Agterpaaie na Stilbaai

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Dankie Lem, mooi fotos en lekker RR
Klink my jy ken die weskus paaie, hoe lyk die kort stukkie tussen Patenoster en Tietiesbaai as jy weet , is dit doenbaar met S10 met pillion?
 
Man from Nam said:
Dankie Lem, mooi fotos en lekker RR
Klink my jy ken die weskus paaie, hoe lyk die kort stukkie tussen Patenoster en Tietiesbaai as jy weet , is dit doenbaar met S10 met pillion?

Jip, hys fine  :thumleft:
 
Dankie, ons is Desember daar vir twee dae en wil gaan kyk hoe dit op Tietiesbaai lyk.
 
Lem said:
Man from Nam said:
Dankie Lem, mooi fotos en lekker RR
Klink my jy ken die weskus paaie, hoe lyk die kort stukkie tussen Patenoster en Tietiesbaai as jy weet , is dit doenbaar met S10 met pillion?

Jip, hys fine  :thumleft:
Daai paaitjie SONDER n Pillian het my maar laat bont staan laas toe ek daar was :patch: :patch: Maar ek het darem my Tieties Bay sticker op my panniers vewerf :thumleft:
 
Lem said:
Duster said:
Lem said:
Duster said:
Lem said:
Duster said:
Lem said:
Frannarossi said:
Lekker man Louis.Laaste keer wat ons mekaar gesien het was ons maar moeg getrap......was goed om Robert ook te ontmoet en eks bly julle manne het die huis veilig gehaal deur al die reen!

:snorting: Dankie Francois. Volgende keer ry ons bietjie gouer tot in Stilbaai, dan belowe ek bly ons vir n bier.

Jy sal nie glo nie, maar 7Weekspoort MTB se modder sit nog op beide my en Anmar se bergfietse. Hulle is die dag na ons race gehang op die hakke en nog nie weer afgehaal nie. Voel eintlik al skuldig. Daai twee martelpype kom natuurlik Desember ook saam Stilbaai toe.
Jammer vir die hijack:  Lem, hoe is die Seweweekspoort met die motorfiets? Maklik doenbaar 2 op met bagasie?

Hi Duster & Stoffies. Geen hijack  :thumleft: Verseker! Seweweekspoort is sommer net n kort, plat poortjie. Dit is nie eers 15km lank nie. Die natuurskoon is asemrowend, julle sal sommer baie stop vir fotos. Kom julle Kaap se kant toe een van die dae?  
Eers volgende jaar April, maar ek kyk al vir 'n paar roetes oppad Weskus se kant toe, en wil graag Die Hel ry en oppad terug sommer die 7weekspoort inwerk.  Ek sien google maps wys baie tyd op daai pas, dis hoekom ek gewonder het. Seker vir die fotos..... :ricky:

Great! Ek glo April is een van die mooiste tye om die Klein Karoo te gaan ry al mag daar miskien by tye 'n buitjie reen val. Boek vir julle fixed akkomodasie sodat die bike ligter gelaai kan wees. In April kan dit al baie koud snags wees as jy kamp. Die grondpad tussen Calitzdorp & Swartbergpas, Swartbergpas self, Gamkaskloof, Rooibergpas, Seweweekspoort is almal paaie waarop ek vir Anmar ook op sal lift. Dis hard packed gravel en is nie een regtig lank nie, maar mens vat dit rustig.  :thumleft:

Wat die Weskus aanbetref....met 'n groot bike en pillion sou ek die grondpaaie intimederend vind, hulle het maar plek plek baie sand op. Hier vanaf Veldrif af suid loop goeie teerpaaie bykans teen die see af. 
Thanx Lem, sal weer met jou praat nader aan die tyd.  Het gedink om te kamp, maar gaan dit her-oorweeg na jy my bang gepraat het vir die koue.  En ja, ons jaag ook nie, vat dit rustig en geniet die land.  Ek sien baie uit na die trip.

:lol8: hehe nee dis darem nie vir bang wees nie, maar ons het verlede jaar na plekke soos Prins Albert getoer. Op plekke soos Ladismith en Warmwaterberg net buite Barrydale kan jy dikwels in n bed slap vir onder R 200 per kop, selfde met Oasis in die Cederberge. As jy nie soggens n natgedoude tent en matras hoef op te vou en te laai nie nie maksimeer jy mos jou ry tyd  :ricky:

Op die Weskus kan julle die Weskus Nasionale Park, tussen Yzerfontein & Langebaan, met die bike deurry.
Dankie Lem, daai lyk altyd vir my so asof dit net die plek is om te gaan ry.  Kan nie wag nie.  Dankie vir die info, liaseer dit reeds vir later.
 
2StrokeDan said:
Mooi wereld, mooi fotos en mooi trip!

Loop Robert se Xt nou OK na al die drama?

Thanks Danie  :thumleft:

Ja, daai XT is nou mooi gesond ja. Robert het sommer met die aanmekaarsitslag goeters vervang soos sekere bushes/rubbers en carb seeltjies, net omdat alles oop was. Hyt nou so 'n blink geraaspyp ook op, klink nogals cool, regte thumper.
 
Waar is die Diesel en Creme plek op route 62 ? ek het net 3 weke terug daai pad gery en dit nie gesien nie.
 
schalk vd merwe said:
Waar is die Diesel en Creme plek op route 62 ? ek het net 3 weke terug daai pad gery en dit nie gesien nie.

Hi Schalk

Hy sit op Barrydale, net langs Country Pumpkin, in die hoofstraat  :thumleft:
 
Eendag is eendag, dan gaan ek laaank in die Kaap kom kuier en julle paaie kom platry  :biggrin:

Dankie vir die deel.
 
JMOL said:
Eendag is eendag, dan gaan ek laaank in die Kaap kom kuier en julle paaie kom platry  :biggrin:

Dankie vir die deel.

Lekker Jaco  :thumleft:

Jy moet ja. Ek krap kort kort aan LJ ook om bietjie meer te probeer uitkom, dalk selfs op twee wiele. Tussen my, jou & Hennie kan ons hom dalk oortuig.

Hierdie Stilbaai trip was letterlik op paaie parallel aan die hoofpaaie wat jy reeds ken. Maar jy kan heeltemaal ontvlug. Elke 50km verander die landskap. Tussen Worcester en Stormsvlei is daar wingerde en boorde soos jy oor elke koppie kom. Dan was ons weer tussen die graan, dan weer tussen die fynbos en so herhaal dit oor en oor. Daai stukkie tussen Gysmanshoekpas en Riversdal is van die meeste fun wat ek al ooit op n bike gehad het. Mens sal dit lank onthou.  :thumleft:
 
DAMN DAMN hoe verlang ek nou daai wereld !!! Dit was my  "playground" vir amper twee jaar, toevallig op n plaas gebly net omi draai van een van daai fotos. Het vir n grondverskuiwings mpy gewerk en op soveel privaat paaie gery en gewerk wat niemand van weet of die publiek nie mag kom nie.
 
Top