Ek Is Nie Meer (so) Bang Nie!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Dusty Rusty

Grey Hound
Joined
Sep 20, 2010
Messages
5,807
Reaction score
0
Location
Bellville
Bike
Honda XR250 Tornado
Dis iets wat meeste nie-adventure motorfietsryers dalk nooit in hul lewe mag ervaar nie.  Die verlange na die oop grondpad, met geen siel in sig nie,  behalwe dalk vir ‘n paar skape of beeste wat langtand teen ‘n plaasheining  staan en herkou.  Die begeerte na helmet tyd, om die omgewing om jou in te asem en die avonture te geniet wat moeder natuur na jou kant toe kan gooi. 

Nou kan jy imagine hoe het ek gevoel?  Na ‘n maand van net commuting werk toe en terug, met geen naweek grondpad trippies nie?   

Saterdag was die eerste keer vanaf die Old School Bash wat ons gaan ry het.  Aanvanklik was ek onder die indruk ek gaan met die 125 ry, maar toe Nismark Vrydag aand my kom haal en die XR’tjie in die garage stoot toe weet ek ;  die naweek is dit ek en die XT.  ‘n Bike waarop ek beslis nog nie die genoeg selfvertroue het nie!
Terwyl Nismark Saterdag oggend die “evil” Desert voorband vir ‘n Mitas omgeruil het,  het die senuwees liggies aan my maagwande begin knaag.  Dit gebeur altyd voor ‘n bike trip. 
Tydens ons laaste trip van Warmwaterberg af het ‘n kombinasie van sterk wind, die Desert voorband  se headshake effek op die teerpad en die hantering van die swaarder fiets op die korrekte manier deur  draaie, my laat les opse.  (ek het in die slegte gewoonte aangeleer om sommer die 125 se throttle toe te maak in ‘n draai)
Teen die tyd wat ons by die oop voorhek uitgery het, het die  vlinders in my maag gelukkig al tot bedaring gekom. 
(ek het al die foto’s sommer met my foon geneem, vergewe maar die kwaliteit asb)
 

Attachments

  • IMG01341-20121006-1032.jpg
    IMG01341-20121006-1032.jpg
    91.6 KB
Nismark het op sy ou Varadero (nou Brigadier sin)  gery.  Vir my is dit die mooiste kleur waarin hierdie motorfietse uitgekom het.
 

Attachments

  • IMG01342-20121006-1032.jpg
    IMG01342-20121006-1032.jpg
    101.9 KB
Ceres was besig en in rep en roer, soos wat net ‘n dorp kan wees as almal van die plase afkom om hul inkopies te kom doen.  Wel .... bikery sal altyd beter wees as shopping! 
 

Attachments

  • IMG01344-20121006-1036.jpg
    IMG01344-20121006-1036.jpg
    78.7 KB
Ons het deur die buurdorpie Hamlet gery en die Gydo pas bestyg.  Die Gydo pas is glo vernoem na een of ander plant wat op die hange  van die Skurweberg groei.  Die draaie was gelukkiger makliker as die vorige 2 kere toe ek met die XT daar uit was.  Heeltyd deur die draaie het ek vir myself gese:  “constant throttle! Constant throttle” en teen die instink geveg om die throttle toe te maak. 
Bo op die pas het ons by ‘n uitkykpunt gestop.  Die uitsig is prentjiemooi en die damme het soos groot waterpoellle in die vallei  gele. 
 

Attachments

  • IMG01346-20121006-1102.jpg
    IMG01346-20121006-1102.jpg
    69.1 KB
Pote sou dalk by ons kom koffie drink het die oggend by Nismark se ouerhuis, maar soos dit mos maar somtyds gaan het ons mekaar toe gemis.  Voordat ons dus weer op ons ysterperde geklim het, het ek hom gou gebb om te se dat ons op Gydo pas is en in die Sederberge se rigting ry. 

