ChrisL en Karoo Rider kap 'n es by die Bash in Suidwes

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
ChrisL,

Daai foto met die sonsondergang, die fietse en die tent sal menigte uitstof in fotokompetisies hoor! :3some:
Ek dink nie ek het al mooier sonsondergange beleef soos in Namibie nie. Ek verlang sommer nou na Namibie se mense, die gasvryheid, die natuurskoon, die vlaktes....selfs die hitte.  Eendag as ek groot is, eendag.

Ek gaan nou maar weer werk en my brood en botter verdien. :thumleft:
 
GeelKameel said:
ChrisL,

Daai foto met die sonsondergang, die fietse en die tent sal menigte uitstof in fotokompetisies hoor! :3some:
Ek dink nie ek het al mooier sonsondergange beleef soos in Namibie nie. Ek verlang sommer nou na Namibie se mense, die gasvryheid, die natuurskoon, die vlaktes....selfs die hitte.  Eendag as ek groot is, eendag.

Ek gaan nou maar weer werk en my brood en botter verdien. :thumleft:

Ek stem, dit is mooi foto's!!  :thumleft:
 
Mooi RR julle twee en pragtige fotos, ek kom nou net terug van 'n Nam trip en wil sommer weer klim en terug ry.  :thumleft:
 
RAPTOR F22 said:
Nog net vier weke, kannie wag nie. Net ek en my seun

Hey there Johan.....ek wens rerig ek kon nou saam met julle weer ry. :drif: :drif: :drif: Bly net weg van al die "gate & wash-out" in die pad. :lol8: :lol8: :lol8: Ons gaan mos plan maak om weer bymekaar te kom so dra julle terug is. ;)
 
Dit sou darm wragtig lekker gewees het as jy kon saamgaan. Ek wil nie eintlik net dat ons twee ry nie, n derde is net beter. Jip ons gaan verseker mekaar sien na die tyd, foto's kyk.  Ek soek nou dieselfde zartek radio's wat jy het. Weet ek kan dit by outdoor kry
 
Chris
My alzheimers lite is nou bietjie opgeklaar. Ek onthou nou jy was ook op n trip toe jy hier was. Ek het op daardie staduim nogal jou RR net so geniet.
 
Ek is nou bang om my RR tedoen want dit gaan sleg afsteek.
Lekker verlang ek terug na verlede week in SWA
 
Ons is vroeg wakker die volgende oggend want die wind waai ons wakker. Hy woed behoorlik bo op
Spreedtshoogte. Daar is geen manier dan n stofie in die wind sal werk vanoggend tensy hy in n tent is en ons
besluit om op te pak en te ry sonder koffie of brêkfis :eek7:

IMG_1338_zps707d3ff5.jpg


Die son is al lankal op maar traag om by ons te kom.

IMG_1339_zps90e19bf1.jpg


Ons help mekaar die tente opvou en oprol want die wind wil als wegwaai.

IMG_1340_zps4cf1d349.jpg


Ons trek weg met die kronkel draai draai paadjie Nauchas toe en Duncan kyk ons met verlangende oë
agterna en hy verlang seker na sy KLR!! :eek7: Ek is bly ek is nie hy wat die wind moet trotseer vandag op n fiets.

IMG_1341_zps28e89e5c.jpg


By Nauchas gaan vra ons water by die polisiestasie en maak al die holgoed vol wat ons het. Die wind waai
skaars hier. Hierdie plaas het in die 80 tiger jare n winkel en petrolpompe gehad en die eienaar n vliegtuig
waarmee hy naweke sy kinders in Windhoek gaan haal het.

IMG_1342_zps12e134a9.jpg


Ons draai oos naby die bo punt van Remhoogtepas en die toestand van die paaie verbaas my nogal. Ek
het regtig erger verwag want hier bly nie veel mense nie en is ook nie n toeriste roete nie.

IMG_1343_zpsa0fa1b65.jpg


Ek weet KR het die foto alreeds opgesit maar dit was die enigste stukkie skrik van die heeldag se pad.
Ek was bietjie skerp op die 30m + lange powderdust sloot wat die hele wydte van die pad was. Ek het maat net
opgespring, afgegear en oopgemaak. Dog toe dit sal n gawe foto maak as KR en die tenker daardeur kom. :thumleft:

IMG_1345_zpscaef97d9.jpg


Ek het die Schlip bordjie al so baie gesien net ander kant Kalkrant op die B1 en nou is ek bly ek het uiteindelik die
pad gaan ry. Mooi wêreld.

