ChrisL en Karoo Rider kap 'n es by die Bash in Suidwes

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Vroemôre maak vriend Piet ons wakker met koffie en mompel iets van "die nag was te kort"
Min weet hy dat na ons half twaalf in die bed geklim het het ek en KR nog tot een uur gelê en gesels!!! :eek7:
Na n stywe brekfis groet ons en vat die pad. Beide van ons sou nog langer wou bly as ons net die tyd gehad het.

Rusty gee n lekker smile vir al die WD's :thumleft:

IMG_1183_zpsfbf840ce.jpg


Ons ry waar ons die Rooiwalpad T en draai links en dan eerste weer regs en ry in die berge in.
Wêreld het reen gehad en hy is dankbaar.
Plekplek ploe die manne die laaste hawertjies nog in.

IMG_1185_zps8cb68b94.jpg


Hierdie foto het ek al vantevore geneem maar in Augustus. Dan begin die wêreld weer ontdooi na die winterkoue.

IMG_1187_zps73fb5326.jpg


Ek dink hulle het die pad reguit genoeg gekry. Hy loop tot by n T aansluiting in die R355.

IMG_1188_zpsd680fbbf.jpg


n Vinnige petrolgooi in Calvinia en ons klim op die pad Loeriesfontein toe. Weer petrol vir my klein tenkie en ek
besluit om gou te gaan kyk of Hingsding al weg is indien wel.
Hingsding se seuntjie skree toe erger as 2strokeDan toe die oom met die BMW kleintyd oor sy voet gery het omdat sy
"pa"(KR) hom dan nou nie wil aandag gee nie :imaposer: Hy't nie n saak met my nie want my baadjie is nie die regte kleur.
Ons maak ons haastig uit die voete voor ons nog trane veroorsaak!! Ek hou van Loeriesfontein..............die strate
het middelmannetjies. ;)
My ou vriend in die wêreld die oostewind begin ons druk op die regterskouer en kortkort druk hy jou op die
middelmannetjie.  :biggrin:Ek gaan wys KR Kliprand en hou maar in die hoofstraat indien ons verdwaal en nie weer
ons pad uitkry nie!!! :imaposer:

Die rante naby Kliprand.

IMG_1189_zps4d1e1fb3.jpg


Die heel middag sit en dink ek oor waar ons vannaand gaan slaap en n paar idees kom op.
Doornkraal as die riviertjie water inhet, Karas as daar mens is wat ons kan toestemming vra, Leliefontein of
by antie Alta in Bowesdorp as ons dit maak voor donker.

Hierdie wêreld roep jou altyd terug as jy eenmaal sy stof op jou skoene gehad het. Dit begin nie warm raak nie
dit is al klaar en die jong lidmaat maak hekke oop laat dit bars!!! :eek7:

IMG_1191_zpsaf0870b5.jpg


Hier was amper n dorp op n tyd met al die murasies.

IMG_1192_zps9e8740b9.jpg


Die eerste granietkoppe begin hul verskyning maak. Die bosse vertoon groen van die eerste reentjie.
n Maat van my sê die bosse lyk glo altyd so maar na die reen lyk hulle groener want die stof het afgespoel!!! :imaposer:

IMG_1193_zpsdc0e07f2.jpg


Ons rus n bietjie in die skuduwee onder n boom en drink louwarm water. Dis erg warm vir amper Meimaand.
KR se bike se computer sê 39 grade. :eek7: Dankie tog ek het my airflowbaadjie aan. :dousing:

IMG_1194_zps81c8e7bb.jpg


By Doornkraal is die riviertjie droog en ons bedel water by tant Bets se huis.
Hier maak ek n slag n hek oop. ;)

IMG_1195_zpsfbe2a9aa.jpg


Ons ry Langkloof binne. Dit is geen geheim dat ek baie van die paadjie hou. :thumleft:

