Sussie gaan Baviaans toe en bak modderkoekies vir die pad

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

woody1

Bachelor Dog
Joined
May 21, 2012
Messages
13,477
Reaction score
2,621
Location
Riversdal Weskaap
Bike
Yamaha Super Tenere
So vir die jaar se EC-Bash het ek maar op die laaste oomblik besluit om weer af te ry.,,,, dis mos lekker by die EC-Bash  :3some:

Die keer alleen aangesien vroutjie aangedui het dat die skool haar nie sou afgee die jaar nie... Ek dink dit was die koudkry van verlede jaar wat iets daarmee te doen gehad het.  :peepwall:

Sweisie my seun kon ook nie afgaan nie aangesien hy van werk verander het en dus geen verlof kon kry nie.

Dus kyk ek hoe en waar ek kon ry om daar te kom.  Aangesien ek nou al lankal beloof om vir Dorsland te gaan kuier, maak ek plan na sy rigting.

So gekyk hoe ons van hom af kon ry Baviaans toe, sien ek hierdie pragtige roete oor so 'n passie wat MOOI lyk maar toe praat die manne ons bang om met die groot nuwe fietse die pad aan te durf.  Grootrivier poort doen jy met 'n OU Groot fiets of iets kleiner.

Beplanning was toe om Donderdag vroeg uit Brakpan te vertrek en in Colesberg oor te slaap. Dan lekker rustig tot by Dorsland en dan Vrydag maar bietjie grond roetes te soek rigting Willomore en die moffie kant in te gaan.

Planne verander toe maar soos ek aangaan.... gaan vroeg Woensdag oggend stem en dan rustig ry to op Gariep waar ek by Jakkals se connection oom Eric gaan slaap.  So maak ek toe en voor 14h00 klok ek in op Gariep.

Lekker rustig le ek en rus die middag.  TV kyk was bietjie moeilik.
Daar was 2 DSTV kanale. Ek le nog so lekker en kyk toe verander die kanaal... he????
Dus skakel ek oor na die ander kanaal.  Le lekker en kyk en woeps verander die kanaal ook.... he ???
Lyk my die huis het een remote, die ander woonstel die ander een en ek kyk wat hulle kyk.... was nogal interesant gewees.
 

Attachments

  • 002 Gariep.jpg
    002 Gariep.jpg
    54.8 KB
  • 001 Bloemfontein.jpg
    001 Bloemfontein.jpg
    86.2 KB
Die volgende oggend pak ek op en ry rustig tot in Colesberg.
Dorsland het gese hy moet eers dorp toe gaan en sal so 12h00 terug wees op die plaas, dus ek het geen haas.
Soek eers 'n plek om van daai klein fuses te koop aangesien die een geblaas het wat die tablet voer.  Hoekom weet ek nie, want ek het die oorspronklike 3.5A al vervang met 'n 10A om die pomp te trek en die tablet kan nie meer as dit trek nie.

Kom ek by die Midas aan en kry wat ek soek.  Toe ek omdraai loop ek my vas in Nimmo... besig om parte te koop vir die boerdery. Vra waar kan ek eet en hy stel voor die Bordeaux Restaurant skuins oor die Midas.... seker 'n connection van hom. :imaposer:
Wel dit was die moeite werd om daar te stop... lekker bodem koffie en 'n heerlike eier en spek broodjie.  Thanks Nimmo dit was 'n goeie keuse.

 

Attachments

  • 003 Colesberg Brekkie.jpg
    003 Colesberg Brekkie.jpg
    62.9 KB
  • 004 Bordeaux Colesberg.jpg
    004 Bordeaux Colesberg.jpg
    64.3 KB
Difflock said:
Laat ek gou eers my beker  :sip: loop maak.

Beter 'n groot beker wees, want so twee foto's op 'n keer gaan die 'n rukkie vat  ::)
 
jupiter said:
Difflock said:
Laat ek gou eers my beker  :sip: loop maak.

Beter 'n groot beker wees, want so twee foto's op 'n keer gaan die 'n rukkie vat  ::)

:imaposer: :imaposer: ook waar, lag ek nou lekker!
 
Ek is nie haastig nie en sit lekker en kyk hoe die lewe in Colesberg aangaan.
Toe ek genoeg mense gekyk het saal ek weer op en ry rustig rigting Middelburg.
Ek sit die cruise control op 100 km/h, le terug teen die sak en bekyk die wereld.
Hierdie luxury van Cruise Control is fantasties.  Daai bike loop lekker en hou sy spoed. Ek hoef nie te vroetel om binne of buite die spoed beperkings te bly nie.  Lekker baie tyd om die natuur en die reguit teerpad te bewonder. :ricky: :peepwall:

Met die verskriklike spoed kry ek toe so 26 km/l... daai computer vertel my sommer ek kan 598 km op die tenk ry...EK ry sommer elke dag daai spoed... meer geld vir biltong en bier. :laughing4:

Draai toe sommer gou daar by Noupoort in om te kyk of daar nog baie ou treine staan.  Sien niks by die stasie nie, net 'n klompie trokke en parte so 'n ent uit die dorp.  Verlede jaar het ons baie vragmotors gesien met skroot rigting PE...het seker alles al opgesny en verkoop die blerrie sprinkane.

