4 Corners solo trip op trusty DR

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Dag 11 - 15/12/2015

Vandag is Lesotho!!!  ;D ;D ;D ;D
Maar voor dit gebeur, skiet ek vinnig af vir n vroeë oggend foefieslide om hierdie epic dag mee te begin. Vandag, geen koffie nodig nie  :thumleft:

[flash=480,385]https://www.youtube.com/v/AFp5zv7GFHE[/flash]

Na die vinnige adrenalin spike, skiet ons teerpad deur na Matatiele vir n opvul van petrol, bier en bietjie kos  ;)
Arriveer so 10am by Qacha's Nek grenspos en binne 15min is ons heeltemal deur en in Lesotho. Ek hou al klaar van hierdie plek. Binne 10km is ons in n roadblock en die polisie stop ons net om vriendelik te vra oor ons trip sover.  :thumleft:

Ons plan was om na Sehlabathebe te ry dan noord na Sehonghong in die A3 se rigting. Wou die Sani backpackers maak voor sononder.
En soos dit sy maak ons die hoogste punt landmark soos die son wegraak agter die horison. Darm nie te vêr van die backpackers af nie!
Wat n epic dag! 13ure in die saal met van die mees spectacular scenery en mense wat ek al ontmoet het. Lekker technical klipperige paadjies, sanderige sections, op en af, klein rivier kruisings en bietjie modder.

Lekker moeg maar satisfied drink ons so paar biere, ontmoet vir Evans_V & Kevin by die backpackers en praat bietjie oor bikes en paadjies.

n Dag om te onthou, Lesotho ek sien jou gou weer!
 

Attachments

  • Eerste stop in Lesotho....Cheers.JPG
    Eerste stop in Lesotho....Cheers.JPG
    163.8 KB
  • Qacha's Nek grenspos.JPG
    Qacha's Nek grenspos.JPG
    217.1 KB
  • Klipperige pas.JPG
    Klipperige pas.JPG
    223.1 KB
  • Orrelkaktus blom.JPG
    Orrelkaktus blom.JPG
    496.6 KB
  • Enigste boom stopplek.JPG
    Enigste boom stopplek.JPG
    233.1 KB
  • DSC_1083.JPG
    DSC_1083.JPG
    132.6 KB
  • Lesotho panarama.JPG
    Lesotho panarama.JPG
    449.8 KB
  • DSC_1072.JPG
    DSC_1072.JPG
    189.5 KB
Lesotho
 

Attachments

  • Klipperige pas 2.JPG
    Klipperige pas 2.JPG
    241.4 KB
  • Klipperige pas 3.JPG
    Klipperige pas 3.JPG
    330.4 KB
  • Dietmar Pap tyres.JPG
    Dietmar Pap tyres.JPG
    453.7 KB
  • Lesotho kloof.JPG
    Lesotho kloof.JPG
    235.6 KB
  • GOPR5580.JPG
    GOPR5580.JPG
    194.9 KB
  • GOPR5559.JPG
    GOPR5559.JPG
    193.8 KB
  • GOPR5573.JPG
    GOPR5573.JPG
    208.9 KB
  • Hoogste punt.JPG
    Hoogste punt.JPG
    171.4 KB
chakm said:
Hi Morokai.

Nice to meet you at the Sani Top Backpackers.
Hope the rest of your trip goes awesomely. 

1-DSCN3722.JPG

1-DSCN3723.JPG

Was lekker to meet you guys aswell  :thumleft:
 
Dag 12 - 16/12/2015

So bietjie ingelê hierdie oggend, en na so bietjie kakpraat saam die ander bikers is ons na die hoogste pub toe vir n ontbyt voor ons Lesotho verlaat. Die Sani pas is verskriklik pragtig as mens afry, dink dis awesome as mens opry!! Hoop nie die pas word nog geteer nie.

My agterband was nou finaal klaar en eks toe drasties opsoek na n nuwe band. Gehoor van n bikeshop in Himeville, so reguit soontoe na die pas. Kry die shop gesluit, dis mos n vakansiedag  :-\

Underberg is ook Dietmar se omdraai dorp. Ons eet gou die laaste lunch saam by die Underberg pub. Dietmar skiet terug Cintsa Oos toe en ek vind n baie cool backpackers net buit Underberg. Khotso backbackers. Sal dit ook recommend!
Van nou af ry ek weer alleen, waaroor ek weer opgewonde is, al is dit moerse lekker om saam buddies te ry!
Die middag word spandeer om my bike bietjie n once-over te gee, chain en air filter bietjie skoon te maak en alle nuts&bolts te check na die klipperige Lesotho paaie.
Ontmoet n mede hond by die backpacker, Riaan Bester op sy nuwe Tenere. Drink n paar biere oor biking stories en fix sy nommerplaat wat besig was om af te donner.