IMG_1196_zps89526c52.jpg


IMG_1197_zps0d0a09fd.jpg


IMG_1198_zps25f8d8f5.jpg


My gedagte was nog steeds dat ons by Karas sal slaapplek vra want dit raak al laat maar in die middel van
die Langkloof is daar n aftrekplek waar hulle vantevore gruis skep het om die pad reg te maak en dis net
daar waar ek aftrek en besluit dis half vyf en dis genoeg vir een dag.
n Trop bojane was nie juis mal oor ons teenwoordigheid  en tot sonsonder het die ou brandwag kortkort
sy stem laat hoor.
Dit was n lekker aand met lekker geselskap. Miskien was dit net n vuurtjie wat gekort het om dit perfek te maak
maar ons wou nie so langs die pad takke afbreek om hout te kry.
Elkeen het kos gemaak en ek sien toe die KR man kook sommer behoorlik met twee blikke en n pakkie sop
in die pot!!! :eek7:
Ek was skoon skaam vir my gebruiklike blikkie Chicken Breyani ,maar ek was darem die ou met die poeding!!! ;)
Twee boksies Ultramel vla!!! :thumleft:

IMG_1201_zpsca85f37f.jpg


Hoop ek kry môre weer kans om iets by te las.


 
Thanks for your latest addition to the RR :thumleft: :thumleft: :thumleft:
 
Die eerste ding wat ons vroegoggend hoor is die ou brandwag se geblaf en dit het nie na goeiemôre
geklink nie maar eerder na EFOF!!!! :eek7:

Die son vat maar sy tyd om in die kloof te kom.

IMG_1203_zps8174244a.jpg


Ons doen die brêkfisding en pak op. Dis doodstil in die kloof en lyk asof dit n lekker dag gaan wees.
Min weet ons watse sleg en mooi paaie lê nog voor.

IMG_1205_zpsccab5022.jpg


Ai dis jammer die opwenkarretjies het ook die kloof ontdek. Vra die oom  n kwatryer na hy so n klomp draaie gemaak het
" nou hoe ver kan jy nou ry as jy hom so opgewen het"? :imaposer:

IMG_1204_zpse4853445.jpg


Ons begin klim en maak weer hekke oop.

IMG_1206_zpsaf638ad1.jpg


Ek weet die hele Karas behoort aan die Schreuder familie. Die manne is nog besig om te ploeg. Ek
stop langs een van die boere wat besig is om aan sy trekker te werk en steek my poot uit en sê
sommer "jy is seker n Schreuder"? Nee sê hy Van Wyk maar hy het n Schreuder getrou!!! :imaposer:
Ons gesels oor die lekker reen en dat hulle volgende week na hul warmer plase trek en kom weer terug
in Oktober. Goeie mense en altyd lus vir gesels.

IMG_1207_zps0ab3de40.jpg


Mens kan sien dis natter hier as in die res van Namakwaland.

IMG_1208_zpsb6771ff3.jpg


Die pad maak bietjie oop en die hekke minder of staan oop en ons maak bietjie die kele oop.

IMG_1209_zps93b71a5b.jpg


Ons draai in die Kammiesberge in en ek gaan wys KR Leliefontein se sendingkerkie waar als begin het.
Vir die eerste keer vandat ek die pad ry kan ek die see sien vandag vanwaar ons staan.
Ons moet min of meer in lyn wees met Hondeklipbaai.

IMG_1210_zps23955686.jpg


Ons gaan gooi petrol in in Kammieskroon en lui n slag huistoe om te hoor of als OK is.
Vat die pad terug deur die Kammiesbergpas en draai noord net na hom.

IMG_1212_zps3053096c.jpg


Die pad is so oud ek ken nie eens die padtekens nie. Lyk of dit n mouterhek beduie want treinspoor kan dit nie
wees nie want die loop dood in Bitterfontein en dis ver hiervandaan.

IMG_1214_zps197f1ac3.jpg


Die padjie raak al hoe lekkerder en hy is verseker in n slegter toestand vandat ek hom laas gery het.
Net die hekke bly lastig.

IMG_1217_zps1eecee88.jpg


Die surferdude en sy kombi het in sy moer in verdwaal!!!!! :imaposer: Die see is ver hiervandaan.