IMG_1346_zps3b904643.jpg


Schlip die dorpie se hoofstraat. Hoërskool, laerskool, polisiestasie en vyf drankwinkels!!! Ek sal maar liewer nie
sê wat die een drankwinkel eienaar gesê het hoekom daar so baie drankwinkels is. n Ban sal my voorland wees :deal: :eek7:

IMG_1348_zps7cbceeee.jpg


Hier het dit verseker n lekker streep reen deurgekom. :thumleft:

IMG_1351_zps9f4c2ae6.jpg


Klim op die B1 naby Kalkrand en draai suid. Nou is ons besig om huistoe te kom. Ons vat die witpad Keetmans toe.
Dit maak eintlik jou oë seer so wit is hy.

IMG_1352_zps196263f0.jpg


Gedog dis Werdus se afdraai maar glo nie maar ek sal hom nog eendag gaan opsoek.

IMG_1354_zps84073783.jpg


IMG_1355_zps83b359d4.jpg


Naby die kokerboomwoud kan jy sien hier is baie klippe afgelaai!!!

IMG_1357_zpsfbf27681.jpg


By Coenie op die werf lyk dit is die diere in charge!! :thumleft:

IMG_1360_zps8143a50a.jpg


Die Pug het net drie bene.

IMG_1361_zpsdb78b06d.jpg


Die baas en sy katjies...........................ek vertrou hulle nie :eek7:

IMG_1366_zps678aa6c8.jpg


Hierdie klip het hy teen die banke van die Visrivier gaan uithaal. Weeg glo +- 8 ton.

IMG_1371_zpsdedf58ab.jpg


Dit was n gawe dag en dis jammer osn moes draai.

IMG_1372_zpsd35fe3fe.jpg
 
Daai paaie is reeds lekker want die toeriste ry hulle nie moertoe nie.  Gaan kyk ma al die hoofpaaie, sat gery deur die toeriste.

Lekker roete wat julle gery het.  :thumleft:
 
Ons is vroeg op die volgende oggend en doen sommer die brêkfisding vroeg. Ons het geen idee watter pad
ons gaan vat suid maar ons weet ons moet eers n bietjie Namvleis kry vir vannaand se braai teen die Oranjerivier. ;)

IMG_1373_zpsbab40f90.jpg


Na ons besoek aan die Spar in Keetmanshoop vra ek KR of hy al die Nautedam gesien het. Net om n aanduiding te kry
watter kant toe hy neig. Nee sê hy dit sal gaaf wees om te sien. So maklik soos dit is ons roete bepaal huiswaarts
vir die dag. :thumleft:
As jy ooit n hoëspoed rekord wil opstel op n grondpad gebruik die pad na die Nautedam. Dis n "teerpad" wat stof
soos n grondpad maar hy ry soos n teerpad.

IMG_1374_zps5f98f034.jpg


Vandat ek laas hier was het die kampplekkie sy gat gesien :( Iemand moet iets hier doen want dis n gawe site. :deal:

IMG_1375_zps496fce09.jpg


Die dam lek nog steeds soos laas en die driffie is nog steeds groen in die middel van al die alge. Wees versigtig. :deal:
Wat verbasend was was die groot wingerd en dadel aanplantings onder die dam. As hulle so aanhou gaan Keetmanshoop
een van die dae nie water hê nie!!!! :eek7:

IMG_1378_zps6baa1f0e.jpg


Alhoewel ek hierdie pad Hobas toe al n paar keer gery het bly dit mooi.

IMG_1380_zps1c59106c.jpg


Ons stop vir petrol en n koeldrank by die Canyon Roadhouse. Volgende keer sal ek petrol drink daar...........dis goedkoper
as koeldrank. :deal: :biggrin:

IMG_1381_zpsd204dd12.jpg


Die Visrivier Canyon in die verte. Harde wêreld maar mooi.

IMG_1385_zps5e48d9fd.jpg


IMG_1389_zps996f5d0e.jpg


Ons voorsate was nie lui nie. Kyk hoe het hulle die jakkalsproof met klippe toegepak. :deal:

IMG_1391_zpsdb27ceaf.jpg


Ons sak so n entjie af na Ais Ais toe voor ons linksaf draai Noordoewer toe.

IMG_1394_zpsb4464e2d.jpg


Hier kyk mens twee weke in die toekoms in ;)

IMG_1395_zps19b2d9fc.jpg


By Noordoewer sê die kwik 40 grade en dis Meimaand!! :eek7:
Die hout is op by Fiddlers Creek en daar is ook nie n byl nie. No worries die jong lidmaat maak n plan met
n bytel en hamer. Al probleem is hy kap toe die bytel so diep in dat hy hom nie kon uitkry!!!!! Ons braai hom toe uit en
haal hom die volgende oggend uit die as!!! :imaposer:

IMG_1397_zps97a2b101.jpg


IMG_1398_zpsdcd1f9f4.jpg


n Koeligheidjie vir die kele was al te lekker in die hitte. Die tafellêer was alweer by!! :thumleft:

IMG_1399_zpsf2116e41.jpg


As ek nie verstik aan n been of die muskiete steek my nie dood nie belowe KR hy sal "happy birthday" vir my sing
die volgende oggend :thumleft:
Was soos altyd n lekker kuier by Fiddler's Creek. :thumleft:

 
Ai ou Chris ............. ek sit nou so lekker met n rooi jeripigo voor die vuur en lees ..................... draai om en doen vir ons n RR van die fotos wat jy nie gebruik nie ....................... :biggrin:
 
Vroegoggend ry ons uit Fiddlers Creek. Ons het koffie en brêkfis geskip om
dit eerder te gaan nuttig by oom Jopie in Springbok.

