Klein bikes na Makekeng (WD den)

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

subie

Bachelor Dog
Joined
May 20, 2008
Messages
11,257
Reaction score
696
Location
Uitenhage
Bike
Honda XR125L
Ons trip met die klein bikes na die Wild dog den by Makekeng.
Gehoop meer ouens sou belangstel maar was toe net ek en Attie ( hy van aaklige Attie faam) op twee XR125's.  :3some:
Daar was so n 45kg gewig verskil  op die twee bikes en Attie se 125 kon ver onder my bike uitry. Petrol verbruik op my bike 30km per L en Attie het blykbaar nader aan 40km per L gekry.  So teoreties behoort my bike met 135-140kg gewig op, so 360km te kan haal op n tenk.  
Ek het my bike maar so hard moontlik gery terwyl Attie maar so saam gepoer-poer het en vir my gewag het oral.
Heeltyd so tussen 60 -80km/h probeer ry.

Saterdag oggend so 06H00 het ons by my huis weggetrek. Ek was heel verbaas hoe vinnig ons gevorder het. Moet ook se my roetes was toe baie teerpad stukke wat ek nie geweet het vooraf nie.  Ons was al vroeg nie ver van Naboomspruit en ek het net begin lus voel vir n koue bier  toe Attie ewe skielik in die middel van nerens afdraai in die bosse en ons "deposit" voor n klein kontant winkel met heerlike yskoue quarts bier.  Kon nie glo hoe hy die plek uitgeruik het nie.  Ons het so n half uur daar gestop en toe die
laaste 40km Naboom toe gevat.
Gelukkig het Attie ingegaan by die slaghuis en die lekkerste tjops daar vir ons gekoop. Duster het ons kom groet by n plek genoemd Sashas. Nog so 5 singles vir my en het meer as n uur daar aan die bar gehang.
Toe ons daar ry vir die WD den was  ek sleg "lui" . Dit is dan ook nie lank of ons altwee val om (gelukkig terwyl ons stil staan) Attie sweer dit is die slegte "angle" van die sidestands.  :lol8:
Omgewing daar rondom Makekeng is net asemrowend pragtig nou.  Ek het regtig bevoorreg gevoel om daar te kan ry met my chinese hondatjie. Was bekommerd of die ding my by die huis gaan kry want ewe skielik voel dit of my clutch kabel gebreek het.
Niks clutch en stop. Sien toe kabel hang pap maar nog heel.  Seker n 3cm opgestel en toe het ek weer clutch.
Kafee en bottelstoor naby die den was nog oop en ons het ys en bier gekry daar.
Net vir inligting petrol is daar beskikbaar 7 dae n week van 06H00 - 06H00 . So 10km vanaf die den.
Rasta het vir ons n berg hout gereel en die plek was baie netjies. Toe het ons daai yskoue biere gesink,baie tjol gepraat en Attie het vir ons die vleis gebraai.  Het laas by Mof se plek sulke lekker tjops geeet. :thumleft:
Heerlike weer soontoe en terug gehad maar het na ons gaan slaap het begin reen tot vroeg oggend ure.
Daglig opgepak en die pad terug begin.  As ons die suiptyd aftrek het ons 7 ure soontoe gery en 6 ure terug gery.
Ek sal graag weer so iets wil doen met kleiner bikes (of enige bike) Makekeng toe.  Attie was n great partner gewees vir die trip maar ek dink hy is nou klaar met klein bikes en langer paaie. Ek kon sien die ou verlang sy 1200  erg.
Ek gooi maar die paar fotos  :ricky:
 
Top