CRADOCK HIER KOM ONS

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Tarka kom nog.

vlcsnap-00129.png
vlcsnap-00130.jpg


Die Winterberge wat doer voor lê, in die winter is daai top toe gesneeu.

vlcsnap-00131.jpg
vlcsnap-00131.png


vlcsnap-00133.png


vlcsnap-00134.png
 
Ons is links by Tarkastad oppad na Cradock.
Op die stuk pad kruis ons die Tarka rivier so paar keer en amper op die laaste die Modderpoort rivier een keer. Hier kan jy maar gas gee, die pad kronkel effe hier en daar waar ons die riviere kruis, anders is dit ‘n oop pad, ons het net die pad oppervlak so bietjie los gevind so plek plek. Ek moes egter weereens kole gooi, want as ek sien dan is ma in my slipstream. 😬

vlcsnap-00160.png


vlcsnap-00162.png


vlcsnap-00164.png


vlcsnap-00166.png


vlcsnap-00167.png


vlcsnap-00169.png


vlcsnap-00171.png


vlcsnap-00172.png


vlcsnap-00173.png


vlcsnap-00174.png
 
DAG 2 Cradock Area

Vandag sou ‘n rustige dag gewees het, ek dink dis so 150km. Ons het al meeste paaie Noord en Wes van Cradock gery, maar ‘n spesifieke paadtjie op ‘n kaart het my oog gevang en ek het hom by vandag se roete ingebring.

Die roete begin van Peperboom Kamp, seker so 20km verder op die teerpad kry jy die afdraai links op die ongenommerde pad. Ek het intussen uitgevind hulle noem dit die Elandsbergpad wat dan ook verby Aasvoëlkop loop. Dit was toe inderdaad ‘n baie mooi paadtjie wat deur ‘n kloof en al langs ‘n rivier (kon nog nie uitvind watse rivier dit is nie) kronkel.

Van hier het ons by die T-aansluiting op die hoofgrondpad tussem Cradock en Scoombee links gedraai weer na Cradock en toe is ons Swaershoekpas op en so ent aan die ander kant af vir ‘n brunch. Hier sou ons omdraai terug Cradock toe en proviant kry vir die aand se ete terug by die kamp.

Die kaart van die roete in blou gemerk.

Kaart1.png


Nog ‘n kaart van die roete waarin ek eintlik belang gestel het gemerk in groen.

Kaart2.jpg
 
Nou ja toe, kom ons gaan ry daai ongenommerde pad.
Hier begin ons op hom.

vlcsnap-00001.png


Gou gestop en die ABS, die traction control en die turbo afgesit. 😎


vlcsnap-00002.jpg


vlcsnap-00003.jpg


vlcsnap-00003.png


vlcsnap-00005.png
vlcsnap-00006.png


vlcsnap-00007.png


vlcsnap-00009.png
vlcsnap-00010.png


Dit sal interessant wees om te weet waarheen gaan daai pad, doer links die berg op?

vlcsnap-00013.png
 
Toe ons om die een draai kom sien ons sulke kabouterhuisies se dakke wat uitsteek. Hulle lyk te ougat, ons wou sommer hier stop en brunch eet, maar die vliege was besig om my weg te dra. Sommer net gou 'n foto geneem en die haasepad gevat.

vlcsnap-00053.png


vlcsnap-00055.png
vlcsnap-00056.jpg
 
By die T-aansluiting draai ons links, nou oppad Cradock/Swaerhoekspas toe, Scoombee sit nou agter ons. Die pad is oop en toe, turbo weer aangesit. :ROFLMAO:

@Chrisl , hier sal jy van daai spilpunte sien waarvan jy gepraat het, die Grootvis sit nou net regs van ons, jy kan hom ongelukking nie van die pad af sien nie.

vlcsnap-00069.png


vlcsnap-00070.jpg


vlcsnap-00071.png


vlcsnap-00074.png


vlcsnap-00075.png


vlcsnap-00078.png


vlcsnap-00079.png


vlcsnap-00081.png


vlcsnap-00083.png


vlcsnap-00084.jpg


vlcsnap-00086.png
 
Wonder wanneer laas het van daai paaie n padskraper gesien? 😬
Note to self om nooit n tweedehandse EC bakkie te koop nie, NC is alreeds van my lysie af!!
 
Wonder wanneer laas het van daai paaie n padskraper gesien? 😬
Note to self om nooit n tweedehandse EC bakkie te koop nie, NC is alreeds van my lysie af!!
Nee ou Chris, die paaie sal seker weghardloop as hulle 'n padskraper moet sien. Maar van die boere moet baie geld hê, die se manne ry die paaie sonder enige respek, hulle kom so gly gly deur die draaie, so ek weet nie hoe lank die bakkies hier hou nie.
 
Nee ou Chris, die paaie sal seker weghardloop as hulle 'n padskraper moet sien. Maar van die boere moet baie geld hê, die se manne ry die paaie sonder enige respek, hulle kom so gly gly deur die draaie, so ek weet nie hoe lank die bakkies hier hou nie.
En net daar iewers het ek my regter agter flikkerlig se lens verloor. Ai.
 
Ons is deur Cradock en nou pak ons Swaershoekpas aan.
Hier is ons in die begin, hulle noem dit die Maraiskloof pas.

vlcsnap-00087.jpg


vlcsnap-00089.png


vlcsnap-00091.png


vlcsnap-00094.png
 
Top