IMG_1218_zpsbabcc910.jpg


Hel ek laaik die wêreld!!! :thumleft: :drif:

IMG_1219_zps5bff9148.jpg


IMG_1221_zpsc6387f1a.jpg


Dis lekker om saam met iemand te ry en jy kan sien die man geniet die omgewing en die ryery. :thumleft:

IMG_1220_zps6f349c32.jpg


Die laaste 30 kms Springbok toe was sommer hondsleg vir n publieke pad. Hier moes harde water geval het.
Dwarslote en gate en sandwalle was aan die orde van die dag. Seker nodig om ons voor te berei vir
Springbok se verkeer :eek7:

Ek haat dit om in Springbok te ry. Elke keer as ek daar is is dit of Allpay of einde van die maand. Almal se karre
se gram's is full volume en die drywer's se kêps verkeerdom op hul koppe en hulle probeer almal
"bragry"  terwyl hulle rondjaag. :biggrin:

Ons gaan eet ietsie by oom Jopie Kotze se Springbok restuarant en hy is sy sprankelende self. Ek lieg!!! Ek het
daai oom nog nooit sien smile en ek was al baie daar. Hy moet egter n sin vir humor hê want hy kry sy dag om
deur ou Tolla dvd's te kyk. Sommige is so oud hulle is al wit en swart!!!! :imaposer: Die kos altyd egter uit die boeke. :drif:

Ons besluit ons het genoeg tyd om vanaf Eksteensfontein se rigting na Vioolsdrift te ry. n Roete wat ek al lankal eye.
Kry vleis vir die aand en aand by Ais Ais. Ek kon nie vinnig genoeg uit Springbok met al sy bedelaars en dronk mense padgee :eek7:

By Steinkopf draai ons af Port Nolloth se rigting en sit bietjie ons knieë neer deur die draaie deur Anenous pas. ;) Kon
sien die KR man het balsitters (superbikes) gery vroeër dae ;)

Gawe pad Eksteensfontein toe. Dit raak warmer. Ons is op die rand van die hel en ek weet Vioolsdrift is die middelpunt
want ek was al n slag of wat daar terwyl dit 52 grade was!!!! :eek7:

IMG_1222_zpsc946239a.jpg


Twee weke voor die trip lui ek vir Weskus en ek vra hom hoe is die pad. "ou Chris sê hy jy sal dit maklik kan doen"
Ek is rustiger, maar ek het een groot les geleer. Moenie vir Weskus of sy sidekick oompie Legedema vra hoe moeilik
of maklik n pad is. Vir hulle is als maklik!!!!!!! :eek7: :deal: Duidelik dink die mannetjie ook ek ry beter as wat ek doen.
Dankie Dewald ek is bly ek het daai roete gedoen. Sal dit weer doen maar dan laai ek my kit af. :deal:

IMG_1225_zps40d8929c.jpg


En toe draai ons af by n verroeste bordjiie wat sê Vioolsdrift. Ons het nie gevoel om na Eksteensfontein te ry
aangesien ons gehoor het al die Louw's en Viljoen's is jare gelede al daar weggejaag oor te veel drink en luigeit!!! :imaposer:
KR maak n liter louwarm water aan met n pakkie Game en ons suip dit net daar uit. Ons vat pad en hy is heel gaaf.............
aan die begin.

IMG_1226_zps91aaa7b3.jpg


En toe begin die sports. Draai draai en klippe en toe so n kilo plus stuk in n rivierbedding af. Ek het maar net in
n 4 x 4 se spoor gebly in 2 de rat teen 5500 rpm en elke keer as die fiets sy kop skud gee ek nog. Gelukkig was
dit reguit. Aan die einde stop ek en wag dat my hart afsak na sy gewone plek want hy klop soos n goutre in my
keel!!! :biggrin: Ek hoor nie vir KR. Ek wag en net toe ek besluit om toon te stoot terug in sy rigting hoor ek hom
aankom.

Hy het bietjie plantpatologie studie gedoen langs die pad sien ek toe n tak van n bos by linkercrashbar uitsteek!!! :imaposer:
Ek vra van waar die opgetel? Heel aan die begin van die losstuk swenk die tenker na links binnein n bos. Hy bly bo
maar diep genoeg in die bos in om n sample saam te bring. Ons het nog krag gehad om lekker te lag hieroor. :thumleft:

IMG_1227_zpsfc068dec.jpg


Ons ry Helsepas oor en sak af anderkant en die klowe begin sulke kinkels en draaie maak en elke keer as jy sak en
jou voorwiel gaan oor die klipbanke skraap die centrestand. Op n regsdraai lê n klomp los gruis en ek vat die buitebaan
en halfpad sien ek ek gaan dit nie maak nie en draai toe sommer veldin om weer n ent verder by die pad aan te sluit. :biggrin:

Ek stop by die klipstapels en ek is moeg gespook die stuk deur die veld en dis warm :dousing: Ek hoor nie vir KR.
OK hy pie seker of neem n foto of is besig om n transportakte in te vul vir n stukkie Noord Kaap grond. :eek7: My krag vir
terugloop is nie daar nie en gelukkig hoor ek die GSA start. Hy stop en ek sien die stofkol op sy regterskouer.
OK so hy was besig met n transportakte!!!! ;) Dieselfde draai waar ek veldin is het hy die binnebaan gevat en die tenker
gaan lê sommer in die spoor. Albei is OK. Ons maak albei ons bydrae op die klipstapels.