Later die aand gaan jol ek saam die backpacker staff, en paar foreigners by die Underberg pub. Hiers ek alweer terug. Moerse lekker party en meer gaan uitpass as gan slaap!

More sal n rustige dag wees terwyl ek n ander band probeer opspoor.
 

Attachments

  • Sani pas.JPG
    Sani pas.JPG
    160.9 KB
  • Khotso backpackers campsite.JPG
    Khotso backpackers campsite.JPG
    225.6 KB
  • DSC_1103.JPG
    DSC_1103.JPG
    173.5 KB
  • DSC_1098.JPG
    DSC_1098.JPG
    193.9 KB
  • Sani pas 4.JPG
    Sani pas 4.JPG
    224.6 KB
  • Sani pas 3.JPG
    Sani pas 3.JPG
    237 KB
  • Sani pas 2.JPG
    Sani pas 2.JPG
    190 KB
Dag 14 - 18/12/2015

Na bietjie Underberg area ontdek, nuwe agterband op ry ek Durban se rigting toe om een van my gunsteling Heavy Metal bands te sien.

Eerste show in RSA, intieme venue en baie Black Label quarts.

Wat n epic aand!
 

Attachments

  • Nuwe Tyre.JPG
    Nuwe Tyre.JPG
    333.9 KB
  • Darkest Hour live.JPG
    Darkest Hour live.JPG
    84.3 KB
Dag 15 - 19/12/2015

Met nogals min slaap, moerse babbelas en n stywe nek van al die headbanging ry ek noord uit Durban uit. Raak sommer lekker pissig vir al die traffic op die pad. Ek wil hier uit. Daar was nie veel van n reguit grondpad na Richards baai se kant toe nie, opt toe maar vir teer om bietjie tyd en afstand op te maak.

Na Richards baai was nogals lekker sanderige paadjies om te ry, het sommer gou my babbelas weggesweet. Mooi suikerriet velde tussen al die Kwazulu-Natal se villages. Op n stadium raak ek heeltemal verdwaal, my gps wys my daars n pad, wat in realiteit nie daar is nie....reguit deur n suikerriet veld. En hier ontmoet ek twee klein knapies wat baie vriendelik na my gehardloop toe kom. Praat geen engels nie, maar met vingertaal en beskrywings verstaan ek half dat die pad weer aangaan deur die suikerriet veld. Wel , toe ry ek deur, oor klomp bossies en n droë rivierloop maak ek dit anderkant uit, weer op n noticeble grondpad.

Wou graag die aand in Sodwana bay oorslaap, kon dit nie so ver maak nie. Bly toe maar die aand in St. Lucia by Bibi's backpackers. Lekker moeg, hierdie was nie n laat aand nie!
 

Attachments

  • DSC_1132.JPG
    DSC_1132.JPG
    201.6 KB
  • Sugarcane fields.JPG
    Sugarcane fields.JPG
    218.3 KB
  • DSC_1134.JPG
    DSC_1134.JPG
    231 KB
  • Ou treinbrug.JPG
    Ou treinbrug.JPG
    415.1 KB
  • Zulu navigators.JPG
    Zulu navigators.JPG
    240.4 KB
Het jy 'n kaart van jou roete wat jy kan post?

Watter area was vir jou die lekkerste ry sover?
 
Prototype said:
Rus dag op d Dakar, lat jy skryf!  :sip:
ja ne....was 2 smoke ry dag gewees  :thumleft:

Rooi Wolf said:
Het jy 'n kaart van jou roete wat jy kan post?

Watter area was vir jou die lekkerste ry sover?
yip ek het, amper klaar met die eerste helfte se geskryf, sal dan die map post!

Daar is drie areas wat vir my uitstaan :
Swaziland
Lesotho
Oos Kaap
 
Dag 16 - 20/12/2015

So vandag is die Oostelike punt! Vok ja!

Lekker vroeg wakker en op die pad....slaan sommer vinnig vinnig sandpaadjies wat my instantly wakker maak.
Hoe nader ek aan Kosi Baai kom, hoe meer moerse 4X4's sien ek op die pad. Die valies gaan lekker speel in Mozam!

