Zumo 660 Oorlede...

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Fantie11

Pack Dog
Joined
Feb 23, 2010
Messages
216
Reaction score
0
Location
Kathu, Northern Cape
Bike
BMW R1200GS Adventure
Ek het so 3 weke gelede `n tydelike balansverlies beleef - die gevolg is dat my GSA afgeskryf is ... :'(

Dit is egter nie my probleem nie. Met die ongeluk het die hele cluster ( lig, ref counter, speedo en windscreen ) los geruk vanaf die bike. My Zumo se draai het gesnap en is saam met die cluster grond toe. Die Zumo het `n paar skrape maar het glad nie struktueel seergekry nie en ek het gedog ek is baie gelukkig want hy werk nog...tot vanoggend, mors dood.

Soos ek sê, ek het hom oopgemaak en geen krake ens nie, hy het vir 3 weke na die ongeluk in die bakkie gewerk tot vanoggend...

Waar laat werk mens die goed, het enige van julle al GPS`e verloor deurdat die GPS harde stampe en stote moes weerstaan? Weet nie of die versekering te bly gaan wees om van my te hoor nie... :eek:
 

Latest posts

Top