IMG_1233_zpsf1e6f38f.jpg


Kyk as jy alleen hier val en breek n been kom pik die kraaie jou oë uit of dis wat my vrou my altyd vertel
oor alleen ry :deal:

IMG_1232_zps4a1e0d69.jpg


Dit lyk of n klomp geoloë besig is met klipteling hier!!

IMG_1231_zpsdccda9d2.jpg


Ons gaan vir die laaste keer deur n droë driffie en skielik is ons op n gawe grondpad!!!!!! Fiddlers Creek is nie te ver
en n koue koeldrank het lanklaas so lekker gesmaak!!!! :drif:

IMG_1234_zpse6860e62.jpg


Die maan kom kuier.

IMG_1237_zpsf5fc6b49.jpg


Ons tan n vleisie en herleef die dag en die trip tot sover. :thumleft:

IMG_1240_zps77fe0bec.jpg


Ons het natuurlik gaste!!!!! Hy klim makliker op die tafel as wat ek in my oor krap!!!!! :eek7:
Heelaand daar gelê en wag vir bene en toe ek later tent toe loop stap hy vooruit asof dit n uitgemaakte saak
is hy gaan by my slaap!!!!!!!!!

IMG_1242_zpsb1288a9f.jpg


IMG_1246_zps4382bee6.jpg


En sy maatjie kom lê ook toe en het die twee my vasgelê. Kon nie my gat draai nie!!!!!! :eek7:

IMG_1248_zps1131f60a.jpg


Was n gawe dag en fisies moeilik vir my maar gelukkig was my mojo by my heeldag anders het ek my gat
afgeval 10 x 10 maal. Kanse daarvoor was daar oorgenoeg!!!! :biggrin:
 
      Chris ,as ek nou eendag groot is ,moet jy my ook daai plekke in Namakwaland loop wys.
 
Bokveld said:
      Chris ,as ek nou eendag groot is ,moet jy my ook daai plekke in Namakwaland loop wys.
Bokveld ek sit so stuk stuk by want my rekenaar vries as ek te lank op Photokaket en WD oop is.
Dan verloor ek als en moet weer van voor af begin en dit het al twee keer gebeur. :biggrin:
Hy sê net sy"vertual memory is low" Ek het simpatie met die stuk blik want ek kan ook nie meer
ALZ onthou nie maar dis nie lekker om drie keer dieselfde ding oor te tik!!! :biggrin: :biggrin:
 
chrisL said:
Bokveld said:
      Chris ,as ek nou eendag groot is ,moet jy my ook daai plekke in Namakwaland loop wys.
Bokveld ek sit so stuk stuk by want my rekenaar vries as ek te lank op Photokaket en WD oop is.
Dan verloor ek als en moet weer van voor af begin en dit het al twee keer gebeur. :biggrin:
Hy sê net sy"vertual memory is low" Ek het simpatie met die stuk blik want ek kan ook nie meer
ALZ onthou nie maar dis nie lekker om drie keer dieselfde ding oor te tik!!! :biggrin: :biggrin:
Jong Chris myne neuk ook so........dan gaan ek waenhuis toe en gaan haal net die botteltjie "antievries." druk die eject knoppie en skink so paar (twee) proppies in die gleufie....... nie te veel nie, want die "blikke" is nie juis baie dig nie. Ek het agtergekom as ek meer as 2 proppies ingooi dan loop dit onder uit.......dit het nog nie juis die probleem opgelos nie, maar ek vermoed die masjientjies ontdooi maar stadig as hy eers loop state vries het.....laat my nou terug verlang na ons minus forty wat ons oppie plaas gehad het.......pappa het hy nou 'n ding kon diep vries.  :patch:

PS
Ek lees nog lekker saam........laat loop met die res. :thumleft:
Ek wag nog steeds om te hoor wat daai storie is wat so erg was dat die oom nie kon praat daaroor nie. ;)
 
