Die tyd het aangestap en ons moes aanstaltes maak om weer te ry. Pote en Francois sou deurgeskiet Stonehedge toe vir die aand. Ek en Nismark het huiswaars gekeer Ceres toe.
Die toestand van die Karoo stofpad was baie goed. Bygese, daai XT ry lekker! Ek gee nie om wie wat se van meerkat nie. Ek like van ry soos ‘n meerkat en ek ry vinniger staande as wat ek sit. (weet nie hoekom dit so werk nie, dis maar nou net so)
Nog ‘n goeie ding het gebeur. Ek het ‘n nuwe grondpad-spoedrekord vir myself opgestel. Nismark se ons het so 100km/h gedoen. Ek weet nie. Ek het te lekker gery om te bodder om te kyk wat die spoed is.
ccasion16: :toothy10: :toothy12: :toothy9: :toothy10: Nismark het later, toe ons by die huis was, gese die dag wat ek 120km/h ry gaan hy uitpaas. So wag vir “Die dag toe Nismark uitgepaas het” ride report.
Daar was een gedeelte van die Tankwa pad wat bietjie los klippe gehad het, maar dit het nie regtig gepla nie. Ek het Nismark se raad gevolg: gee petrol! Nog ‘n ding van die XT. Dit het my stil gemaak. Ek het nie meer Nismark se ore afgelag of afgeskree nie. Hy is seker baie bly daarvoor!
Toe ons grondpad tot ‘n einde kom, voor die Karoopoort teerpad begin, toe pruilbekkie ek so bietjie. :-* “Aaaaaah, dis nou jammer ons kan nie nog ‘n bietjie ry nie!” So op sy stil manier, knik Nismark sy kop en ons trek weg. Ma’ hoekom ry hy dan nou so stadig? Ek was gewoond nou aan vinniger ry en het besluit om hom so bietjie aan te jaag deur voor hom te ry. Die volgende oomblik draai hy af na Touwsrivier se kant toe en ek, die bobbejaan moet verder in die pad af ‘n u-draai maak en terug ry.
Gaan ons dan nou Touswrivier toe? Aikona! Ons draai regs by die Bloubank grondpad in. Dit was die eerste keer dat ek hierdie pad gery het. Mens kry in die begin die indruk dat die pad so wil-wil verander in ‘n tweespoor, maar dan verander dit in ‘n plaaspad. Hoe verder ons die pad gery het, het gryser (of is dit nou ‘n vaal blou ) het die wereld in kleur begin vertoon. Toe ons ‘n kop begin klim was die omgewing om ons rotsagtig en het my aan die maan laat dink. Skielik was ons op die teer. Ek het geen idée gehad waar ons was nie.
Toe ons nog so bietjie verder ry toe sien ek ons is naby die Klondyke kersieplaas, op die Swaarmoed pas.
Die kersiebome was oortrek met bloeisels. Hulle het al klaar begin om hul krismispakkies te begin regkry vir Kers(ie)fees.