Kom by die grenspos aan en sien die bord waar ek my foto wil neem. Ry lekker rustig tot voor die bord, hak my voorwiel in dik sand vas en ek bliksem neer. Reg voor die vokken border post. Been sit bietjie onder die bike vas maar na so klein struggle is ek vry en tel my bike op. Ek sien n man nader stap en sê vir my : ' Ek hoop nie jy wil in Mozambiek ingaan nie, want as jy hier neerdonner gaan jy dit nie maak nie!'. Haha, hy praat die waarheid, dit weet ek is n feit.
Praat so bietjie stront saam die oom, neem my cornerselfie, en weg is ek. Volgende grenspos.....Swaziland  ;D ;D ;D

Ek kruis die Golela grenspos rondom so 14h00 en is binne Swaziland.....bliksem maar dis warm. Praat met n local en hy sê dis warmer aan die oostelike kant van Swaziland as die binneland. Soos ek staan en sweet besluit ek toe maar om reg deur die middel van Swaziland te ry. Ek doen toe hierdie en wat n fantastiese land. Mense en topografie is net awesome. Pragtige grondpaadjies en valleie.

Slaap die aand oor in Sondzele backpackers naby Manzini. Pragtige plek, ek sal hierdie een ook aanbeveel. Was die enigste kamper gewees, het in vrede na n moerse mooi uitsig gekyk terwyl bokkies en vlakvarke in n veld voor my wei met sonsondergang.

11h30min in die saal vandag, picture perfect kamparea, vanaand slaap ek met n MOERSE smile op my gesig!
 

Attachments

  • Swaziland blomme.JPG
    Swaziland blomme.JPG
    104 KB
  • Sondzela kamp site.JPG
    Sondzela kamp site.JPG
    138.3 KB
  • Swaziland 3.JPG
    Swaziland 3.JPG
    145.5 KB
  • Swaziland 2.JPG
    Swaziland 2.JPG
    173.7 KB
  • Swaziland.JPG
    Swaziland.JPG
    221.7 KB
  • Oostelike punt.JPG
    Oostelike punt.JPG
    156.5 KB
  • GOPR5668.JPG
    GOPR5668.JPG
    121.4 KB
  • Vroeë oggend sand.JPG
    Vroeë oggend sand.JPG
    186.7 KB
  • Doodloop naby St. Lucia.JPG
    Doodloop naby St. Lucia.JPG
    225 KB
Dag 17 - 21/12/2015

Word wakker met die geritsel van gras soos vlakvarke naby my besig is om ontbyt te eet. Drink lekker rustig koffie en n Hansa terwyl ek res van my roete deur Swaziland beplan, en nogals met n baie mooi view.

En weereens sal ek dit sê, Swaziland is awesome. Wil graag weer terugkom na die land toe en meer tyd hier spandeer. Glo daar is baie lekker paaie om hier te ry! Swaziland, jy sal my weer sien!

In RSA se kant weer, mooi pas af na Baberton toe. Ry n pragtrige grondpaadjie langs Swaziland grens en noord na Nelspruit toe.

Kom by n roadblock net oos van Nelspruit en dit was een arrogante, onbeskofte fokker!
HY : 'License!!!'
EK : Gee vir hom, haal my helmet af en groet hom vriendelik
Hy : 'This is an offroad bike and it is not legal'
Ek : 'Yes it is'
Hy : 'Since when?'
Ek : 'Always' - toes ek mos nou lekker moerig van sy arrogansie, maar ek hou my vriendelike pose - wil nie hier kak kry nie
HY : 'Bike license?'
Ek : Klim van die bike af en wys vir hom
HY : 'License is expired'
Ek : Wou sê KAK MAN!! maar het toe nie, wys vir hom baie kalm waar die syferkies staan en dat hy legal is.
HY : Loop nog drie keer om my bike en beloer alles. Druk my lisensie voor my gesig sodat ek hom kan vat.
EK : Klim op my bike en weg is ek

Gelukkig het ek my nommerplaat opgesit voor die trip.Welkom terug in die noorde Willem! n Goeie herinnering hoekom ek suide toe getrek het.

So hier begin die areas waaroor ek bietjie onseker was om te ry. Ek self het in die noorde groot geword en weet hoe baie villages daar is en hoe ongemaklik dit sal wees om in een stuck te raak met n showstopper.
Probeer maar my bes om 'beter' roetes te beplan, maar soos dit toe sy, ry ek vir n hele ruk deur plekke waar ek nie juis wou wees nie. Kry moerse negatiewe looks, of dis hoe dit gevoel het. Mens moet mos jou instincts vertrou. En hierdie was die eerste keer op my hele trip wat ek nie meer veilig gevoel het nie.

Ry stuk stuk grond en teer tot by Hazyview. Bly in Gecko backpackers vir die aand.
Soos ek my seil uitspan begin groot donker wolke opbou. Iets is aan die broei. Nie te lank van daar af nie, skop die backpackers se krag uit en die wolke maak oop. n Moerse donderstorm  ;D Hierdie is wat ek baie mis van die noorde! Sit ek en smile baie breed in die bar om kerslig terwyl die foreigners benoud lyk! Vanaand sal my slaap setup goed getoets word. Dit reën vir so 2 ure kliphard en terwyl dit so liggies drip drip keer ek na my slaapplek toe. En soos ek gehoop het, en nogals tot my verbasing, is dit lekker droog onder my seil. Gelukkig het die reen reguit afgekom en nie skuins nie  ;)

Lekker droë slaapplek en n  :thumleft: vir my waterproof seil!
 