Pietcoke said:
chrisL said:
Bokveld said:
      Chris ,as ek nou eendag groot is ,moet jy my ook daai plekke in Namakwaland loop wys.
Bokveld ek sit so stuk stuk by want my rekenaar vries as ek te lank op Photokaket en WD oop is.
Dan verloor ek als en moet weer van voor af begin en dit het al twee keer gebeur. :biggrin:
Hy sê net sy"vertual memory is low" Ek het simpatie met die stuk blik want ek kan ook nie meer
ALZ onthou nie maar dis nie lekker om drie keer dieselfde ding oor te tik!!! :biggrin: :biggrin:
Jong Chris myne neuk ook so........dan gaan ek waenhuis toe en gaan haal net die botteltjie "antievries." druk die eject knoppie en skink so paar (twee) proppies in die gleufie....... nie te veel nie, want die "blikke" is nie juis baie dig nie. Ek het agtergekom as ek meer as 2 proppies ingooi dan loop dit onder uit.......dit het nog nie juis die probleem opgelos nie, maar ek vermoed die masjientjies ontdooi maar stadig as hy eers loop state vries het.....laat my nou terug verlang na ons minus forty wat ons oppie plaas gehad het.......pappa het hy nou 'n ding kon diep vries.  :patch:

PS
Ek lees nog lekker saam........laat loop met die res. :thumleft:
Ek wag nog steeds om te hoor wat daai storie is wat so erg was dat die oom nie kon praat daaroor nie. ;)
Toema ek en KR is ook nog in die duister oor die oom se vermoede.
Vra ek vriend Piet oor die foon noudie aand sê hy kan nie dit oor die foon sê nie die mense sal hoor en hy het nie
eens n partylyn!!!!! :imaposer:
 
chrisL said:
Pietcoke said:
chrisL said:
Bokveld said:
      Chris ,as ek nou eendag groot is ,moet jy my ook daai plekke in Namakwaland loop wys.
Bokveld ek sit so stuk stuk by want my rekenaar vries as ek te lank op Photokaket en WD oop is.
Dan verloor ek als en moet weer van voor af begin en dit het al twee keer gebeur. :biggrin:
Hy sê net sy"vertual memory is low" Ek het simpatie met die stuk blik want ek kan ook nie meer
ALZ onthou nie maar dis nie lekker om drie keer dieselfde ding oor te tik!!! :biggrin: :biggrin:
Jong Chris myne neuk ook so........dan gaan ek waenhuis toe en gaan haal net die botteltjie "antievries." druk die eject knoppie en skink so paar (twee) proppies in die gleufie....... nie te veel nie, want die "blikke" is nie juis baie dig nie. Ek het agtergekom as ek meer as 2 proppies ingooi dan loop dit onder uit.......dit het nog nie juis die probleem opgelos nie, maar ek vermoed die masjientjies ontdooi maar stadig as hy eers loop state vries het.....laat my nou terug verlang na ons minus forty wat ons oppie plaas gehad het.......pappa het hy nou 'n ding kon diep vries.  :patch:

PS
Ek lees nog lekker saam........laat loop met die res. :thumleft:
Ek wag nog steeds om te hoor wat daai storie is wat so erg was dat die oom nie kon praat daaroor nie. ;)
Toema ek en KR is ook nog in die duister oor die oom se vermoede.
Vra ek vriend Piet oor die foon noudie aand sê hy kan nie dit oor die foon sê nie die mense sal hoor en hy het nie
eens n partylyn!!!!! :imaposer:
Dit klink erg......... :imaposer:
 
Chris ek kan daai virtual memory probleem van jou kom regmaak as ek weer daar verbykom. Ek kan. ALZ daarvan onthou :)
 
My wereld. Snaaks hoe jy nie jou eie werld waardeer nie tot iemand anders wys hoe mooi dit is. Nice
 
Ek stem saam met Bokveld  :deal:

Kan nie wag vir die res nie.
 
