Leeuhart en die Donkie

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Toe ek 'n lat was het ek en my pa soms rugsakke gepak en die koppies saam my hond gaan platstap. Lemoene, my ma se toebies, Oros, 'n handvol appels.  Tot vandag toe is dit van my beste herinneringe van ek en my pa.

Jou seun gaan dié ritte vir ewig in sy hart bêre [member=3401]Bliknêrs[/member]. Anderdag as dinge dalk neuk dan is dié die rots waarop julle verhouding gebou is. Jy maak hom mooi groot. Ek geniet jou vertelling.

Verlang ook bietjie my XRL as ek joune so kyk.
 
Darem is jou fred se naam nie Don Kiehoutie en Pantser nie (Don Quixote en Sancho Panza)  :lol8:
 
Dankie vir die komplimente en die aanmoediging, almal.
Ek geniet altyd die ander RRs en weet nou presies hoeveel tyd en moeite dit in beskag neem om te sit en tik en die fotostjies kleiner te maak en op te laai.
Ek gaan more probeer om dit klaar te maak. Daar is nog n klompie fotos en die 7 uur lange rit terug in die reen.
 
Ek hou van hoe julle operate
Ander manne:" Hier kom reën in die kloof, ons sal moet wegbly"
Bliknêrs: " Hier kom baie reën ja, laat ons ry voor ons dit mis"
:thumleft:
 
Sondagoggend is ek alweer vroeg op. Die wêrels is baie nat. Ons het n ontbyt afspraak vir net na 7 so daar word gereed gemaak en opgepak. Ons is albei verlig om te sien ons motorfietse se bande is nog alles styf. Ons het juis die vorige dag grappies gemaak oor ons GT's (gladde tyres). Die realitieit is dat ons of die rit kon doen met ons GT's of vir ons motorfietse met nuwe agterbande kon sit en kyk oor Desember. Ek het Mitas tweedehands goedkoop gekry maar dis 150's en pas toe nerens nie. Ons gooi die laaste petrol uit die sak uit in die tenks en stoot aan kafee toe.

Ek reel met hulle om ons tente op die bakkie te gooi as hulle weer dorp toe ry en dit by Kobus se Gat vir my te los want die motorfietse is swaar en ons weet nie of die pad dalk modderig gaan wees nie. Dit het deur die nag saggies gereën onder in die kloof en die berg self is toe onder die mis, so wie weet wat daar aangaan.

Die brêkkies is gou-gou op en ons is reg om te ry. Ek gaan betaal en kry n paar sjokolades, Jellytots en Energade vir die pad. Die naweek kos nie veel nie en sy weier om iets ekstra te vat vir die vervoer van ons goed uit die kloof uit.

Sonder die twee tente agterop my motorfiets, die 5L petrol op die 150 en ons groot slaapsakke en oprol matrassies gaan dit heelwat makliker. Ek is maar lui om onnodig op te staan (drawwers knieë) maar dis nou makliker want ek sit nie meer heel voor op die sitplek nie.

Ons ry deur die ingang.

Ek gaan die fotos anders probeer insit. Hoop dit lees dan makliker.
 

Attachments

  • IMG_5801.jpg
    IMG_5801.jpg
    113.8 KB
  • IMG_5800.jpg
    IMG_5800.jpg
    140.3 KB
Die eerste stuk teen die berg op is absoluut asemrowend.
Dis koel, maar darem nie koud nie.
Ek kan die 150 voor my sien en nadet ek vir n foto of twee gestop het is hy weg.
Ek sien later hoe hy vêr bo by in die wolke wat oor die berg kom verdwyn.
Ek is jammer toe ek bo kom, dit was die hoogtepunt van die naweek.
 

Attachments

  • IMG_5802.jpg
    IMG_5802.jpg
    119.1 KB
  • IMG_5803.jpg
    IMG_5803.jpg
    164.6 KB
  • IMG_5804.jpg
    IMG_5804.jpg
    114.7 KB
  • IMG_5805.jpg
    IMG_5805.jpg
    151.9 KB
  • IMG_5806.jpg
    IMG_5806.jpg
    102.6 KB
Soos op die fotos gesien kan word is die pad nat, wat natuurlik beteken daar is nie stof nie. Dis goeie nuus.
Daar is plek-plek bietjie modder en klei en ek kan sien waar die 150 op n paar kolle gegly het waar dit skuins was en vermy dit maklik.
Hy wag vir my op n koppie waar daar iets in die bosse lê. Dit lyk soos n kunsmis sak en daar is duidelik iets groots in. EK gaan kyk en dis toe groot kussing soos die waarop troeteldiere slaap. Ons ry weer.
By die eerste water kruising stop ons, want daar moet aksie fotos geneem word.