 

Attachments

  • 005 26 km per liter.jpg
    005 26 km per liter.jpg
    64.8 KB
  • 006 Noupoort.jpg
    006 Noupoort.jpg
    73.1 KB
  • 007 Loodsberg Pas.jpg
    007 Loodsberg Pas.jpg
    49.9 KB
  • 008 Dorsland afdraai.jpg
    008 Dorsland afdraai.jpg
    51 KB
Sjarrup julle twee.  Ek ry alleen, en kan nie alles doen nie..... die foties is min dus REK ek hom maar...  :imaposer:
 
Nou ja julle ken nou al die storie van Dorsland en sy modder pad.  Ek het hom vertel, ek kamp sommer by die teerpad en wag vir hom more oggend om op te vang.

Maar toe ek daar kom is dit lekker droog en die ChrisL en sy co- pilot se diep vore is mooi toegeskraap.
Daai pad ry sommer soos 'n highway.  As ek my kry sit ek oor die 100 km/h.

Toe ek stop op die plaas vind ek uit hulle het 5 minute voor my gestop.  Hoe is daai vir timing.
So het ons begin kuier op die stukkie HEMEL op aarde.  Dorsland jy het 'n pragtige plek gekoop.... DOEN NET IETS AAN DAAI BLERRIE PAD..  :imaposer:

Wel op 'n plaas kan jy nie net sit en boer in die kombuis nie. As jy nog vir 'n paar dae weggaan moet jy ook seker maak alles is in orde.  Dus het ons gaan kyk of al die waterbakke se water reg is, of die dam vol is. Ook die kamp vir die ooie wat enige tyd moet lam reg is...ens ens ens.

Man wat 'n lekker vriendelike man met 'n gawe vroutjie op daai plaas.  Dis sommer heel gesellig daar by hulle.

 

Attachments

  • 011 Ladies.jpg
    011 Ladies.jpg
    90.1 KB
  • 010 Vuurmaak hout maak.jpg
    010 Vuurmaak hout maak.jpg
    92.6 KB
  • 009 Meneer Boerbokke.jpg
    009 Meneer Boerbokke.jpg
    65.7 KB
So gaan slaap ons lekker die aand.  Maar so teen 01h00 word ek wakker......DIT REEN...... en nou ?
Wel wat kan ons doen ? Wakker le en worry en die nat pad ry of lekker verder slaap en die rustige reen op die sinkdak geniet.
SLAAP het ek geslaap.

Die volgend oggend bespreek ons toe planne.  Fietse op die vee treiler laai en een vir een teerpad toe aanry met die Cruiser, of wag en kyk of hy uitdroog.

Dorsland loop toe af pad toe en kom terug en se dat dit nat is, en ons moet maar probeer.
Ja wat laat ons gaan.  Toe het ons al klaar besluit om maar liewer reguit Willomore toe te ry op teer aangesien die ander paaie dalk ook nat is.

So pak ons op en vat die pad.

Maar man dit gaan STADIG.... lyk of ons die Dorsland Wals doen op die ouetehuis se stoep. :imaposer:
Daai pad lyk OK, maar magtig hy is soos snot.

Hy het darem die regte bande op, maar Sussie het haar teerpad skoentjie aan.

So kom ons 'n entjie en daar tussen die populier bome glip die agterwiel so bietjie en gooi my van lyn af.
Ek bly bo en begin links kom terug agter Dorsland.

Nog so 'n entjie toe swik Sussie se enkel en POEF daar le ek.... so 'n rustige omval na regs.

https://www.youtube.com/watch?v=1ermhi1Rv9c#!

Hy wil nog help..... nee jy help nie voordat jy 'n foto geneem het nie se ek vir hom

 

Attachments

  • 028 Omval.jpg
    028 Omval.jpg
    286.3 KB
Ons kry toe vir Sussie op haar voete en daar gaan ons verder.
Gelukkig val ons nie weer om nie, maar die 16 km vat ons 40 minute om te ry.

Daai diep vore van die laaste stuk is sekerlik nog nie goed vasgetrap gewees nie en 'n paar keer sien ek hoe Dorsland se agterwiel sommer net so wegsak.

'n Mens sou dink die middel van die pad is die hoogste en sal dus die droogste wees.  Ek het 'n paar keer 'n ander lyn aan die kant gevat en nie soos hy weggesak nie.

Ons was baie bly om die teerpad veilg te haal.

https://www.youtube.com/watch?v=SK1Arh3K1kM#!

