Baviaans in die Volmaan-12 & 13 November 2011

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Vis Arend said:
Rynet said:
Baie mooi Jup , lyk baie lekker  :thumleft: :thumleft:

Maar waar is die Volmaan :peepwall:  :biggrin:

Hulle het hom binne in 'n donkermaan ingedrink.   :imaposer:

:laughing4: :laughing4:
 
Sorry vir die hi-jack jupiter, maar ek het gedag ek kan maar my bydra ook hier sit.

Jupiter het al klaar verduidelik hoe ek by die storie inpas.  Wel, die Saterdag oggend vertrek ons toe van Knysna via Kom se pad, De Vlugt, Prins Alfred pass, Uniondale na die Baviaans waar ons die anner hone sou ontmoet by Uitspan.  Daar aangekom word ons ingewag deur jupiter, Bie en sy vrinne.  Daar word eers lekker gesels en toe gaan kuier ons by hulle se possie.  Hulle kuierplek was so 2 km van Uitspan, wat ‘n lekker plekkie.  (Kannie dieselde van die pad se nie, nie na so paar verversings nie.)

Hier is ons oppad

101_1058.jpg

101_1062.jpg

Hulle se kuierplek

101_1065.jpg

Toe raak dit tyd vir kop eet.

101_1070.jpg

Bie smul darem alte lekker aan die koppie

101_1071.jpg

Jupiter verduidelik eers die fyner punte van kop eet aan die rookie

101_1072.jpg

Niks fout met ‘n oog of twee nie

101_1075.jpg

Hulle is skoon stil soos hulle eet

101_1078.jpg

Daars ook net soveel vleis aan ‘n kop

101_1079.jpg

Man, daai knoffelbrood het lekker afgegaan met die harsings.

101_1082.jpg

Die uitsig van hulle agterstoep

101_1086.jpg

Asof die koppe nie genoeg was nie word daar spesiaal van die SOSATIES vir die Arende gaargemaak.  Ek was sprakeloos, het nog nie en sal seker ook nooit weer sulke lekker SOSATIES eet nie.  Dankie Bie, deel tog nou daai ou familie resep met ons.

101_1088.jpg

Na die lekker kuier moes ons terug na Uitspan, ons het nog ‘n anner afspreek daaikant gehad en daar was nog baie plaashekke om oop te maak!!  Ek gaan nie verder uitbrei oor hoe ek by Uitspan uitgekom het nie, ons se maar net ons het veilig daar aangekom.

Thanks man. 'n RR is mos daar om almal semanewales te geniet. Paar lekker foties wat jy opgesit het. Ons het dit net so geniet om saam jou en Nannie te kuier.
 
Wif all due respect Jup.....ek sal maar vir myself cater op ons Desember trippie!!  :peepwall: :pot: ;)
 
Carrots said:
Wif all due respect Jup.....ek sal maar vir myself cater op ons Desember trippie!!  :peepwall: :pot: ;)

:laughing4: En ons dink juis om weer 'n Koppie te eet. Sal moet kyk om vir jou 'n stukkie brein op potbrood te reel.
 
Hel, daardie koppe het nou so lekker gelyk, ek het sommer nog 'n bak rice crispies loop eet.  :drif:

Dit lyk of julle 'n meneer van 'n lekker trippie gehad het.

Jup: Jy praat oor die skaapkop se vet, maar jy is nie skaam om 'pork rashers; weg te bere nie - iets wat weer vir my heeltemal te vet is (maar lekker partymaal)
 
Op 'n manier pla die varkvet my nie veel nie en die keer, met die uitbraai, was ek ook OK met die skaapvet(drie Underbergs later :biggrin:)

Gaan later die week die Kwak sien oor daai floute aanval van my. Hy gaat 'n papie kry oor die vetetery van my met die colestrol  :eek7:
 
jupiter said:

Laat loer na jou galblaas - ek het dit ook gehad...
 
Ek het nou 'n paar navrae gekry oor Bie wat vanmiddag sy skouer laat opereer. Hy het sy BB by hom en kan kan op die Forum gaan. Stuur maar eers vir hom 'n PM as die wat kan en wil hom gaan besoek.  :thumleft: Hy is in St georges PE.
 
Heimer said:
jupiter said:
Op 'n manier pla die varkvet my nie veel nie en die keer, met die uitbraai, was ek ook OK met die skaapvet(drie Underbergs later :biggrin:)

Gaan later die week die Kwak sien oor daai floute aanval van my. Hy gaat 'n papie kry oor die vetetery van my met die colestrol  :eek7:

Laat loer na jou galblaas - ek het dit ook gehad...

Hmmmmm.....julle hoort in Huis Spataar...daar kan julle die kateders bruikuur deur Bankfin!!  :peepwall: :pot:
 
Gmf!!! Ek sal stilby as ek jy is  :peepwall: Kan nie eers 'n naakte klipdriffie vir ontbyt afsluk nie.  :pot:
 
:laughing4: :laughing4: :laughing4:

Ek vat enige tyd weer daai naakte brannas....voor ek daai breins en oge probeer vreet!
 
jupiter said:
Ek het nou 'n paar navrae gekry oor Bie wat vanmiddag sy skouer laat opereer. Hy het sy BB by hom en kan kan op die Forum gaan. Stuur maar eers vir hom 'n PM as die wat kan en wil hom gaan besoek.  :thumleft:
Hy is in St georges PE.

klaar geslag, terug in saal en orrait. Seker maar nog vol pynstillers, so niks pyn nie.
:thumleft:
 
Bie said:

Sterkte en heel gou.  :thumleft:  Ons het koppe nodig om te eet, en moet tog nie vergeet van die SOSATIES nie.
 
Julle is darem ma lucky blixems!!! Sulke mooi wereld op jou drumpel!! Ons kom 28 Desember Makedaat toe, dan 2 nagte Bruintjies kraal en dan uit EL se kant toe, gaan jy en Bie kom skaapkop braai?
 
LouisXander said:
Julle is darem ma lucky blixems!!! Sulke mooi wereld op jou drumpel!! Ons kom 28 Desember Makedaat toe, dan 2 nagte Bruintjies kraal en dan uit EL se kant toe, gaan jy en Bie kom skaapkop braai?

Sal sien hoe loop dit. Ons sal dan oppad wees na Hanover vir Mother se New Year Bash. Dalk werk ons dit so om die 28ste weer op Rietrivier oor te slaap en dan verder te ry.
 
Latest posts

Top