Baviaans in die Volmaan-12 & 13 November 2011

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Gerard

Teelhond
Global Moderator
Joined
Jan 16, 2010
Messages
38,496
Reaction score
3,234
Location
Port Elizabeth
Bike
BMW R1150GS
En toe is dit altwee aande bewolk en pikdonker, maar ons het nog steeds lekker gekuier.

Met hierdie trip https://wilddog.net.za/forum/index.php?topic=73498.0 wat ons in Julie gedoen het se ek vir die ouens hoe mooi Baviaans in die volmaan is en die volgende trip begin net daar gestalte kry. Die volgende beskikbare volmaan sou toe die afgelope naweek wees.

Soos tevore, gaan kuier ons op Rietrivier, Oom Gerhard Du Preez se plek, net oorkant Makadaat. Hy het in die Kloof groot geword en ken al die stories.

Hier is ons. Ek, Hannes('n vriend van my en Innis wat sy eerste trip na Baviaans doen), Bie, Oom Gerhard en sy seun Innis.


Die konneksies is dat ek en Innis DIK tjomme is, terwyl ek en Bie(Kruger) al 'n paar trips saamgedoen het, mees onlangs Bash toe, die ene https://wilddog.net.za/forum/index.php?topic=81432.0

Vrydagmiddag is ek gepak om die pad te vat Steytlerville toe om vir Bie en Hannes te ontmoet. Dit was die ou XT se beurt en die eerste langer trip wat ek met hom sou doen. Wat 'n lekker bike. Let veral op 'die ultra light packing'.


Rustig cruise...


... en tyd vir bietjie speel met die kamera.



Tussen Glencorner en Wolwefontein kry ek die 'fairing' wat 'n lekker spoed ry en my sleep tot by die afdraai.


Net voor Baroe slaan 'n duiseligheid my dat ek amper afdonner van die bike af. Weet nie wat dit was nie , maar die res van die middag se ry het ek maar goor gevoel. Terwyl ek asem skep dag ek die sal 'n mooi fotie maak.


'n Koffietjie by die Royal Hotel terwyl ons wag vir Hannes.


So vat ons toe die Winterhoek pad Kloof toe en onder in Nuwekloofpas ry ons in die groep bikers vas wat die aand in Makadaat Grotte sou slaap. Soos te wagte kry die XT al die aftrek.


Ek het nou nie heeltemal die waarheid gepraat oor die ultra light packing nie. Ek hou mos van my gerief, maar dit het geneuk om al my kampgoed, die Weber, skottelbraai, vier sakke hout, charka, stoele en dies meer op die XT te laai so dit gaan toe maar in my pannier box in... Hannes se Isuzu bakkie  :ricky:


Ons kuierplek op Rietrivier... nie te beskaafd nie, maar als wat jy nodig het is daar.


Soos gebruiklik op my en Innis se Baviaans trippies... gerookte rashers en varknek. Daar word lekker gebraai en gekuier.


Soos ek al by geleentheid opgemerk het... dis lekker in Afrika.



 
Royce said:
Lyk bakgat - kan nie wag dat ons die trip in December doen nie.

:thumleft: Probeer so reel dat julle op Uitspan oorslaap en gaan stap bietjie in die kloof op. Dis die moeite werd !
 
Die wolke het darem die Vrydagaand so plek-plek oopgemaak vir die maan om deur te kom en die vallei te verlig. Dis 'n mooi gesig. Ek sien Jakkals-hulle het ook so bietjie van die maan gesien. Ongelukkig het ons nie die kamaras gehad om dit te kon afneem nie.

Saterdagoggend het Innis vir ons lekker bacon en eier ontbyt in die pan gemaak voor ons in die klowe gaan stap het.


Eers het ons in die kloof op Rietrivier gaan stap en toe is ons Uitspan toe. Hierdie wildevy is massief en staan daar teen die rotse vasgegroei in die kloof op Uitspan. Hannes wys die skaal van die boom.



'n Mens kan ver in die kloof opstap en dit lyk op plekke of hy gaan toemaak op jou. Maar dis mooi daar binne.


Na die stappery gaan drink ons 'n biertjie by die restaurant en terwyl ons so kuier daag Visarend en Mev. daar op. Nou moet ek eers bietjie meer van die trip se agtergrond gee dat julle die toeval kan waardeer.
 
Jy laaik van sout in wonder invryf ne!! Baaastid!!

Gedog jy gaan sukkel met daai tampon sakkie agter op die XT...he he  :mwink:

Lyk lekker man.....en Desember is amper hier.