 

Attachments

  • 013 Modder monster klaar.jpg
    013 Modder monster klaar.jpg
    72.9 KB
Nee kyk, ek gaan dié een lekker stadig lees, amper so stadig soos ons daai modder pad gery het.  Lekker om dit weer te herleef Woody :thumleft:  Ons moet beginne geld vra vir die Dorsland Vastrap lesse  :imaposer:
 
Sit ek nou net lekker rustig agter oor en maak my reg om bietjie te ontspan,,, en woep !!!!!  daar is dit klaar en nou moet ek wag,

Nice trip sovêr Woody, daar is darem niks so lekker as om alleen die lang pad te vat nie,, :thumleft:  :ricky:

O'ja, thanks dat jy weer vir Eric ondersteun het op Gariep, ek dink die ou het dit deesdae nodig,,, :thumleft:
 
Right ek is terug.... moes gou die pensioenvretertjie by die karate gaan haal.

So slaan ons maar die teerpad.
Maak gou vol petrol in Graaff Reinet en BEUR teen 'n helse sy wind regs van voor tot in Willomore.
Nog langs die pad gestop sodat Dorsland sy reenpak kon aantrek.
Gelukkig was die reen nie te erg nie en het ek gou droog gewaai... maar ai daai wind... dit was nie lekker nie, voel of hy jou wiele onder jou wil uit waai.


Daar in Willomore sien ek toe die Swysie se Huisie op die venster by die motorhawe.. my seun Francois se pelle noem hom Swysie en ek moes toe die foto neem.

Lekker rustig ry ons toe verder die poort in en kom lekker vroegerig by die BASH aan om ons tente op te slaan.  Kry gelukkig weer ons SPOT waar ons verlede jaar gestaan het... lekker beskut.

 

Attachments

  • 014 Willomore.jpg
    014 Willomore.jpg
    64.3 KB
  • 015 Swysie.jpg
    015 Swysie.jpg
    58.1 KB
  • 016 Baviaans vanaf Willomore.jpg
    016 Baviaans vanaf Willomore.jpg
    75.9 KB
  • 017 Tent staanmaak.jpg
    017 Tent staanmaak.jpg
    102.4 KB
  • 018 Dorsland tent.jpg
    018 Dorsland tent.jpg
    84.3 KB
Nou die een gaan koffie ingooi, die ander 'n dop en dan sal ek maar 'n Coke ingooi.  :sip:
 
Hier hou die foto nemery baie af aangesien ek net gesit en gesels en ge-eet het die Saterdag.

Man maar dit is 'n lekker rustige Bash die  :thumleft:

Ons twee het toe darem die Skills Chalange aangedurf.  Of ons nou goed is of sleg is.. MAAKIE SAAK NIE... ons het dit probeer.

Die volgend oggend is ek al vroeg wakker en beging klaarmaak.

Afgespreek om saam met Jaco (JMOL) se groepie van 7 fietse te ry rigting Oos Londen aangesien ek afgespreek het om by die Visarende te gaan slaap Sondag aand.

Wel ons kom to eers 08h35 daar weg.

Nog binne die kamp voeter Jaco in die bosse op die linkerkant.  Jolandie en ek volg hom so mooitjies.  Toe sou ons uitvind dat sy bril opgewasem het en hy raak die pad toe sommer byster binne die kamp. :imaposer:

Gelukkig het hy ons toe van daar veilig deur die kloof geneem tot in Patensie.   Dankie Jaco en dit was lekker om jou ook te ontmoet het.  :thumleft:
 

Attachments

  • 019 Jmol se groep Sondag oggend.jpg
    019 Jmol se groep Sondag oggend.jpg
    88.2 KB
  • 020 Snorkel deur Smitskraal.jpg
    020 Snorkel deur Smitskraal.jpg
    91.9 KB
  • 021 Mako en JMol.jpg
    021 Mako en JMol.jpg
    96.2 KB
Ek hoop Smitskraal is nou mooi skoon na daai Kreepy Krauly van JMOL daar deur was  :imaposer:
 
Nou ja met die ry deur die kloof en die laat wegkom het toe bietjie teen ons getel en die beplande roete langs die kus is toe maar laat vaar.
By Tolbos was dit ook baie besig en moes ons lank wag vir ons kos.
Nadat ek gedreig het om die kos te laat staan is dit binne 5 minute gebring en kon ek eet.
Toe vlieg ek maar alleen daar weg aangesien die manne 'n ander pad Oos Londen toe sou volg.

Net voor donker kom ek toe by die Visarende aan.  Ons het lekker gekuier en veral lekker ge eet.  Dit is nou hoe 'n mens eet.... Beesstert pot en potbrood.... niks van slaaitjies en twak nie.

Dankie Louis en Nannie dit was lekker gewees om julle weer te gesien het.  Jammer ek het so vroeg gaan inkruip, maar ek was maar bietjie moeg na 'n lang dag en die volgende dag het nog 950 km vir my gewag huis toe.  Ek weet julle verstaan.
 
Top