CRADOCK HIER KOM ONS

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Vis Arend

Bachelor Dog
Joined
Nov 14, 2010
Messages
12,296
Reaction score
2,758
Location
King William's Town
Bike
Honda CRF-250 Rally
KING WILLIAM’S TOWN / CRADOCK AREA

Ek het lanklaas ‘n RR gedoen, dit vat ‘n helse klomp tyd in beslag en is baie werk om die bedryf aanmekaar te slaan om uiteindelik by die eindproduk te kom, maar tyd had ek nou, so laat ek maar weer probeer. Die sal seker eerder ‘n foto verslag wees, daar’s hordes foto’s.

Die trippie moes al so 4/5 weke terug gebeur het maar dinge gebeur en ons moes uitstel. Laas week toe besluit ek en die vrou skielik die komende naweek sal die tyd wees vir die trip wat moes. Ons goed was eintlik reeds gepak en/of reg om gepak te word, die roete was al uitgewerk, so dit was net ‘n kwessie van om als bymekaar te bring en ons was reg vir die naweek se trip.

Dag 1

Die roete is van ons dorpie, King William’s Town (nou loop sy naam blykbaar Qonce) so paar kilos teerpad tot by Fort Beaufort, daar slaan ons heelpad grondpad deur Mpofu Natuur reservaat tot by die T-aansluiting met die Post Retief pad (regs verby ou Piet Retief se ou plaas voordat hy die pad gevat het met die Groot Trek) tot by die Post Retief se Klubhuis, daar split die pad, regs gaan jy Katberg toe, ons gaan links op ‘n pad wat ons jare terug gery het, totdat die pad weer aansluit by die R344, dis die hoof grondpad tussen Adelaide en Tarkastad. Hier draai ons regs en ry op die R344 tot by Tarkastad, ons bly op die agter grondpad vanaf Tarka tot by Cradock, sovêr ek weet het die pad nie ‘n nommer nie, maar hy loop verby Kommandodrift dam en later Lake Arthur, mooi stukkie pad waar jy die carbs so bietjie skoon kan maak. Ons het ‘n lekker kampplek geboek by Peperboom Kamp so 12km Noord Noord Oos van Cradock op die Hofmeyer pad. Ons sal hier bly vir die volgende twee aande.

Die kaart van die dag se roete, gemerk in blou.

1.jpg
 
Teerpad agter die rug, ons is nou in Mpofu Natuur Reservaat, die paaie in ons reservate is nie goed op jou voertuig nie, maar dis hoe ons hom verkies op die m/fietse. Ons het die vorige dag of wat so effe reen gehad en dit het bygedrae tot die lekker pad en min stof.

vlcsnap-00002.png

vlcsnap-00003.png

vlcsnap-00004.jpg

vlcsnap-00005.png

vlcsnap-00006.jpg

vlcsnap-00006.png

vlcsnap-00007.png
vlcsnap-00008.png

vlcsnap-00010.jpg

vlcsnap-00010.png
 
Na Post Retief se Klubhuis het ons links gedraai, die pad het ek donkie jare terug gery.
Die paadtjie wys op geen kaart wat ek het nie, ook nie op T4A nie, maar ek het so min of meer ‘n idee gehad hoe om deur hom te kom tot by die R344. Wat ek wel kon onthou van die pad, dit was baie scenic en daar was so paar klein passe gewees met lekker kronkel paadtjies.
vlcsnap-00044.png


vlcsnap-00046.png


vlcsnap-00047.png
vlcsnap-00047.png
vlcsnap-00048.png


vlcsnap-00050.png


vlcsnap-00051.png
 

Attachments

  • vlcsnap-00048.png
    vlcsnap-00048.png
    5.9 MB
Last edited:
Ons kry nog nie die R344 nie, gedink ek het dalk 'n verkeerde afdraai gevat, maar so in die ry sien ek darem die Winterberg se top so nou en dan doer in die verte, so ek glo ons sal daar uitkom.

As dit die pad is voel hy verder maar beslis nog net so mooi soos laas.

vlcsnap-00098.png


vlcsnap-00101.png
vlcsnap-00103.png
vlcsnap-00105.png
vlcsnap-00106.png
vlcsnap-00108.png
vlcsnap-00112.png
vlcsnap-00114.png
vlcsnap-00116.png
 
Ons was toe op die regte pad, toe ons bo op die berg kom toe lê die R344 voor ons, ons draai regs, oppad na Tarkastad.
Die pad is bekend vir sy slote en gate en water wat opdam in die vlaktes op die pad, maar dis deel van die sports.

Ons gaan nou Tarka toe.

vlcsnap-00117.jpg


vlcsnap-00119.png


vlcsnap-00120.png


vlcsnap-00121.png


vlcsnap-00123.png


vlcsnap-00125.png
vlcsnap-00126.png


vlcsnap-00127 (2).jpg


vlcsnap-00127.jpg
vlcsnap-00128.jpg
 
Top