Meneer Nismark, die Yamaha XT en die Honda Varadero
 

Attachments

  • IMG01349-20121006-1103.jpg
    IMG01349-20121006-1103.jpg
    105.3 KB
Van daar af het ons regguit aangery, dieper die Koue Bokkeveld in.  Die Mitas band het wonderlik gevoel in vergeleiking met die agressiewe Desert voorband.  Geen gevoel van ‘n “headshake” of ‘n gedagte van “hierdie bike is onstabiel, ek gaan nog hier afneuk” het by my opgekom nie. 
Intendeel, ek het nou die teerpad vreeslik geniet!  Omdat ek gewoond is aan die 125 se spoed van 90kmk/h moet ek bieg;  dit was nog steeds vir my ‘n groot verandering om die swaarder, groter fiets te probeer vinniger ry! 
Ek het myself gedwing om die spoed 105 km/h te probeer hou.  Ek het wel op tye spoed verminder vir ‘n draaitjie of twee.  Mens wil nou ook nie buite jou vermoens probeer ry en soos ‘n Laksmanvoel slagoffer opeindig teen ‘n plaasdraad nie. Verby die oudste familieplaas in die land, Boplaas, het ons in die Sederberge se rigting gery.  By die kruising waar jy kan kies of jy Oasis toe wil gaan of Katbakkies pas wil ry het ons gestop vir snackies en om te besluit waar na toe ons verder sou ry. 
 

Attachments

  • IMG01351-20121006-1144.jpg
    IMG01351-20121006-1144.jpg
    89.1 KB
Ek het so idée gehad ons later die maand Oasis toe mag gaan, so Katbakkies was ‘n dalk ‘n beter keuse.  Daar was egter nog ‘n rede hoekom ek liewerse Katbakkies wou ry.  Die afdraande.  Die pad Oasis toe en terug het ‘n paar afdraande gehad wat vir my altyd die horries gee en ek het nie geweet hoe ek dit gaan hanteer op die groter bike nie.  Katbakkies het ek al een keer van tevore gery en daar was net een afdraand wat vir my erg was.
Voordat ons wegtrek, sien ek ‘n bb van Pote af.  Volgens dit sou hy op een of ander stadium verby ons gejaag kom, want hy’t ook besluit om oor die Katbakkies pas te ry na die Tankwa Karoo toe.
 

Attachments

  • IMG01355-20121006-1152.jpg
    IMG01355-20121006-1152.jpg
    80.9 KB
Dit was heerlik om van die teerpad af te kom en uiteindelik grondpad onder die XT se wiele te voel.  Daar was nie ‘n siel in sig nie en al beweging was Nismark se Varadero en die ligte stofwolkies wat dit opgeskop het. 

So kilometer  voordat ons die eerste bult sou begin uitklim het Nismark gestop en my gewaarsku oor ‘n benoude skerp draaitjie waarvoor ek moes uitkyk.  So ek het die bult ekstra versigtig en stadig uitgekruip.  Toe ek deur die draai met redelik gemaklik gekom het, was ek sommer half vies vir myself.  Ek kon meer commit het en beter daar uitgery het.  I guess I need to grow a pair! ;)


Nou was ons in plat-bossie Karoo wereld.  Dis ‘n stuk aarde met ongerepte skoonheid wat op meeste mense begin groei soos ‘n stuk mos.  Langs die pad het ons ‘n Karoo reptiel gekry.  Shampies!  Toe ons naby hom stop, het die outjie so vinnig soos wat sy kort beentjies hom kon dra, hasepad gekies die bossies in. 
 

Attachments

  • IMG01358-20121006-1205.jpg
    IMG01358-20121006-1205.jpg
    137.1 KB
  • IMG01357-20121006-1205.jpg
    IMG01357-20121006-1205.jpg
    32 KB
Voor die geteerde Katbakkies pas het Nismark gestop.  Hy was lus vir sand ry!  Dit was die eerste keer in ‘n lang tyd dat hy weer op sy eie bike was! 
 

Attachments

  • IMG01362-20121006-1214.jpg
    IMG01362-20121006-1214.jpg
    83.9 KB
  • IMG01360-20121006-1214.jpg
    IMG01360-20121006-1214.jpg
    67.9 KB
  • IMG01363-20121006-1214.jpg
    IMG01363-20121006-1214.jpg
    63.9 KB
  • IMG01364-20121006-1214.jpg
    IMG01364-20121006-1214.jpg
    78.1 KB
Hy het vir so klein rukkie verdwyn en ek het geweet  hy’t  baie fun!  
 