:thumleft:
 
Bakgat jupiter, nou wa is die ander kiekies?

Daai XT is darem maar grand.  :thumleft:

Weet jy wat die duiseligeid veroorsaak het?

(Laat ek net gou die mense reghelp, daai oom Gerhard, sy seun Innis en Hannes, gawe mense vertel ek jou, sout van die aarde se mense daai, maar die ander 2 op die foto is maar taamlik aan die nors kant, weet nie aan watter kant van die aardbol hulle van af kom nie.)  :pot:

Jupiter, weereens dankie vir jou en Bie vir die ys, die koppe, die garlic brood, die Jagermeister, die kampioen sosaties, lekker geselskap en julle gasvryheid, dit was werklik lekker gewees om te ontmoet.  :thumleft: :thumleft:
 
Vis Arend said:
Bakgat jupiter, nou wa is die ander kiekies?

Daai XT is darem maar grand.   :thumleft:

Weet jy wat die duiseligeid veroorsaak het?

(Laat ek net gou die mense reghelp, daai oom Gerhard, sy seun Innis en Hannes, gawe mense vertel ek jou, sout van die aarde se mense daai, maar die ander 2 op die foto is maar taamlik aan die nors kant, weet nie aan watter kant van die aardbol hulle van af kom nie.)   :pot:

Jupiter, weereens dankie vir jou en Bie vir die ys, die koppe, die garlic brood, die Jagermeister, die kampioen sosaties, lekker geselskap en julle gasvryheid, dit was werklik lekker gewees om te ontmoet.   :thumleft: :thumleft:

Ja jou grapgat  :ricky: Ek sien die volgende dag 'n paar lekker esse daar in die sandpad soos julle teruggekronkel het Uitspan toe met die S-Ten na die kuier.  :imaposer:
 
:laughing4: :laughing4:

K@rk man, toe ek Saterdag terug ry was dit reguit, jy het net Sondag met reguit oe gekyk.  :imaposer:
 
Vis Arend said:
:laughing4: :laughing4:

K@rk man, toe ek Saterdag terug ry was dit reguit, jy het net Sondag met reguit oe gekyk.  :imaposer:

Ek weet van 'n hele paar ouens wat 'n beaut van 'n girl opgetel het op 'n Saterdag, maar die Sondag was sy glad nie meer so mooi nie. Ek dink dis dieselfde hier. Saterdag was jou spore naald-reguit, maar jy moes Sondag kom kyk het... glad nie meer so reguit nie.   :pot:
 
Soos die trip toe nader kom praat ek en Bie oor Kopeet. Klink na 'n plan en hy reel vir ons die koppe. Kwaaitjie, sy vrou, gesels met die Tannie op Williston en vind uit hoe om dit gaar te kook.

Siende dat ons in die veld gaan wees, reken ek toe die beste manier om die koppe gaar te bak is in 'n Weber en Heimer gee raad hoe om te maak. Ek reken ook op so manier braai die vetjies bietjie uit, want laas by die Bash het dit my hard geklap.

Laasweek lees ek toe ook van Visarend wat op hulle trip is en dit lyk hulle gaan net mooi in die Baviaans aankom om saam kop te eet, maar ek hoor toe niks verder van hom nie. Daar loop ons mekaar toe by Uitspan raak en die kopeet is afgespreek.

Na die kuier is ek en Bie terug kamp toe, die Weber word gestook en die Koppe gepak.


Ons kuiergaste daag op en daar word gekuier. Visarend(Louis), Mev, Visarend(Nannie), ek en Bie.


Visarend maak seker ons weet wat ons doen.


Eintlik het nie een van ons geweet wat ons doen nie. Dit was maar 'n eksperiment wat goed uitgewerk het. Ons reken volgende keer, bak so vir 'n uur en 'n half in die foelie en bruin hom dan terwyl die koppe gedraai word.

Nie te min, eet ons onsself blink agter die ore. Hannes, wat ook 'n afvaleter is het saam met ons sy eerste kop geeet.



Hierdie man kan nou vir jou 'n koppie blink polish. Hier voor le my stukkie brein uitgesmeer op 'n lekker stukkie potbrood. Njammies se ek julle.


Later daag Oom Gerhard en Willie op en tackle hulle koppie


So loop nog 'n suksesvolle Skaapkopeet van die Gilde hom af. Dankie vir die lekker kuier.
 