Deur die ander kruisings is dit meer pret om langs die ou verby te jaar wat stadig daar deur ry en hom nat te spat tot ons amper in mekaar vasry en altwee in die water opeindig.
 

Attachments

  • IMG_5811.jpg
    IMG_5811.jpg
    180.2 KB
  • IMG_5814.jpg
    IMG_5814.jpg
    235.8 KB
  • IMG_5809.jpg
    IMG_5809.jpg
    219.2 KB
  • IMG_5808.jpg
    IMG_5808.jpg
    121.2 KB
Die pad voel nie vanoggend lank nie. Ons kry geen ander voertuie langs die pad nie.

Hopeloos te gou is dit verby en staan ons onder die groot boom by die Gamkaskloof afdraai. Dit reen nou sommer lekker maar ek stap die veld in om die proteas te gaan afneem.
 

Attachments

  • IMG_5816.jpg
    IMG_5816.jpg
    160.8 KB
  • IMG_5818.jpg
    IMG_5818.jpg
    91.8 KB
  • IMG_5819.jpg
    IMG_5819.jpg
    110.6 KB
  • IMG_5820.jpg
    IMG_5820.jpg
    215.3 KB
  • 02D2F3C6-BDF1-4F9E-9C23-A5FF1D3F7F1D.jpeg
    02D2F3C6-BDF1-4F9E-9C23-A5FF1D3F7F1D.jpeg
    179.3 KB
Oor Swartberg.
Die pad is heerlik vas gereen.
Ons strek soveel strepe soos ons kan in die sand.
Die slag stop ons bo en neem n paar fotos. Ons het gister gewonder hoe hoog die pas is en dit staan op die bord.
 

Attachments

  • IMG_5823.jpg
    IMG_5823.jpg
    118.1 KB
  • IMG_5827.jpg
    IMG_5827.jpg
    99.9 KB
  • IMG_5826.jpg
    IMG_5826.jpg
    121.6 KB
  • IMG_5825.jpg
    IMG_5825.jpg
    145.1 KB
  • IMG_5822.jpg
    IMG_5822.jpg
    93.1 KB
Ons stop vinnig by Kobus se Gat om met hom te reek dat Piet ons tente daar sal afgee deur die week.
Ons sal dit dan volgende naweek kom haal.
Dis nie n probleem nie. Ons drink n koffie en warm sjokolade.
Ek los n fooitjie vir die oppas van ons bagasie en betaal vir n ontbyt vir Piet om dankie te sê.
Daarna vat ons weer pad soos ons gekom het, behalwe dat ons die Calitsdorp/Ladismith teerpad gaan ry om Rooiberg uit te skakel en n bietjie tyd te probeer spaar.
 

Attachments

  • IMG_5829.jpg
    IMG_5829.jpg
    144.1 KB
  • IMG_5833.jpg
    IMG_5833.jpg
    199.9 KB
  • IMG_5836.jpg
    IMG_5836.jpg
    150.2 KB
  • IMG_5837.jpg
    IMG_5837.jpg
    169.9 KB
Voor Calitsdorp sien ons mense by die dam.
Ons sien die afdraai en die hek is oop.
Ons is al verveeld en ry daar in.
Dis n redelik uitdagende paadjie maar dis die moeite werd.
Met die terugkom sien ons n ander paadjie wat afgaan damwal toe en ry daar in.
Hier is dit nogal warm - of dan bedompig want die reen is naby.
 

Attachments

  • IMG_5838.jpg
    IMG_5838.jpg
    184.1 KB
  • IMG_5839.jpg
    IMG_5839.jpg
    193.3 KB
Dit was baie lekker, en dankie vir die aanmoediging.
Ek kon vir 2 dae nie hieraan werk nie, ons probeer n paar werkies klaarmaak voordat ons toemaak, so die aanmoediging is welkom!
Soos ek hier sit en dit herleef, raak ek sommer lus om weer te gaan!
 