Attachments

  • Swaziland 3.JPG
    Swaziland 3.JPG
    77 KB
  • RSA kant.JPG
    RSA kant.JPG
    218.7 KB
  • RSA kant 2.JPG
    RSA kant 2.JPG
    196.2 KB
  • Swaziland grenspos.JPG
    Swaziland grenspos.JPG
    263.9 KB
  • Swaziland 6.JPG
    Swaziland 6.JPG
    160.6 KB
  • Swaziland 5.JPG
    Swaziland 5.JPG
    251.3 KB
  • Swaziland 4.JPG
    Swaziland 4.JPG
    160 KB
  • Swaziland 2.JPG
    Swaziland 2.JPG
    249.3 KB
  • Swaziland.JPG
    Swaziland.JPG
    166.8 KB
  • Vlakvarke.JPG
    Vlakvarke.JPG
    181.4 KB
Quote from: Rooi Wolf on Yesterday at 03:32:10 pm
Het jy 'n kaart van jou roete wat jy kan post?

Watter area was vir jou die lekkerste ry sover?
yip ek het, amper klaar met die eerste helfte se geskryf, sal dan die map post!

Daar is drie areas wat vir my uitstaan :
Swaziland
Lesotho
Oos Kaap

:thumleft:

Lekker man lekker!!

Ek sien jou gou dan kan ons om 'n lang kampvuur nog baie van jou staaltjies hoor!
 
Rooi Wolf said:
Quote from: Rooi Wolf on Yesterday at 03:32:10 pm
Het jy 'n kaart van jou roete wat jy kan post?

Watter area was vir jou die lekkerste ry sover?
yip ek het, amper klaar met die eerste helfte se geskryf, sal dan die map post!

Daar is drie areas wat vir my uitstaan :
Swaziland
Lesotho
Oos Kaap

Lekker man lekker!!

Ek sien jou gou dan kan ons om 'n lang kampvuur nog baie van jou staaltjies hoor!
Ja verseker bra! Die sandpad wag  :thumleft:
:thumleft:
 
Dag 18 - 22/12/2015

Na n lekker aand en die reuk van vars reën staan ek op en maak reg om die laaste stretch te ry. Maar was al klaar gatvol gewees vir die local population.

My idee was om naby die Kruger se grens op te ry en by Phalaborwa se kant wes te skiet na Louis Trichardt. Hoe meer ek wik en weeg hoe om te ry, hoe minder was ek lus vir locals met attitude en chrismas fever! Kies toe maar n roete van Hazyview af, Graskop toe en dan noord na Tzaneen. Ry weer so stuk stuk grond en teer, en moet bieg, baie mooi grondpaadjies, ek het hierdie rit baie geniet. Het mooi gekyk om die villages te mis.

N vinnige lunch in Tzaneen en vandaar maar net teer gebliksem deur Soekmekaar tot by Louis Trichardt. My halfway stop.

En na 18 dae en 4872km in die saal maak ek dit in een stuk tot by my moeder se huis in LTT. Geen probleme met my bike nie, een puncture en onbeskryflike joy!

So hier in LTT, doen ek n deeglike overall van my bike en maak haar reg om vir n paar maande daar te staan. Die ride report moet ook nou eers op stilstaan kom. Realiteit is terug en ongelukkig moet mens maar weer gaan werk!

Hierdie 3 weke op my fiets was een van die mees profoundste experiences van my lewe. Amazing plekke gesien, fantastiese mense ontmoet, myself en my fiets het baie gegroei!
 

Attachments

  • Mpumalanga.JPG
    Mpumalanga.JPG
    140.5 KB
  • Mpumalanga 2.JPG
    Mpumalanga 2.JPG
    146.3 KB
  • Limpopo.JPG
    Limpopo.JPG
    155.1 KB
  • Limpopo 2.JPG
    Limpopo 2.JPG
    206.8 KB
  • Veilig by halfway mark.JPG
    Veilig by halfway mark.JPG
    198.8 KB
Hier is die roete van die eerste helfte van my trip!

.gpx en .klm versions aangeheg
 

Attachments

  • Googlemap image.jpg
    Googlemap image.jpg
    223.1 KB
  • spot_messages.gpx
    76.5 KB
  • spot_messages.kml
    146.3 KB
Top