Saterdag oggend staan ons rustig op en ry na die grenspos. Ons het nie ver om te ry vir die dag. Vinnig
gaan ons deur die twee grensposte maar aan die Nam kant is daar n boom oor die pad en die knaap wat
daar is sit sy sit en ek wag. Traag soos in baie traag besluit hy om my "roadtax" papiertjie en lisensie
te kom bekyk. Mens kan sommer sien hy het n "ek is lus om jou dag te bederf" houding :biggrin: Hy vra KR se lisensie
en ek hoor iets van "expired" en my hart skip n beat!!! Ai **** KR hoe gaan ons hier uitkom!!! :eek7: Rustig
verduidelik KR vir hom dis net sy vragmotor gedeelte se PdP wat verval het en nie vir die motorfiets. Hy dink
n rukkie oor die saak en maak n verstelling met n dik vinger in n neusgat en sê "OK go"!!!! Ai ek laaik nie
van grensposte!! :biggrin:

Ons vat die pad Aussenkehr toe en drink iets daar. Kry vir Kamanya en sy speelgroepie!!  ;) Vroegmiddag is ons op
Ais Ais. Lekker om die ander bekendes en onbekendes te ontmoet. Ek het min foto's daar geneem.

IMG_1257_zpsf201728b.jpg


Lekker gekuier die aand en Sondag oggend begin ons Nam trip eintlik.
Lyk asof KR die knoppie soek wat die tent vanself laat afslaan!!! :thumleft:

IMG_1259_zps4febe49a.jpg


Ons vat die pad Grunau se rigting en die pad ry soos n teerpad wat stof maak. :thumleft:
[/img]

IMG_1262_zps0c2d3d2a.jpg


Ons draai linksaf en is nog eintlik besig om die vaak uit ons oë te kry toe slaat ons die eerste van n klomp
sanddriffies!!! :eek7: Die wat jy reguit met spoed kan deurskiet is OK maar ek kan onthou daar was twee
wat op n draai was en die twee het amper briekmerke gelos as ek n onderbroek aangehad het!!! :imaposer:

IMG_1263_zps9b31dbd9.jpg


Lanklaas n versamelnes gesien.

IMG_1264_zpsc40cb07f.jpg


Elke keer wat ons stop lyk die KR lidmaat se gesig soos n hospitaal se wasgoedlyn op n Maandag oggend soos
hy smile. Net n ry tanne!!! Hy is mal oor die landskap en dat hy dit kan sien vanaf sy bike. :thumleft: Ek is bly
die gogga het jou gebyt KR :thumleft: :deal:
Die pragtigste berge in die omgewing en die laat reentjies het darem n paar groen grashalms gegee.

IMG_1267_zps1392fdd7.jpg


Die paaie is eindeloos en ek het hierdie pad so baie geniet ons het hom amper weer oppad terug gery.

IMG_1269_zps51fac83f.jpg


As hierdie jou nie roep nie moet jy nie n stofskoeter hê nie :deal:

IMG_1270_zpsb5acab6e.jpg


IMG_1272_zpsd93ed4bf.jpg


IMG_1274_zpse1409ea2.jpg


:drif: :drif: :drif: :drif:

IMG_1276_zps9878bfc8.jpg


Dis Sondag en ons sien op die hele ent pad nie n mens roer nie.

IMG_1277_zpsd4b5cf13.jpg


Op Keetmanshoop terwyl ons ietsie eet vra KR "nou hoe nou verder"? Ek sê wat van skuinsdeur Helmeringhuizen
toe? Helfte het ek al gery en die res is ek erg nuuskierig oor. Dan maak ons so word ek beveel!! :thumleft:

Die manne sê hulle wag nog vir daai Stofdonkie ou om hier verby te kom ;)

IMG_1280_zps115aaea0.jpg


Die eerste stuk pad tot by die Visrivier is mooi en ons maak tyd op. Daar is geen drade en die plaashuise is
verwaarloos. Daar bly mense in die huise maar hulle kyk glad nie na die geboue en daar is mooi ou huise wat
vroeër jare pragstukke moes gewees het.

IMG_1282_zps7136bea8.jpg


n Groenigheid in n rivierbedding.

IMG_1286_zpsb505231e.jpg


En toe begin die diep valleie en plato's tot in Helmeringhauzen.

IMG_1287_zpsff35d20b.jpg


Die een sanddriffie na die ander volg en die hitte help ook nie. Stop is nie n opsie want dan is dit nog warmer.

