Karoo Rider
Race Dog
- Joined
- Sep 1, 2012
- Messages
- 1,939
- Reaction score
- 1,143
- Location
- Ladismith WC
- Bike
- Honda CRF-1100L Africa Twin
Dag 8: Kokerboomwoud kamp tot Fiddler's Creek (Vioolsdrif) [345km]
In Keetmanshoop koop ons lekker skaapchops en biltong en ry daarna in by die Naute dam, ongelukkig effens verwaarloos terwyl hier baie potensiaal is.
Inligtingsbord
Canon Roadhouse - besonder interessante plek met al sy antieke ware. Ongelukkig is hul pryse nie so oudmodies nie - R36 vir twee Cream Soda's...
In die Hobas area sien ons die Visrivier Canyon in die verte, maar ons albei was al by die uitkykpunt en hou verby die keer.
Bene rek en ietsie drink
Nadat die Ai-Ais Park gestig is het hulle alle grensdrade afgebreek. Slegs die hande-arbeid van dekades gelede is steeds sigbaar in hierdie klippe wat duidelik 'n hele ent moes aangedra gewees het, en dit loop vir kilometers aaneen.
Soos die wind waai draai hierdie ou bakkie se verkoelerwaaier nog steeds daar binne - moet besondere "bearings" wees.
D316 tussen Ai-Ais en B1-hoofpad
Terug aan die RSA kant van die rivier by Fiddler's Creek - en die birthday boy mis die oorkant al klaar.
Fiddler's Creek kroeg
Dagafsluiting