ChrisL en Karoo Rider kap 'n es by die Bash in Suidwes

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
My kant van die storie.


Dis altyd dicey om twee manne op n trip te laat gaan wat mekaar sleg ken en hoop dit sal goed gaan.
Persoonlikhede en rystyle verskil maar in die geval was ek nie bekommerd. KR en ek het al een dagtrip saam gedoen
en n slag of wat ontmoet maar dis al. Die stomme man het egter gou agter gekom dat ek n definitiewe goue
medalje wenner in die Olimpiese Amakrokko krokko poepspan is!!!!!! :imaposer:
Of hy heeltyd op sy tande gekners het sal ek nooit weet.

Pakdag en my hond like dit niks.  "Waantoe gaan jy alweer"?!!!!

IMG_1157_zps408dbafb.jpg


Ek pik KR op in Ladismith en ek besluit om sy vrou te toets toe ons wegtrek. Koebaai sien jou Sondag sê ek.
Die vrou se oë se wit wys soos n perd wat skrik en sê Vrydagmiddag en nie n minuut later nie!! :imaposer:
KR se oudste verjaar die Saterdag en hy moet springkasteel opslaan.

Die Swarteberge terwyl ons Laingsburg toe ry.

IMG_1166_zpsce603602.jpg


Is dit nie elke keer so as mens op n trip gaan ry jy die eerste klomp kilos soos n maniak net om weg te kom asof
iemand of iets jou gaan terugroep. Op n staduim gelukkig begin mens rustig raak.
Ons laat bietjie die perde los oppad Laingsburg toe.

IMG_1167_zps6715e5bb.jpg


Duidelik is die jong lidmaat en sy vars GSA in hul element!! :thumleft:

IMG_1168_zpsb52a4441.jpg


Die Moordenaars Karoo pad na Sutherland is en sal altyd een van my favourites bly.

IMG_1170_zpsededbe5c.jpg


Ek moet vir KR n kompliment gee. Die man kan n bike pak. Elke dag op die trip het die bagasie presies
dieselfde gelyk en hy het hulle gepak. Selfs n bottle Chutney en ander lekkernye daaruit tevoorskyn gebring.
Ek het baie by hom kon leer oor kook langs die pad. Die kennis het hy bymekaar gemaak in sy bergklim en
stapdae.

IMG_1171_zpsaebcb9a7.jpg


Die mannetjie kon ons darem red..................en ek hou juis so baie van Springbokbiltong :peepwall:

IMG_1172_zps44610ef1.jpg


Ek het gedog dis dalk Freak oppad Guateng toe. Ons is onderdeur n besige roete.

IMG_1173_zps92cca746.jpg


Petrol in Sutherland en iets vir die tande in Jupiter's gastehuis.
Die adventure riding besigheid is harde werk!!! :imaposer:

IMG_1174_zpsbfd4c89c.jpg


Dis mooi wêreld die en die winter begin wys hy is oppad.

IMG_1176_zps398a4a20.jpg


IMG_1177_zpsd115fc9f.jpg


IMG_1178_zps11102bc8.jpg


Net anderkant Middelpos draai ons af na my vriend se plaas. Sou nie omgee as die plaas myne was.

IMG_1179_zps9f1725f1.jpg


Hierdie berge het KR se hande laat jeuk vir bergklim.

IMG_1180_zps1b058ab9.jpg


Ons kuier lekker en laat by my vriende en net voor ons gaan slaap neuk hy ons trip op.
Vertel ons die storie van n klomp manne wat op n jagplaas in chalets bly.
Laatmiddag kom stop n man en vrou by een van die ander chalets.

Vroeg die volgende more terwyl hulle koffie drink op die stoep storm die vrou by die chalet uit en gooi haar koffers
agterin die kar en jaag weg.
Heeldag in die jagveld bespiegel hulle oor wat dan nou tussen die twee kon verkeerd geloop het maar almal
het maar net n vermoede.
Laataand sê die oudste oom wat ook die langste getroud is hy het n vermoede en beide KR en ek sit regop in ons
stoel maar helaas my vriend wou dit nie met ons deel voor sy vrou. Glo te erg.