Soos alreeds gesê wou ons nie weer Rooiberg oor nie. Ons was bietjie onrustig oor ons spoed, of dan gebrek daaraan en wat gaan gebeur o die R62 maar het besluit om maar deur te druk.
In Calitsdorp is daar n klomp motorfietse by die vulstasie. Ek is nie seker watter kant to hulle gaan nie, maar groet sommer so in hulle algemene rigting.
EK het Aidan vertel van die Huisrivier pas. Een van my groot gunstelinge toe ek nog sport motorfietse gery het. Hy sal dit op die 150 ook kan geniet want dis mos asof jy afsak in die pas in en dan weer anderkant uit ry.
Net buite Calitsdorp waai my kep uit sy bêreplekkie uit en bly in die pad lê. Ek stop en draai om om dit te gaan soek, en met die is die 150 weg oor die bult.
My kêp terug op sy plek sit ek hom agterna. Die pad is gelukkig redelik stil. Ek is nie seker hoe gereeld hy in sy spieëltjied kyk nie, ek vermoed nie veel nie so sal verkies om maar agter hom te ry.
Hy wag op n draai vir my en ons ry anderkant teen die pas uit.
DIe motorfietse wat ons in Calitzdorp gesien het begin ons inhaal en gaan verby. Daar is ook bakkies met waentjies met motorfietse op.
Die vinnige manne eerste.
Daarna kom die rustiger manne. Hulle vat n bietjie langer om verby te kom maar is ook later weg.
By Seweweekspoort staan en wag hulle groep, lyk my hulle is of eers daar in of Laingsburg toe want hulle het CW nommerplate.
My gat begin nou seer raak. Die teerpad is vervelig.
In Ladismith stop ons vir petrol en iets om te ete sommer by die vulstasie.
 

Attachments

  • IMG_5840.jpg
    IMG_5840.jpg
    178.1 KB
Lekker gatvol vir teerpad ry ons buite Ladismith op die Vanwyksdorp pad uit.
Daarna Mond -van-Pietsrivier afdraai Ockertskraal toe.
Hier is dit sommer lekker nat.
Min dat jy poele water in die pad gesien in die Klein Karoo!
Maar die wereld lyk en ruik vars en skoon gewas.
Dit laat my dink aan n vriend se opmerking vroeër die jaar toe hulle lande slote deurgespoel het en hulle plek-plek weer moes plant.
"Dis nou wat gebeur as elke Jan Rap en sy maat bid vir rëen."

Maar dis altyd welkom, die natuur maak mos sy eie skade reg.

Ons ry weer die stukkie teerpad tot by Brandrivier afdraai.
Dit sous nou sommer lekker.

Die Brandrivier pad is pek plek sommer lekker glad. Ek is seker ek het agteruit om ten minste een draai gegaan. Maar dis van korte duur. AL te gou verby al begin ons koud kry. EK het nie eers daaraan gedink om handskoene saam te neem vir die naweek nie en sowaar my vingerpunte is dood.

Ons trek maskers oor ons gesigte want die druppels slaan hard!
 

Attachments

  • IMG_5841.jpg
    IMG_5841.jpg
    110.3 KB
  • IMG_5842.jpg
    IMG_5842.jpg
    147.7 KB
  • IMG_5843.jpg
    IMG_5843.jpg
    142.6 KB
  • IMG_5844.jpg
    IMG_5844.jpg
    120.8 KB
Ek hoop half hy gaan in Barrydale stop.
EK dink nie daar gaan kos by die huis wees nie, en is honger.
Maar die XRkie het nou sy stal geruik - daar is nie keer aan hom nie.

In Tradouws Pas gaan ek verby want ek wil stop.
My gat is seer en ek moet blaas leegmaak.

Dit gedoen, maak ons reg om die laaste stukkie huis toe te ry.
Die volgende oomblik hoor ek n slag agter my en die 150 se enjin raas hard.
Aidan lê op die grond.
Nat gras is nie jou speelmaat nie! Hy is heel verlëe om hier oor die spreekwoordelike laaste hekkie te val!

Hier is die laaste 2 fotos. Net voor die Suurbraak afdraai en die enigste selfie wat ons die hele naweek geneem het!
 

Attachments

  • IMG_5845.jpg
    IMG_5845.jpg
    138.9 KB
  • IMG_5796.jpg
    IMG_5796.jpg
    180.9 KB
    Dit was nou n lekker RR . My gedagtes het ver teruggegaan na die dag wat ons mekaar die eerste keer raakgeloop het by die Pampoen.Aiden was nog klein .Ons is saam af na Veltie se plek en ek dink hy het later begin vaak word soontoe.Die tyd stap aan .Vandag is hy mouterbike se baas.Jammer ons kampplanne het nooit gerealiseer nie.Hoop julle kan nog baie trips saam aanpak.
 
Hi Kallie dis lekker om weer van jou te hoor.
Ons moet n slag bymekaarkom en/of iewers heen ry.
Aidan onthou jou nog. Of dan die groen Funduro met die skaapvel op die sitplek!
 
Bliknêrs said:
"Dis nou wat gebeur as elke Jan Rap en sy maat bid vir rëen."

:imaposer: :imaposer: :imaposer:

Dankie vir die lekker lees en saam ry. Goed om te sien daai wêreld kry reën, dit was nodig. 
 
Top