Sussie gaan Baviaans toe en bak modderkoekies vir die pad

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Dorsland said:
Ek hoop Smitskraal is nou mooi skoon na daai Kreepy Krauly van JMOL daar deur was  :imaposer:

Ja ek het nogal die storie so gekyk en gewonder hoekom hulle nie net 'n Yamaha koop nie.... maar 'n mens praat nie teen jou leier nie...  :imaposer:
 
Dorsland said:
Ek hoop Smitskraal is nou mooi skoon na daai Kreepy Krauly van JMOL daar deur was  :imaposer:

Daai klippe is nou mooi grof en nie meer so seepglad nie.  Dink daardie klippe is gladder as jou natpad  :peepwall:   :lol8:
 
Volgende oggend is ek 05h00 wakker en na 'n koffie en 'n bietjie klets vat ek die pad.
Dis nog donker, dus vat ek hom maar rustig... wil nie graag my eie biltong maak langs die pad nie.
Gelukkig is die beeste op kraal en kom ek veilig deur die eerste donker stuk.

Pragtige sons opkoms... Man dis lekker om so vroeg weg te spring.
Net na 09h00 is ek in Smithfield.  Pad is lank en ek is nie lus om in 'n plek te sit en wag vir kos nie.  Dus koop ek 'n koffie en broodjie en staan sommer so op die pad en eet.

Plek plek was dit so 6 grade gewees.  Sommer my baadjie se moue met insulation tape vasgedraai sodat die meeste van die koue wind buite bly

 

Attachments

  • 022 Maandag naby Cathcart.jpg
    022 Maandag naby Cathcart.jpg
    42.7 KB
  • 023 Maandag naby Cathcart 2.jpg
    023 Maandag naby Cathcart 2.jpg
    45.7 KB
  • 024 Smithfield brekkie take away.jpg
    024 Smithfield brekkie take away.jpg
    71.9 KB
woody1 said:
Dorsland said:
Ek hoop Smitskraal is nou mooi skoon na daai Kreepy Krauly van JMOL daar deur was  :imaposer:

Ja ek het nogal die storie so gekyk en gewonder hoekom hulle nie net 'n Yamaha koop nie.... maar 'n mens praat nie teen jou leier nie...  :imaposer:

Veral as sy bril so opgewasem is  :pot:
 
Ek suis verby Bloemfontein en anderkant Winburg draai ek af by die Jakkalsdrift padstal vir petrol.

Man wat 'n lekker stop plek.  Dis die eerste keer dat ek daar stop, maar ek was heel verbaas. Lieflike eet plek en goeters om te koop by die plekkie... Glad nie soos 'n afgeleefde padstal wat die antie van die plaas probeer bedryf nie... hierdie is 'n BESIGHEID.
 

Attachments

  • 025 Jakkalsdrift padstal Winburg.jpg
    025 Jakkalsdrift padstal Winburg.jpg
    81.1 KB
Van daar is die Cruise Control weer aan op 137 km/h.  Dit gee my 'n GPS spoed van 129.5 km/h.
Ek het wel nou en dan die oortjie gedraai om verby 'n kar of wat te kom, maar die res van die tyd het ek op daai spoed gery.

Man dis lekker om die wagters van die koeltebome te sien staan en jy ry net verby... geen donasie vir skoolboeke of niks nie.

Ek klok in by die huis in Brakpan om 14h55 na 'n heerlike trippie met Sussie en lekker pelle.

Dankie almal en veral dankie vir Jupiter en sy helpers wat so 'n lekker bash kan reel.

Totaal vir die trip was 2632 km
Petrol verbruik van 15 km/l tot 26 km/l.  Die laaste stuk van Winburg tot by die huis het sy my so 19.9 km/l gegee.
Kostes vir die trippie... Wie de moer gee om as jy so 'n lekker trippie kan doen.

Dankie almal... dit was KWAAI gewees.
Tot volgende keer.

 

Attachments

  • 026 2632km trip klaar.jpg
    026 2632km trip klaar.jpg
    51.1 KB
  • 027 19,9 km per liter.jpg
    027 19,9 km per liter.jpg
    47.8 KB
Thanks dat jy afgery het. Dit was lekker om jou weer te sien. Daai plekkie onderkant die draad is joune en geboek vir vlg jaar  :thumleft:
 
Dorsland said:
Veral as sy bril so opgewasem is  :pot:

Sal seker nooit die einde van dit hoor nie  :imaposer:

Dankie vir die deel Woody.  Was 'n plesier om jou te ontmoet.

Groete.
 
Woody ek het nou lekker gelees net voor ek gaan lê.
Oor een ding moet ek saamstem met jou. Mens voel welkom en kuier lekker by die
Dorslanders. :thumleft:
 
JMOL said:
Dorsland said:
Ek hoop Smitskraal is nou mooi skoon na daai Kreepy Krauly van JMOL daar deur was  :imaposer:

Daai klippe is nou mooi grof en nie meer so seepglad nie.  Dink daardie klippe is gladder as jou natpad  :peepwall:   :lol8:

Dit was ERG intimiderend om om die draai te kom en daar staan julle almal.... cameras at the ready!  :imaposer:
 
Woody kan skryf en bike ry  ;)

Lekker RR :thumleft:

 
Dankie almal.  Nou is die koppie weer reg vir 'n week van Corporate TWAK... dan soek ons weer 'n pad.. :ricky:
 
jupiter said:
Thanks dat jy afgery het. Dit was lekker om jou weer te sien. Daai plekkie onderkant die draad is joune en geboek vir vlg jaar  :thumleft:

Thanks Jup.  Volgende jaar doen ons daai ding met die 600's en ry die blerrie Grootriviers ding.
Ek sal maar 'n tou saamvat om die BUSLANDER te sleep.  :peepwall: :pot: :ricky:
 
Dankie vir die mooi RR , en die moeite om so vêr te kom kuier , mooi een oom Woody  :thumleft:
 
Dankie oom, lekker kort en kragtig. As mens so alleen ry vind ek partykeer dit moeilik of net te Lui om kiekies te neem omdat Ingelsman dit altyd doen, bederf jong!
 
Top