Volgende more ses uur maar hy ons wakker met koffie in die bed en dadelik wou ek weet wat die oom
se vermoede dan nou was.
Nee sê hy dis te erg hy kan dit nie onder sy dak met ons deel!!!! :biggrin:

So gebeur dit dan dikwels gedurende die trip dat ons mekaar vra of jy dan nou al die
oom se vermoede uitgepluis het. Beide van ons is nog in die duister want my vriend wou dit ook nie
vannaand oor die telefoon vir my sê!!!!! :biggrin:

Ek tik weer iets as ek kans kry.
 
So ja, my beurt om bietjie te sit en lees - laat kom!  Ai, môre by die werk moet ek weer roofkyk en kry niks uitgerig nie...
 
Die eienaar van Fiddler's Creek (Adam) het gevra dat ek die foto opsit van die bike trailer, iemand het dit skynbaar daar vergeet met die vorige Bash wat daar gehou was?  Kontak hom asb indien dit joune is.


Ping Boer Schoeman !!!

Lekker gelees KR en Chrisl !
 
Die storie raak nou nog lekkerder.

Ek dink dit is 'n trip van 'n leeftyd!!

:sip:
 
Julle twee vertel n storie so mooi, dankie dat julle dit met ons deel  :thumleft:    Nou waar is die res  :sip:
 
Dusty said:
Julle twee vertel n storie so mooi, dankie dat julle dit met ons deel  :thumleft:    Nou waar is die res  :sip:
Sê ek ook. :thumleft:

Nou kom Chris boonop en gooi "extra suspense" by.......... :sip:

Chris jy moet die storie klaar vertel voor jy EC Bash toe gaan asb...... :deal:
 
Pietcoke said:
Dusty said:
Julle twee vertel n storie so mooi, dankie dat julle dit met ons deel  :thumleft:    Nou waar is die res  :sip:
Sê ek ook. :thumleft:

Nou kom Chris boonop en gooi "extra suspense" by.......... :sip:

Chris jy moet die storie klaar vertel voor jy EC Bash toe gaan asb...... :deal:

Pieta, jy moet saamkom! Dan jy weer vuurmaak terwyl Chris die storie vertel!
 
Ouman said:
Pietcoke said:
Dusty said:
Julle twee vertel n storie so mooi, dankie dat julle dit met ons deel  :thumleft:    Nou waar is die res  :sip:
Sê ek ook. :thumleft:

Nou kom Chris boonop en gooi "extra suspense" by.......... :sip:

Chris jy moet die storie klaar vertel voor jy EC Bash toe gaan asb...... :deal:

Pieta, jy moet saamkom! Dan jy weer vuurmaak terwyl Chris die storie vertel!
Ai jong..............daai kite wil nie hierdie keer vlieg nie.........ek sal maar wag vir die wind om te draai....... :-[
 
nielvn said:
Chirs ek was in daai groep wat jy mee gepraat het net buite Solitaire, op daai stukkie sanderige pad, op die rooi GSA , jy het n pic geneem toe ek oppad was en toe ek daar stop toe ry julle, bly julle het lekker verder gery.  :thumleft:
Jammer ons het nie langer gesels Niel.
Dalk sou ons omdraai as ons het en in Solitaire gaan kamp het, maar dan sou ons ons onbeplande kamp
bo op Spreedtshoogte mis.
 
Chris en KR, dit is nou een bevange nice trip wat julle gery het en daai langs die pad kamp rond so trippie net meer af. :thumleft:
 
Dankie Chris en KR. Nice report. Dit was 'n lekker trip na Nam.
Maak weer so volgende jaar.

Ek gaan 22 Junie weer op om me seun deur Nam te vat. Ons is net 2, as daar nog iemand is wat wil saam, praat met my.
 
chrisL said:
nielvn said:
Chirs ek was in daai groep wat jy mee gepraat het net buite Solitaire, op daai stukkie sanderige pad, op die rooi GSA , jy het n pic geneem toe ek oppad was en toe ek daar stop toe ry julle, bly julle het lekker verder gery.  :thumleft:
Jammer ons het nie langer gesels Niel.
Dalk sou ons omdraai as ons het en in Solitaire gaan kamp het, maar dan sou ons ons onbeplande kamp
bo op Spreedtshoogte mis.

:thumleft: :thumleft: :thumleft:
 
een dag is ek groot is ook so trippie doen.
Lekker geskryf en dankie vir deel. maak mens lus om self koers te kies.... een dag.
 
Top