Jup, jy gaan ons seker darm nie in die Baviaans los nie. Ons is mos huistoe ook, of tel dit nie?  ;D
 
Die middag word in rustigheid met 'n klompie biere omgekuier. Oom Gerhard het die oggend 'n Vaaljapie gaan haal wat hy op Steytlerville gekoop het , maar die ding wil nie start nie. Ons sak later af stoor toe om te gaan kyk, want hy's erenstig om bietjie te speel. Ek ken 'n bietjie van die goed en na so wyle se gevroetel start hy en loop soos 'n horlosie. Hierna moes ons die man force om af te klim.


Laatmiddag gooi die sonnetjie mooi teen die berg


Daar word laat en hard gekuier, groot dinge gesels, terwyl ons diep in die vuur staar. Wat meer kan daar wees ?


Hannes is so 'n generasie jonger as ek en Innis, hy raak slim en ons leer baie. Wat gesels word op die trip, bly op die trip, so ons laat dit maar eers daar. Terwyl ons nog bietjie kon fokus, gaan soek ons ons tente en kruip in, want die volgende oggend was vroeg roer op Bie se klok.
 
Bie said:
Jup, jy gaan ons seker darm nie in die Baviaans los nie. Ons is mos huistoe ook, of tel dit nie?  ;D

Skryf so stuk-stuk tussen die werk deur. Die res maak ek later klaar.
 
Heel naweek word daar gewik en weeg of ons deur Baviaans gaan terugry. Ek wil, maar nie alleen nie. Ek het juis die XT gevat vir die trippie. Innis was jare laas deur die Kloof en hy is gretig, maar moet saam Hannes ry. Hannes wil vroeg terug wees in die Baai want hy moet gaan werk en dink dis beter om maar teerpad te slaan. Bie sit met 'n seer skouer(wat more geopereer word) en moet by 'n verjaardag party uitkom die Sondag, so hy wil ook kortpad vat Jansenville toe.

Dis op en af, en dan besluit Hannes die Saterdag aand hy's in, ons moet net vroeg ry. Bie sit met die GPS en maak somme. Dan's hy in dan is hy uit. So gaan slaap hy en ons se hy moet ons wakker maak as hy opstaan dat ons teen half sewe op die pad kan wees.

Wees versigtig as jy so vir Bie se. Voor vyf is ons op. Hy maak nog steeds somme en kort voor ons ry se hy, hy is in... ons ry almal deur die kloof terug.

Ons stop gou vir my eerste smoke break, want ek sukkel mos maar vroegoggend met my mojo.


Smitskraal vir brekfis. Ons het nou lekker baie tyd en vat dit rustig op die pad


Voetsek man ! Innis is reg met die kamera ingeval ek 'n insedentjie sou he. Dit sou nou sy naweek gemaak het.


Maar ons is altwee veilig deur. Innis is so bang hy mis die foto, dan kak ek hom van 'n hoogte uit, dat hy veels te gou kliek.



Die pad is mooi, eintlik te mooi en ons ry sonder insedente. Mooi uitsig bo op Combrink se pas.


Die Baviaans het net sulke mooi rotsformasies as enige ander plek


Visarend-hulle is so twintig minute voor ons weg die oggend en ons het heeltyd verwag om hulle in te haal, maar ons kry hulle toe eers by Tolbos.


Nog vir oulaas lekker gesels, toe is die groet en die laate stukkie huistoe vat. Almal het veilg gery.  :thumleft:

Thanks vir 'n moer lekker naweek. Soos altyd, ons doen dit weer, of soos Hannes sal se "so rol hy maar"
 
Beslis weer 'n lekker trip. Louis en Nannie, dankie vir julle kuiertjie, Jup vir die reelings, die Du Preez'e vir die kampplek en natuurlik die jongman wat ons so met enamel besprinkel het. Tot die volgende keer dan.  :thumleft:
 
Lyk lekker manne, was julle bang vir n KTM saam te nooi  ;) ek dog julle ry in die maanlig,  :D wou net se dit klink nou lekker mal, net mal genoeg om doenbaar te wees ..................Mmmmm miskien  :D
Voorspoed Bie vir more se Opperasie.
 
Baie mooi Jup , lyk baie lekker  :thumleft: :thumleft:

Maar waar is die Volmaan ?  :peepwall:  :biggrin:
 
Rynet said:
Baie mooi Jup , lyk baie lekker  :thumleft: :thumleft:

Maar waar is die Volmaan :peepwall:  :biggrin:

Hulle het hom binne in 'n donkermaan ingedrink.  :imaposer:
 

Latest posts

Top