Clanwilliam Wegbreek

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Flatout

Race Dog
Joined
Oct 24, 2010
Messages
1,236
Reaction score
0
Location
Cape Town
Bike
Honda TransAlp XL700V
Dis langnaweek maar ek het so baie agterstallige werk om in te haal dat my dae tot oorlopens toe vol beplan is. Skielik lui die telefoon, dis Braam my jongste broer en hy wil gaan ry! Ek verval onmiddellik in ’n selfbejammerings-spasma oor al my ellende wat vir my wag en besluit net daar en dan dat die enigste terapie sal wees om hom te vergesel. Jason hoor dit en aartjie na sy vaartjie besluit op die ingewing van die oomblik om met die kar saam te ry tot waar hy kan, die sv650 se “handles” sit nou net ’n bietjie te laag. En hier gaan ons, hoop julle geniet hierdie impulsiewe rit net so veel soos ons.

Die Swartland is groen maar sieldodend op ’n Motorfiets en ons breek so nou en dan die klankgrens. Moes darem stop vir die perde.

P1110301.jpg


Net na Citrusdal draai ons op die Paleisheuwel pad af. Hier kry ons toe ook die mooiste blomme van die naweek. Neem ’n paar foto’s en drink net die heerlikheid van die prag om ons in.

P1110047.jpg


ClanwilliamBlomme2011001.jpg


ClanwilliamBlomme2011002.jpg


ClanwilliamBlomme2011003.jpg


ClanwilliamBlomme2011005.jpg


ClanwilliamBlomme2011006.jpg


ClanwilliamBlomme2011007.jpg


ClanwilliamBlomme2011008.jpg


In die vêrte troon Sneeuberg se skerp piek bo die ander berge uit. Dis die hoogste piek in die Sederberg reeks en kan sonder toue uitgeklim word as jy die hoogtevrees aanvalle kan oorkom. Op ’n mooi dag sien jy Tafelberg in die Kaap van daar bo.

P1110271.jpg


Net voordat ons weer by die teerpad aansluit ry ons deur ’n diep klofie met plantegroei wat mens nie hier verwag nie en ’n plaas wat altyd so lekker lyk vanaf die N7.

DSCN0420.jpg


DSCN0421.jpg


ClanwilliamBlomme2011012.jpg


By Clanwilliam aangekom moet ons tot ons ontsteltenis verneem dat die Hotel toe is . Wat nou? Vir ’n krisis oomblik verander ons sielkundig in straatkinders wat vreeslik verlore voel. Ry sommer na Marius se Pub en Grill toe en raak aan die drink. Kort voor lank en ons hoor van Vreeslike Vriendelike gasvrou, Ilse, by die Longhouse Guesthouse. Bel gou, kry plek, en daar gaan ons sommer weer vol selfvertroue.

ClanwilliamBlomme2011017.jpg


Aan die einde van die hoofstraat vurk die pad met die ou tronk reg in die middel. Wonder hoeveel jaagduiwels is al hier reguit tronk toe.

P1110148.jpg


Wat ’n lekker plek om oor te bly. Hier “polish” ons Braam se noodrantsoen vir die koue sommer so lag-lag op.

DSCN0425.jpg


Sy’t  tot ’n Hut vir ouens op ’n “ low budget”

P1110116.jpg


Die volgende oggend , na ’n ontbyt wat skrik vir niks, ry ons Pakhuispas oor. Eers is dit Leipoldt se graf en toe die uitsig af aan die noorde kant van die berg. Die rotsformasies is werklik iets besonders hier.

P1110163.jpg


ClanwilliamBlomme2011025.jpg


Hier lyk ek soos Hitler as ek vir Jason en Hanien in die verby ry waai.

P1110176.jpg


Ons stop vir die soveelste keer by Engelsman se graf en kan nie help om daaraan te dink dat sy dood so ver van die huis af, ook seker net so sinneloos was, soos baie van my tydgenote sin tydens die grensoorlog.

P1110177.jpg


Die foto is in die rigting van die Doring rivier geneem, met die Hantams berge op die horison.

ClanwilliamBlomme2011027.jpg


Toe die Wuppertal pad te sleg raak vir die kar besluit Jason om om te draai. Daar word gegroet en nog foto’s geneem. Met die wegry waai ek nog vir oulaas totsiens maar dit lyk meer asof Braam voor my ingery het en ek ’n nood voeler aan die uitsteek is.

P1110201.jpg


P1110209.jpg


ClanwilliamBlomme2011031.jpg


Hier lê Wuppertal nou reg voor ons met die skrikwekkende paadjie aan die ander kant duidelik sigbaar teen die berg uit. Behalwe vir die sement stukke het die res van die paadjie nou regtig verval in klip slote.

ClanwilliamBlomme2011040.jpg


Onder by die rivier wat lekker sterk loop na die reën van twee dae gelede. In my jong dae het ek en Braam hier, na ’n moordende tog van 70km sonder water, op bergfietse aangekom. Ons het van paniekerigheid so baie water gedrink dat ons amper daarin verdrink het.

DSCN0442.jpg


Twee kilometer later is ons bo en sopnat gesweet van die geswoeg oor die klippe en steiltes. Ons stop tussen die rotse om eers af te koel.

