Daar is geen pille vir Domheid nie!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

RD

Pack Dog
Joined
Nov 27, 2009
Messages
168
Reaction score
0
Location
Oysterbay
Bike
Kawasaki KLR 650
Brandewyn het nie "brieke" nie , maar Rum het F.....l. , Kyk Ma, geen hande, ....kyk Ma geen Tande. Dit is alles klein waarhede wat so goed beskryf word, maar vir domheid is daar nie pille nie! Daar was al sekerlik ‘n stuk geskryf oor die simpel dinge wat mense al aangevang het, maar wat ek gister gedoen het, het my weer laat besef dat mens nie te oud is om regtig stupid te wees nie.

Ek en twee van my vriende het ons motorfietse teruggekry na amper drie maande se terug reis per skip vanaf Kairo. Ons was geskok om te sien hoe gehawend die ou karnalies daaruit gesien het, nadat hul soveel keer gehanteer was in hout kratte wat nie baie stewig was nie. Die “panniers” was oopgebreek en van die panele op die fietse was gebreek.

11080893.jpg

Nie te min ek kon nie wag om weer my ou yster te klim nie en het vinnig die battery gekoppel, maar kom toe met teleurstelling agter dit afgeloop is. Al genade is toe om te stoot, wat toe ook onsuksesvol was. Toe die energietjies goed getap was besluit die een “bright spark” om my en die ou steekse merrie met ‘n bakkie te sleep! Nou ja, dit was toe wat my “common sence” my mos waarsku, en veral toe die sleeptou net aan die eenkant van die voorwiel vurk gekoppel is.

Die 18 jarige avontuurlustige gees met meegaande impulsiwiteit het egter die oorhand oor die 42 jare ondervinding gekry en ons begin toe om die fiets op en af te sleep in ‘n parkeerarea. Dit het so biedjie konsentrasie gekos om die effense sywaardse trekaksie op die stuur te teen voeter, maar die fiets wou net nie vuur nie.

Die sleepaksie het al hoe vinniger geraak  en in ‘n oomblik van swakheid het die onvermeidelike gebeur. Die bakkie begin toe draai aan die einde van die parkeerarea. Ek het dit te laat besef en my fiets was nog in ‘n reguit lyn toe die sleeptou teen die voorwiel begin skuur. Die eerste aksie was om die voorwiel te korrigeer en die draai saam te neem, die koppelaar vinnig in te trek om minder vrag op die tou te plaas en my gewig na binne toe te verplaas. Wel dit was waaraan ek na die tyd gedink het! Die probleem het gekom toe ek geen van bg. toegepas het nie en ek eerder my lyn volgehou het met die tou wat al hoe skuinser teen die voorwiel geskuur het. Die bakkie het toe sonder waarskuwing of genade die fietse se voorwiel onder my uitgeruk en dit was toe dat ek weer tot die besef gekom het dat die wette van die natuur nie om dowe neute uitgedink is nie. "Dit wat op, moet af en dit wat in ‘n sekere rigting beweeg , wil nie graag verhinder word nie."

11080894.jpg

Stupid 1 - "Common Sence" 0

Hoe hard kan mens nou regtig van ‘n motorfiets afval in tweede rat, op teer, sonder beskermingsklere? Wel, probeer dit  en jy sal jouself dalk verbaas. Ek het dit reggekry om my skeen teen die een voet trap te sny en moes steke kry, het  ‘n ribbe gekraak en ‘n lekker ‘n “smiley” op my wangbeen gekry, wat ek moeilik aan my vriende verduidelik. Die ergste was seker die skade aan my ego. Ek het onlangs 14 000km deur Afrika getoer sonder enige seerplekke en toe kom doen ek dit in ‘n parkeer area, tuis! Stupid!!
:BangHead:
11080895.jpg

"Eish!"

 
Top