IMG_1289_zps153f4ac4.jpg


En dit raak klipperig ook. Sulke skerp klippe en mens dink kort kort aan n "sidewall cut" :eek7:

IMG_1291_zps2c729043.jpg


Hier het my gat begin lam raak of liewer my been en ek vra KR hoe ver sê "Liesbet"(my naam vir alle Gps'e) is
Helmering? Die antwoord was nie te ver nie en ek kry nuwe moed. :thumleft:

IMG_1294_zps7b68e09c.jpg


Ons water was te min om te kamp langs die pad anders het ek net hier gekamp so mooi was die uitsig :thumleft:
Ek het my fiets afgeskakel en net vir n paar minute gesit en als probeer inneem.

IMG_1297_zpsaa9e0bbc.jpg


IMG_1298_zps92ab6ee8.jpg


Ons klim so 20 km voor Helmering op die C14. Highway tot in Helmering :thumleft: Ons stop voor die hotel
en daar is geen twyfel hier kamp ons vannaand!! :deal: Ek loop swaar want ek is moeg en reg voor die deur is
so n simpel trappie en ek struikel. KR steek vinnig sy linkerhand uit en ek gryp..................................en so
loop ons toe hand aan hand die Helmeringhauzen hotel binne!!!!!!!! :imaposer: :imaposer:

Nie n algemene gesig in die geweste en het seker n wenkbrou of twee gelig en dis geen wonder hulle wou
eers nie vir ons blyplek gee nie!!!! :eek7: :imaposer:

Kry toe darem later plek na ons lekker met die eienaar aan die gesels raak en ek n mens of twee ken wie hy ook
ken.
Ons kuier lekker in die rustige dorpie.

IMG_1299_zpse60209ca.jpg


IMG_1300_zpse8a89cbf.jpg
 
chrisL said:
Ons stop voor die hotel en daar is geen twyfel hier kamp ons vannaand!! :deal: Ek loop swaar want ek is moeg en reg voor die deur is
so n simpel trappie en ek struikel. KR steek vinnig sy linkerhand uit en ek gryp..................................en so loop ons toe hand aan hand die Helmeringhauzen hotel binne!!!!!!!! :imaposer: :imaposer:


Praat van gee jou arm dan gryp jy die hele hand... (gryp mos my hand en vra toe ewe verbaas "Wat maak jy dan nou?") 
 
Bliksem ................... dis mooi paaie daai..................... :drif:
 
Ons hou kajuitraad rondom die vuur die aand oor waarheen ry ons die volgende dag. Die besluit is geneem
dat ons die C14 gryp en ry tot in Solitaire en dan weer n besluit maak. Ons begin al die dae tel wat ons oor het :eek7:
Nie een van ons wil twee volle dae op teer sit om by die huis te kom dus moet ons n plan hê en op die regte
plek omdraai.

Helmeringhauzen was lekker en die volgende oggend is ons vroeg op. Dis Maandag en tot sover nie blou. ;)

IMG_1302_zpsd3c14a29.jpg


Die manne sê ons doen dit helemal verkeerd :imaposer:

IMG_1304_zpsae2e6bbb.jpg


Spitstyd op Helmeringhauzen is gou verby!! ;)

IMG_1306_zps4e98fbeb.jpg


Ons vat die C14 en van die hele ent tot in Solitaire was dit net die 20 kms voor Maltahohe wat nie goed was nie.
Die res het ek eenhand sit en ry en teruggelê teen my drybag. (Enduristan ene natuurlik) ;)

IMG_1307_zps97446be5.jpg


Gesnap in Maltahohe. Die eienaar sê dit hang af wattter dag van die week dit is maar soms is dit
die drywer wat so dors is en ander kere die kar!! :imaposer:

IMG_1309_zpscd494f92.jpg


Eindeloos pragtig!! :thumleft:

IMG_1310_zps4066d538.jpg


Kry n klomp bekendes wat ook die aand saam met ons in Ais Ais was.(nie WD's)

IMG_1311_zpscaefed6f.jpg


Die berge naby Bullsport.

IMG_1313_zps2517d1b7.jpg


Lyk asof warm lava daar uitgeloop het miljoene jare gelede.

IMG_1316_zpsee4651fe.jpg


Die kloof voor dit oopmaak voor Solitaire bly altyd mooi.

