2 Suidwesters kies koers Kaap toe (MET N DRAAI)

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Dag 3 en 4
Ons het die koel weer van die Weskus verskriklik waardeer na die HEL waardeer ons die vorigge dag is…daar is n tipe nostalgie wat by n binnelander opkom as jy wakker word met die kus se mis kombers wat om jou hang….n man kry sommer lus vir bike ry. Ek en Werdus het lekker uitgerus en ons honger en dors was goed geles na die vorigge aand se braai…ons kon letterlik nie wag om die Weskus roete aan te pak nie. (want dis mos soos by ons Net koeler en lekkerder) yeah right!!!!
YFB25A_zps2oyu0uur.jpg

Ons het die stukke teerpad tussen Kleinzee en Koingnaas lekker kafgedraf want ons kon nie meer wag om op die grond  te kom nie….maar eers moes die KTM natuurlik weer my geduld toets en my tietspiere lam maak…Ons stop by die petrol stasie in Koingnaas wat DIE belangrikste volmaak punt van die hele trip is, want gaan staan jy op die Weskus 4x4 roete sonder petrol moet jy duksand langs STAP…….en siedaar ----- die KTM se linker tenk wil niks weet van oopmaak nie…so nou moet ek hom maar stukkie vir stukkie volmaak aan die regterkant en wag dat dit deurloop na die ander tenk toe. My senuwees was redelik op oor die brandstof situasie, want ek weet my bike wil sous he as ek met my duk lyf met hom deur die sand begin beur. Boonop het ons ou maat Dewald ons ingelig dat ons TENMINSTE 10 liter petrol moet saamry anders gaan ons moet bike stoot deur die duksand. Ek en Werdus het onderskeidelik elk 10 en 11 liter petrol opgehad en elkeen 6 of 7 liter water en ek het nog n ekstra 4 liter bier ook aan boord gehad----so ons was gelaai!!!
Hier kom ons In Hondeklipbaai aan…..kyk net die lieflikke weer ivm die vorigge dag was dit hemels.
YFB17_zpsetvysrii.jpg

Dit is n baie lekker paadjie van Hondeklip af tot by die indraai na die die Namaqua Park toe…met die indraai slag kom ons onmiddelik agter dat meer die tipe paadjies is wat ons wil ry met sulke lekker stukkies sagte kolle om jou konsentrasie reg te hou..
Hier is ons by die Park se hek…
YFB18_zpsbqzkdmod.jpg

Hier het die lekkerte eers rerig begin…mense dis n ander tipe mooi hier langs…ons het darem n paar Hartbees ook gesien. Ek ry nog so lekker en siedaar tussen die mis deur gewaar ek die bloudam, ek is verheug—minwetend is ek 10 treetjies weg van sukkel en vloek af. Die GPS wys ons moet links…maar daar is nie n links nie…net n paadjie wat reguit af see toe beur na n kamp plekkie toe (aag is dit nie pragtig nie) en low and behold—sien ons die paadjie wat links uit draai en ons vat hom---10 meter in die die paadjie in stop ek om te probeer uitfigure wat de moer aangaan met die bike, want hy wil nie weg kom nie, wil ook net omval----ja nee nou is ons waarlik binne in die WESKUS se see sand, en die samestelling is heelwat anders ons Kalahari se rooisand!!!! Onmiddelik besef ek ons onderskeidelikke vragte wat ons met soveel oorgawe gepak het gaan vandag vir ons briek.
Daar voor waar die paadjie weg raak het K@K begin dis n los gemors met diep spore en n middelman wat soos n steeks perdemerrie net eenvoudig wyer om gery te word.
YFB19_zps357iuzvq.jpg