IMG_1400_zpsee8063f7.jpg


Die stukkie teen die rivier af bly altyd mooi totdat jy die teer en vyf myl poort slaan.
Om een of ander rede kan ek myself nooit inhou deur daai poort. Lekker paar
draaie.

IMG_1401_zpsf92249e5.jpg


Ons eet rustig in Springbok. Skip die petrolpompe want teen R13iets besluit ek
om eerder in Garies vol te maak teen R12iets/lt :eek7:
Ons gaan gooi n draai by die Letterklip bo kant die dorp.
https://www.panoramio.com/photo/34882220

IMG_1403_zps36d580eb.jpg


Ons klim weer op die swart roete en gou sien ons Gifberg by Van Rhynsdorp.

IMG_1404_zps0b9f9bec.jpg


By Klawer vat ons iets vir die kele en besluit om daai aand by Oasis te slaap. Die eintlike
plan was The Baths by Citrusdal maar soos menigte kere op die trip het ons ons eie
planne verander soos dit ons pas op die oomblik :thumleft:
n Clanwilliamdam wat water kort.

IMG_1405_zps8230ec99.jpg


Die Sederberge bly darem maar mooi :thumleft:

IMG_1406_zps4d3c225f.jpg


IMG_1408_zpsaf0a632a.jpg


Oasis se honde het vreeslik baie goeie maniere. :thumleft:

IMG_1414_zpsfe920b67.jpg


En dis een van die redes hoekom ons hierheen gekom het. My verjaarsdagete!!!! :thumleft:

IMG_1417_zps16dbabea.jpg


Ons Dustriders poster teen die muur by Oasis. :thumleft:

IMG_1420_zpsd8d47d66.jpg


Vrydagoggand word ons in die reen wakker en ons ry in die reen omtrent al die pad huistoe.
Hy val op sy ergste by KR se huis in Ladismith. Ek vat vinnig n koffietjie en pak die laaste
ent huistoe aan. Gelukkig hou die reen darem halfpad huistoe op.

Ek het al n trip of twee Namibië toe gedoen en hierdie was een van die bestes. :thumleft:
Dankie Karoo Rider vir jou lekker en interessante geselskap en hulp langs die pad. Ek
het baie by jou geleer.
As ons nog n rukkie gespaar bly moet ons weer so maak. :deal:

Dankie almal vir die saamlees/ry.
 
Skuus ek's so bietjie laat ChrisL, maar dit val my nou by dat ons met die terugkom mos byna sports gehad het by Noordoewer...

Die beampte daar vra my mos waar kom ek aan hierdie voertuig wat ek nou probeer deur die grens kry na Suid-Afrika toe?  My hart slaan so 'n ligte bollemakiesie, want met die ingaan 'n paar dae tevore het sy kollega mos reeds my laat mooi verduidelik dat dit my PDP is wat verval het, nie die motorfiets se lisensie nie.

Na ek so paar vragies beantwoord het kon die perd darem seker sien ons is nie by 'n smokkelbesigheid betrokke nie, iewers moes daar aan die SA kant 'n dame seker 'n administratiewe fout begaan het - my fiets was nooit geregistreer om Namibië binne te gaan nie!  Ek is net dankbaar dat ons nie gedurende ons trip in 'n padblokkade of self ongeluk betrokke was nie, dan sou dinge ingewikkeld geraak het...
 
Lekker dankie julle. ChrisL voor ek eendag Namibie binneval sal ek vir seker jou moet kom besoek.
 
Na n genotvolle gesprek met Chris en baie beplanning ( aan sy kant ;D) het ek n gawe roete gekry wanneer ek einde Julie Namibia gaan binne ry en hopelik nie" binneVAL" nie.

Dankie weereens vir die goeie raad :thumleft:
 
Dankie julle twee. Het as kind baie tyd in Helmerinhausen deurgebring. Die laaste keer wat ek daar was,  was 16 Desember 1978. Ek wil vir Crazy Biker Chick in Desember gaan wys hoe lyk dit daar.
 
Fearless said:
Dankie julle twee. Het as kind baie tyd in Helmerinhausen deurgebring. Die laaste keer wat ek daar was,  was 16 Desember 1978. Ek wil vir Crazy Biker Chick in Desember gaan wys hoe lyk dit daar.
Jy moet gou maak, daar is nog twee erwe te koop!!! Strue!! :deal:
 
Top