Attachments

  • IMG01365-20121006-1215.jpg
    IMG01365-20121006-1215.jpg
    73.8 KB
  • IMG01368-20121006-1215.jpg
    IMG01368-20121006-1215.jpg
    92.9 KB
  • IMG01367-20121006-1215.jpg
    IMG01367-20121006-1215.jpg
    56.2 KB
  • IMG01366-20121006-1215.jpg
    IMG01366-20121006-1215.jpg
    60.9 KB
Pragtige omgewing! Dankie vir die "saam-ry"   :thumleft:
 
Nadat Nismark teruggekom het van die sandput af en ‘n bietjie asem skep, het  ons ‘n bike hoor aankom in die verte.  Right, dis seker Pote, het ons gedink.  Nope.  Dis ‘n KTM met ‘n registrasie nommer van Robertson.  Ons het net begin aanstaltes maak om te ry toe hoor ons weer ‘n bike nader kom.  Die keer was dit Pote met vriend Francois kort op sy hakke. 

 

Attachments

  • IMG01370-20121006-1223.jpg
    IMG01370-20121006-1223.jpg
    80.5 KB
Nadat ons met Francois kennis gemaak het ‘n lekker geselsie aangeknoop het, het ons besluit om mekaar weer by Skitterykloof se braai area te ontmoed.  Pote en Francois het vooruitgery en Nismark en ek sou op ons eie pas (eintlik maar myne) daar aankom. 
 

Attachments

  • IMG01372-20121006-1234.jpg
    IMG01372-20121006-1234.jpg
    87.1 KB
Sover het als goed gegaan met die hantering van  die groter fiets.  Ek was op my gemak en omdat ek verkies om te meerkat sodra ek grondpad kry, het die een of twee skerp draaie nie so intens gevoel nie.

Dis hoe dit op die berg se plato gelyk het.  
 

Attachments

  • IMG01373-20121006-1243.jpg
    IMG01373-20121006-1243.jpg
    78.4 KB
  • IMG01374-20121006-1244.jpg
    IMG01374-20121006-1244.jpg
    57.5 KB
  • IMG01375-20121006-1244.jpg
    IMG01375-20121006-1244.jpg
    72 KB
Soos wat die pad later fyntjies begin het om met die draaitjies,  ‘n ligte helling afwaarts  aan te neem, het Nismark stadiger begin ry.  Ek weet hoekom hy dit gedoen het.  Hy was soos altyd, die ware gentleman!  Maar raai wat?  Ek het ongeduldig begin raak.  Ek was op sy stert en ek wou vinniger! 

Toe ek die eerste en enigste ander keer die pad gery het was die stylste afdraande vir my BAIE  :sad5:scary,  maar nou was dit ‘n ou styltetjie wat mens met ‘n koppie tee kon afsluk.  Ek was nie bang vir hierdie afdraand nie!  Intendeel, dit was nogals lekker.  Ek het dit nou wel stadiger as Nismark afgery maar daar was geen deathgrip om die handlebars (of footpegs!) nie, geen asemhalingsoefenige en geen gevoel van paniek nie.  Ek het geweet daar is ‘n kopskuif aan die gang en ek het gevoel soos ‘n kind wie die eerse keer kan fietsry sonder die hulp van die balanserings wieletjies.  :toothy9: :toothy10: :toothy12: :toothy9:  Kan dit wees dat die kleiner fiets iets daarmee te doen gehad het?
 
By Skitterykloof aangekom was Pote en Francois al aan die braai.  Nee!  Ons het darm nie sooooo stadig gery nie!  Daar was mense wat hul kole vir die manne “gegee” het.
Toe Pote sy steak op die kole sit toe se hy ons moet ‘n paar foto’s van die twee Wilddog puppies neem. 
So gese, so gedaan
 

Attachments

  • IMG01379-20121006-1320.jpg
    IMG01379-20121006-1320.jpg
    114.6 KB
Pote met Roefels (Nismark sin) en Asjas (myne)
 

Attachments

  • IMG01380-20121006-1321.jpg
    IMG01380-20121006-1321.jpg
    121.6 KB

Latest posts

Top