Waar de hel is Elandskloof?

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
Jun 24, 2012
Messages
33,675
Reaction score
11,262
Location
Slowveld
Bike
KTM 890 Adventure R Rally
In 'n kroeg in Machadodorp besef ons dat ons nie hout het vir vanaand se braai nie........ Die son begin sak en ons is nog nie regtig seker waar ons kampplek is nie.
Die plan was redelik eenvoudig: Vrydag middag na werk gaan ons Dullstroom se rigting ry en êrens kamp. Ons wou graag ons nuwe kampgoed uittoets voor 'n lang trippie in Mei en Righard wou sy nuwe offroad tyres op die Ducati bietjie toets op grondpad.



 

Attachments

  • 10440291_10153079492505432_2160103678681907646_n.jpg
    10440291_10153079492505432_2160103678681907646_n.jpg
    99.4 KB
3:30 Vrydag middag jaag ek Righard van Nelspruit na Barberton. Jean staan reeds by Badplaas afdraai vir ons en wag. Mekaar lanklaas gesien en ons spandeer ń paar minute  om op te vang in die warm Laeveld son.

659d918d6a3c13307e3e336faaf02f93.jpg


Van hier is dit teerpad via Skurwebergpas na Machadodorp. Kele natgemaak by The Hog.

70d016729c4d0e1fe26f7a477e86ec85.jpg


Hout word gekoop en kortste grondpad na Elandskloof gesoek.

4f89cdbc6b1130f297a26854c1cd49aa.jpg
 
Kort entjie op die grondpad en die sakke hout moet eers weer vasgemaak word.

a83587923eaf0443489ae121c855f659.jpg


Ons ry die ongeveer 30km tot by Elandskloof in donker.

0e4e5251cc74c156454a79f2193fc1d5.jpg


9bd98f7f4bfdb5024b4fd11c292fdfc3.jpg
 
Lekker RR :thumleft:

op die Hog pic lyk dit of (jy?) die LC kickstart :biggrin:
 
Gooi bietjie fotos van daai Duke, noggie een in die veld gesien nie. 










En as jy Rokstraps gehad het dan sou jy nie hoef te gestop het om daai hout vas te maak nie  ;)  :lol8:
 
DirtRebell said:
Lekker RR :thumleft:

op die Hog pic lyk dit of (jy?) die LC kickstart :biggrin:

Hehehe,

Dis hoe mens 'n LC mount met 'n enkel wat nog nie lekker aangegroei is nie....


Dorsland said:
Gooi bietjie fotos van daai Duke, noggie een in die veld gesien nie. 

En as jy Rokstraps gehad het dan sou jy nie hoef te gestop het om daai hout vas te maak nie  ;)  :lol8:

Sal later paar post......
Ek bestel sommer Maandag!! ;D
 
Elandskloof is die oudste forelplaas in Mpumalanga en word besit deur die Combrinck familie. Dis 10km buite Dullstroom op die grondpad tussen Machado en Dullstroom.


Aangekom het ons die moeilike proses begin om nuwe kampgoed in die donker met kopliggies uit te figure.
Kort voor lank was die tente opgeslaan, ATG stretchers opgeslaan, kussings opgeblaas en slaapsakke oopgerol.

'n Aand van lekker lag, lekker eet, en so ietsie vir die keel........

73a480c19a32520e70a6d1e8fd8144d6.jpg


7c08d7645f73c61c325eb6e6eb31afe7.jpg


8e4179e3e66badff13ea8d2f880e9fbd.jpg


d3fe5a92d5bdbda73ea699dfa3907807.jpg


3ffe45c84b38afb27421daf1bec4f1ac.jpg


fb469e25afe2b1866d0e934de5a7cf7e.jpg
 
Vroegoggend lê die rumpsteak van die vorige aand swaar op die maag en begin ons in die donker en mis soek na ablusieblok......

593c43e56cf753cd5a1d9f0e840a83c4.jpg


Ons pak kamp op en maak reg om die 10km Dullstroom toe te ry vir ontbyt.


ab6f97e86b5013c6addb7b462668e715.jpg


8b9348df1e3c2826e796f44c174a3044.jpg


8bb64a367e1b855fc0a063c712bdeb26.jpg



Soos die mis voor die son begin verdwyn, begin ons eers sien hoe mooi die plek is.

4f560cf222e4ec8d8f48dd295fb26286.jpg


d85d2baaa0b7626ae7a3a87be44bd9c2.jpg
 
Lyk tog so lekker! Haal net daai poopscoop van die Ducati af, klippe gaan hom moertoe slaan......
 
Laasjaar Maart het Saxon 'n Wilddog MP Bash by Elandskloof gereel.

Lekker in die omgewing gery.

Kinders kon ook hul quads bring om hul besig te hou, terwyl ons die omgewing verken het.


Sent from my iPad using Tapatalk
 
SchalkL said:
Lyk tog so lekker! Haal net daai poopscoop van die Ducati af, klippe gaan hom moertoe slaan......

Toemaar, hy's lekker gespot oor daai poopscoop!!
 
ń Besoek aan Dullstroom vir petrol en een van Pickles & Things se ongelooflike burgers.

a29564b4bf1a90123692c0bf22960b1b.jpg


3df22c1ccbf58f027f453bde9c10401b.jpg
 
Top