IMG_1317_zpsa356c5de.jpg


Die adventureriding besigheid maak mens honger. :drif: Is al wat ons kon bekostig op Solitaire. By die betaalslag
lyk die rekening bietjie styf maar ons betaal en loop. Buite gekom haal my Sub A wiskunde my in en iets is net nie reg nie.
Gaan terug en kla. Die tilslaner weet binne sekondes hoeveel kleingeld ons moet kry want sy het natuurlik al klaar
in haar boekie ingeskryf hoeveel sy vannaand uit die til moet haal!!!! :biggrin:
Watch julle kleingeld in daai bakery :deal:

IMG_1318_zpsc3f50344.jpg


So tydens die etery praat ons roete. My idee was om Gamsbergpas te doen en iewers te kamp. Die volgende dag
Spreedtshoogte af te kom en weer petrol te gooi in Solitaire en dan Remhoogte op te gaan en dan oos te draai.
KR sê hy is bang die tyd vang ons. Kom ons doen net Spreedtshoogte en ry tot waar ons n kampplek kry. Maak
al ons waterbottels vol en vat die pad. Dit was op die ou end n goeie besluit. :thumleft:

n Mooi gesig om te sien. :thumleft:

IMG_1319_zps7edae862.jpg


Spreedtshoogte is amper helemal klaar gepave sodat die mense hom in hul rental karretjies wat in die
voorwieletjies trek ook kan ry.

IMG_1322_zpse7d9591e.jpg


IMG_1324_zps1f1bc0a1.jpg


Vier uur stop ons daar en trek baadjies uit en staar oor die vlaktes onder ons. Daar waai n koel briesie
en so om en by half vyf sê ek vir KR ek dink nie ons ry verder vandag nie!! Hy het heel in sy noppies gelyk :thumleft:
Wat volg was seker die lekkerste aand wat ek ooit langs die pad gekamp het met die mooiste sonsondergang.
Skemeraand kom die Ingelsman Duncan met sy baiesukkel daar aan en ons hoor van sy wedervaringe.
Die briesie van vroeêr het toe later in n wind ontaard wat gesmaak het hy waai ons van die berg af!!! :eek7:

Kom ek verveel julle met sonsondergang fotos's. ;)

IMG_1327_zps568a142e.jpg


IMG_1328_zps51f12808.jpg


IMG_1329_zps28b503ed.jpg


IMG_1330_zps846ffaa6.jpg


IMG_1333_zpsd4c90b9a.jpg


IMG_1334_zps2a441b0e.jpg


IMG_1336_zpsed34ccf9.jpg


IMG_1337_zpsc6a793a5.jpg


Drie uur die volgende oggend loer ek by my tent uit om te kyk of my fiets nog regop staan so
erg waai die wind!!! :eek7:
 
Chris, as ek mag hijack en inchip... :peepwall:

Ek moet bieg dat ek op hierdie trip gevind het dat "less is more" wat toerusting betref, en my (meestal) bergklim toerusting was tot 'n mate te oorgekompliseerd.  Dis gemaak vir sneeu omstandighede in hoë berglug en daar is plekke waar niks anders sal werk nie - maar dis nie op 'n biketrip in Suidwes nie. 

My MSR Whisperlite wat 3000 soorte brandstof kan gebruik en my high altitude tent met sy netwerk van tentpenne het my telkemale op my neus laat kyk.  Chris se (basiese) tent staan al lankal kiertsregop in die wind en sy kos prut geurig op sy gasstofie terwyl ek nog sukkel om die MSR se opstart vlamme onder beheer te kry. 

Van treurigheid vir tentopslaan besluit ek die aand by Vioolsdrif dis "te warm" om in 'n tent te slaap.  Die enigste ding wat ek daardie nag bewys het is dat Tabbard nie in die geringste mate hoegenaamd enige vorm van steektraagheid by muskiete wek nie.  My gevreet was later grasgroen besmeer van die Tabbard, maar skynbaar het dit die muskiettrop net meer ontstel en aangehits tot verdere aksie.

Op Spreetshoogtepas probeer ek toe ewe vir baaisiekel-trapman Duncan wys hoe jy nou eintlik moet maak om die Whisperlite te laat prut (hy't ook een gehad).  Chris was seker maar te ordentlik om iets te sê! 

Nodeloos om te sê is die gasstofie toe intussen gekoop en as ek weer George toe gaan sal ek gaan kyk of daar nog 'n Game in die Mall is... ;D

Hijack off - Chris jy kan maar ooploop. :thumleft:
 
'steektraagheid ' by muskiete

Haha kostelik :D
 
Top