrivier, op die grondpad na Calitzdorp
Oral mooi blomme aan die bosse en bome.
Die Huisrivierpas is altyd lekker om te ry en te bewonder.
'n Lekker uit-en-tuis trippie!
Ek werk aan die Tripreport, met meer fotos. En roetekaart.