Bokmek Boerboelle En 'n Boere Oorlog!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
By Sutherland moet ons eers wag dat die eienaar van die vulstasie se kerkdiens klaarmaak voordat  ons brandstof kan kry.  Van daar af ry ons  oor  Verlatenheidskloofpas en draai regs op ‘n grondpad  na Santa se skerm.    

Ek’s nogals  nuuskierig om hierdie padstal te sien wat op ‘n eerlikheidsbeginsel werk.  Mens gaan glo net die  onbemande riet-“igloo” binne, neem waarvoor jy lus is, gooi jou geld in ‘n  melkemmer en trek die deur agter jou toe.  

Ongelukkig beland ons voor   dooiemansdeur en moet ons tevrede wees met foto’s neem.
 

Attachments

  • santa skerm 2.jpg
    santa skerm 2.jpg
    109.5 KB
  • santa skerm 1.jpg
    santa skerm 1.jpg
    28 KB
Van hier af ry ons  verder grondpad in die Tankwa Karoo se rigting.    Dis ‘n mooi roete met meer as genoeg om te sien.

 

Attachments

  • terug huis toe colage.jpg
    terug huis toe colage.jpg
    99 KB
Ons naweek nader sy  einde met Tankwa Padstal wat nader kom.    Dit voel vreemd om dit vir ‘n tweede keer  op ‘n  dieselfde naweek te besoek, veral in die namiddag.  Na een van Susan se vegetariese burgers is dit tyd vir huiswaarts keer.  Net soos wat ons groepie mekaar ontmoed het by die padstal, skei ons paaie hier. 
 
Nooit het ek gedink dat ‘n rit na Middelpos so opwindend sal wees nie.    Min het ek ook geweet hoe interessant die plekkie is.  Plekke soos Middelpos maak iets in my wakker om verder te wil ry, meer te wil ontdek en saggies by myself te prewel:    “haai oe Blommie”

Dankie dat jy saam gelees het

Tot volgende keer!

xxx
 

Attachments

  • tankwa ooppad.jpg
    tankwa ooppad.jpg
    30.2 KB
heito, langverwagte RR, Nadia

maar agteros kom ook die kraal, en dit was die wag werd.

lekker gelees, dankie

Ek hoop om in hierdie skoolvakansie deur te skiet Middelpos toe  :thumleft:
 
Lem said:
heito, langverwagte RR, Nadia

maar agteros kom ook die kraal, en dit was die wag werd.

lekker gelees, dankie

Ek hoop om in hierdie skoolvakansie deur te skiet Middelpos toe  :thumleft:

Sal jy dalk asb  Piet bokwagter se foto's kan saamneem?      :)
 
Dusty Rusty said:
Lem said:
heito, langverwagte RR, Nadia

maar agteros kom ook die kraal, en dit was die wag werd.

lekker gelees, dankie

Ek hoop om in hierdie skoolvakansie deur te skiet Middelpos toe  :thumleft:

Sal jy dalk asb  Piet bokwagter se foto's kan saamneem?      :)

sal jou laat weet of ek hierdie vakansie al kan gaan, sal als afhang van die besigheid in die eerste week, maar ek laat weet jou  :thumleft:
 
Lekker gelees en fotos geniet.
Ek was die afgelope Saterdag by die padstal en die speelpark is klaar.
AS jy nie baie tyd het nie moenie vir Hein vra oor sy eie krag wat hy opwek en sy eie boorgat wat hy self boor nie !
 
:laughing4:

Lekker trip en mooi peekchas Nadia. Dis 'n skande dat ek al amper 'n jaar hier is en nog nie op Middelpos was nie. Ek beplan om dit summier reg te stel.
 
Pragtig julle, dit lyk lekker.  Ai daai wereld is darem maar MOOI... nie die stof / sand paaaie wat ons die afgelope naweek moes ry nie.  :peepwall:
 
Jis, Nadia, jy's darem nou al lankal nie meer die skrikkerige een op die klein fietsie nie, ne!  Dis duidelik dat daar nog baie duisende stowwerige kilometres in jou toekoms wag - mag hulle almal so mooi wees soos jou fotos van hierdie Middelpos trip.  Dis pragtig.
 
Baie lekker en mooi fotos! Dankie dat jy dit neergepen het vir ons  :thumleft:
 
Hoekom het julle net vir Asjas saamgevat?
 
Altyd lekker om iets van jou te lees en te kyk.  :thumleft:
 
Dankie Menere en Mevrou!

Heimer as jy so bietjie fyner kyk sal jy Roefels op Nismark se bike sien.  Mind you, deesdae moet mens hom vasbind met cable ties, anders val hyt af in die ry.

Carrots, die een ding wat ek misgekyk het was Middelpos se kaasfabriek. Ek is so vies vir myself! Dis tussen Koos se huis en die ou poskantoor as ek reg onthou.
 
Top