ClanwilliamBlomme2011047.jpg


ClanwilliamBlomme2011048.jpg


Braam is ’n baie ervare ryer en kry dit reg om in moeilike situasies nog om te kyk wat ek maak maar vandag is die Transalp op sy stukke en ons kom by Eselbank se waterval sonder voorval aan. Hierdie is ’n asemrowende plek en beslis ’n besoek werd. Die meeste mense ry gewoonlik verby en besef nie wat hulle mis nie.

ClanwilliamBlomme2011049.jpg


ClanwilliamBlomme2011050.jpg


ClanwilliamBlomme2011052.jpg


ClanwilliamBlomme2011053.jpg


ClanwilliamBlomme2011055.jpg


Na Wuppertal ry ek voor en soos gewoonlik ontaard dit in ’n resies. Dit gaan vir ’n paar kilometer goed en die beskerm engele moet oortyd werk om ons op die pad te hou. Ek is net besig om lekker dwars uit ’n draai te spin toe ek skielik die verspoelde stuk pad voor my sien op doem. Dinge gebeur skielik in stadige pas. Ek het tonnel visie en my by-niere skei adrenalien af dat ek lam raak in die rug. Ek staan nie baie nie maar nou’s ek regop en die fiets aan die spring. Dis die kant toe en daai kant toe en op ’n stadium ry ek vir ’n ruk net op my voorwiel. Net toe ek dink dis nou tyd om “moer tóé ” te skree staan ek stil en Braam jaag met ’n smile verby. Sy genoegdoening was egter van korte duur. Nie lank na my manewales stop ons by ’n stroompie wat ’n diep suspisieuse dam van so omtrent twintig meter maak. Ek stel voor dat hy eerste moet probeer aangesien hy darem die jongste en waaghalsigste is. Soos gewoonlik aarsel hy nie eens nie en trek sommer weg. Dis toe hy wegsak in die sagte sand voor die water dat hy styf ruk op die fiets. Vir ’n ou wat nooit op die grond trap nie trap hy sy twee bootse weg onder die water en modder. Net toe hy dink hy’s nou in die water en die bodem nou heelwat harder, verdwyn hy en die fiets skielik in ’n diep gat. Dit lyk soos ’n duikboot wat in die moeilikheid is en ek skrik en lag deur mekaar. Hy byt vas en haal die ander kant heel verwese. Dit was so snaaks ek sukkel nou nog om die grin van my gesig af te kry. Na die petalje pas ons die spoed aan by ons ouderdomme en ry rustig voort, dankbaar dat ons nog lewe. Ons stop by die vygiebosse wat pers in die blom staan.

ClanwilliamBlomme2011059.jpg


P1110204.jpg


By die Oasis aangekom drink ons ’n paar vinnige biere, gesels met almal, en vat weer die pad.

ClanwilliamBlomme2011061.jpg


By hierdie riviertjie neem ons nog ’n laaste foto of twee en besef die lekkerte is nou na aan oor.

ClanwilliamBlomme2011063.jpg


ClanwilliamBlomme2011064.jpg


Die laaste stop is in Du Toits Kloof pas waar ons groet voordat ons die laaste stuk op die N1 aandurf.

ClanwilliamBlomme2011071.jpg


Ek is nou nog verder agter met die werk maar voel stukke beter as twee dae gelede.

 





 
Very nice RR Flatout. That sure a wonderful part of the Cape. Your photos really prove that in the best possible way.

One can NEVER get board of it. :ricky: :ricky:  Thanks for sharing it with us. :thumleft:
 
Nice trip Flatout and beautiful pics.
As Bring it On said "one can never get bored with this piece of road"
 
Dankie Flatout, lekker RR  baaaaie mooi foto's! :thumleft:
 
Nog so 'n paar los fotos
 

Attachments

  • Clanwilliam Blomme 2011 029.JPG
    Clanwilliam Blomme 2011 029.JPG
    358.6 KB
  • Clanwilliam Blomme 2011 034.JPG
    Clanwilliam Blomme 2011 034.JPG
    415 KB
  • Clanwilliam Blomme 2011 039.JPG
    Clanwilliam Blomme 2011 039.JPG
    353.2 KB
  • Clanwilliam Blomme 2011 042.JPG
    Clanwilliam Blomme 2011 042.JPG
    395.7 KB
  • Clanwilliam Blomme 2011 045.JPG
    Clanwilliam Blomme 2011 045.JPG
    471.4 KB
Dankie, bly julle het dit geniet. Die laaste fotos
 

Attachments

  • Clanwilliam Blomme 2011 054.JPG
    Clanwilliam Blomme 2011 054.JPG
    476.3 KB
  • Clanwilliam Blomme 2011 062.JPG
    Clanwilliam Blomme 2011 062.JPG
    408.8 KB
  • DSCN0445.JPG
    DSCN0445.JPG
    430.9 KB
  • DSCN0448.JPG
    DSCN0448.JPG
    358.6 KB
  • P1110208.JPG
    P1110208.JPG
    214.7 KB
Nice trip. Daai blomme lyk darem maar spiekeries.
 
Flatout - jy skryf met 'n glimlag. Lekker om te lees.  :thumleft:
 

Latest posts

Top