Die paadjie is verskriklik los, maar ons vorder…ek laat eers dat Werdus voor ry, maar gaan op n stadium verby omdat ek gesien het ek sal nie weer kan wegtrek as ek gestop het nie…net toe my moed my begin begewe oor brandstof wat nie genoeg gaan wees nie en tyd wat te min gaan wees kom ek by die hardepad aan wat aan die bo-kant van afwykende paadjies loop….ek sit die bike af en probeer asem haal….ek hoor Werdus is besig om te werk met daai 990, en ek is bly dat ek die goeie nuus vir hom kan oordra van die hardepad---daai man kom 2de rat vol revs om die draai en toe hy die uitkoms van die hardepad gewaar verloor hy dit—letterlik---die 990 spoeg vir ou Werdus in westelikke riging terwyl die fiets 2 sulke lawwe bokspringe maak en koers kies fynbos toe  dit was classic…niemand het seergekry met die val nie. Maar ons albei het klippe gek@k om die bike weer regop te kry….
As n mens net eers aan die gang kom gaan dit goed maar plek plek raak mens moeg deur die sand en maak jy maar n foutjie…ek los vir Werdus dat hy voor ry sodat ek genoeg momentum kan opbou om die ding bietjie te vergemaklik.Ons het seker vir n half-uur goed gery en toe ek weer n slag oor so n blinde bultjie aan kom RUIK ek iets vreeslik lekker—en siedaar daar staan Werdus teen die kant van die pad en fotos neem van sy bike wat onderste-bo tussen n klomp wilde laventel of een of ander lekker ruikende plant lé 
Kyk hoe le die stoei merke hier…daai oranje fiets is papnat van die wilde vygie sap….
YFB21_zpsm0xfy6kq.jpg

YFB20_zpsggmweiiz.jpg

Ons het sonder enigge verdere voorvalle tot by Groenrivier gevorder en daarvanaf was dit lekker “plainsailing” op die boonste pad teen die draad.
YFB23_zpszwryfsba.jpg

Nou dat die sand agter ons is, doen ons die toerisme ding en ons gaan kyk waar oorle Worsie Visser sy vakansie kaia gebou het…van daar af is dit n klipgooi om na Jurg se Kaia toe….ek besluit om sommer die paaidjie teen die see langs te vat tot by Jurg se Kaia en vir oulaas leer die paadjie toe vir Werdus n laaste les oor die benadering van Weskus witsand 
YFB25_zpsuvnerhka.jpg

YFB24_zpscldnupis.jpg

YFB22_zpsojfpmzez.jpg

Van hier af is dit ry om klaar te ry….ons het tot die besef gekom dat ons sal moet stoot vir Yzerfontein as ons daar wil kom voor dit donker raak, en gooi toe teerpad tot by Lutzville se Engen. Hier kom ons agter dat nie 1 van ons nodig gehad het om van die vreeeslikke klomp petrol wat ons deur die sand kom saam ry het te gebruik nie…..ek verwens vir Dewald en ek weet dat die man my al weer n streep getrek het die bliksem.
Ons is mos darem nou weer in die beskawing en terwyl die joggies ons bikes vol petrol maak (myne half vol want die tenk wil steeds nie oopsluit nie) bel ons die vrouens om te se ons lewe….ons word toe meegedeel dat daar nie die dag vir ons slaap plek in Yzerfontein is nie en dat ons eers die volgende dag sal kan intrek by ons vakansie huisie…..ek bel net daar vir Dewald en bedel n ou slaap plekkie.
Right…nou stoot ons aan Vredendal toe….om presies te wees Vredendal Hotel toe want as jy n wynmaker of n mechanic op Vrendal is , is dit deel van jou paket dat jy Vrydae halfdag werk en die ander helkfte in die hotel moet sit suip…..Nodeloos om te se dit was n lang nag van lekker kuier en k@kpraat en om die kersie op die koek te sit het Dewald en Boetie die volgende oggend saam met ons gery tot in Lambertsbaai waar ons Cocky se hele troue-geselskap loop staan en raak drink het in die Hotel…..ek en Werdus het eers laat Saterdag na-middag in Yzerfontein aangekom….op ge-sukkel met sand en oorlaaide motorbikes en namakwalanners 
 
Kan nie glo Weskus was so gemeen gewees om julle so te laat oorlaai :eek7:
Dalk het hy gereken oorlat jy n slaglam se gewig ekstra onder jou baadjie het deesdae gaan jou bike baie swaarder op sous wees :deal:





Moet jou gelukwens met die ophou rook, veral omdat jou huisdier en broer nog steeds n rokie maak. Kan nie maklik wees nie. :thumleft:
 
Baie lekker gelees aan die RR.  :thumleft:

Julle is sekerlik voor die tyd ingelig dat daai Weskus sandpaadjie daai tyd van die jaar vir die meeste ongerief sorg.  ;D Nog steeds een van die trippe wat ek wil gaan doen.

Wag nog net vir Tau om die een vir ons aan mekaar te sit :peepwall:

 
Julle moet n draai in St Helena Baai kom maak voor jul Ysterfontein toe gaan, Sal vir julle lekker koppie koffie maak en dan kan julle ook se jul het hierdie mooi plekkie gesien  :peepwall:
 
Top