Daar is iets in die eenvoud van 'n klein fiets op 'n grondpad

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Jis Johan jy skryf alweer so lekker. Prieska is nie te ver nie, daai 300 en my 350 moet mekaar halfpad ontmoet. En Kaokoland roep jou. Dankie vir die ride report
English- Thanks Johan old chap.What an exquisite ride report. It would be a honour if you come and visit us in Prieska. I fully understand your concept of minimalism. Ride safe and thank you again for your. well written report!
 
Ek is 'n gebore Suid-Afrikaanse rooinek, maar een wat in die Vrystaat skool toe gegaan het. "Dual Medium" het hulle gesê, maar wat hulle bedoel het was 'n skool waar ALLES in Afrikaans was behalwe die taal in die een klaskamer vol rooinekke. In elk geval, het dit my in goeie stand geplaas om julle taal te verstaan, te praat en te geniet. Dorsland, dit is vir my só lekker om jou stories te lees wat in so 'n suiwer Afrikaans geskryf is - die soort taal wat ons almal op skool geleer het, nie die nuwe 50/50 Engelse Afrikaans nie. Nietemin moet ek lekker lag as ek die nuwe Afrikaans woorde lees wat op hierdie forum ontwerp is vir die gebruik van die avontuur motorfietsryers:

"Kletterpet" - valhelm (crash helmet)
"Agteroppie" - passasier (pillion passenger)
"Stofskoeter" - grondpad motorfiets (adventure or motocross bike)

Ek sien uit na meer van dié nuwe woorde wat jou taal lekker modern hou.
 
Kyk, enige ou wat half kaalgat tussen Upington en Brandvlei op 'n fiets kan ry sonder om sy nerwe af te brand, kan maar krieket sonder 'n boks ook speel. :p Dankie @Frikadella. Enigste probleem is nou soek 'n kort ryboetse en lees resensies en watnog. Nou lees ek al die bloeddorstige stories van ouens wat hulle voete en enkels en tone en knieë afgeval het en 32 maande geneem het net om uit die bed uit op te staan om te gaan pee. Nou bedink ek weer my bravado van vroeër in die fred. :unsure:

My gevoel bly nogsteeds dat – soos ek ry – sal ek redelik veilig wees om met kort boetse te ry.
Al die bike squad soldate in die Weermag van ouds het kort boots gedra en nie hulle tone en enkels te veel verniel nie
 
Al die bike squad soldate in die Weermag van ouds het kort boots gedra en nie hulle tone en enkels te veel verniel nie
Jy sien! Daai is nou 'n blerrie goeie voorbeeld. Dis wat ek sê; die moderne wêreld wil ons bangpraat. Daai tyd het ons 2 Big Red crackers in ons neusgate ingedruk en brand gesteek dat ons die skoolmeisies kon beïndruk. En hier is ons nogsteeds vandag. Sukkel bietjie om neus te blaas maar als werk darem nog. Én ons het dit oorleef. :cool:
 
Last edited:
Ek is 'n gebore Suid-Afrikaanse rooinek, maar een wat in die Vrystaat skool toe gegaan het. "Dual Medium" het hulle gesê, maar wat hulle bedoel het was 'n skool waar ALLES in Afrikaans was behalwe die taal in die een klaskamer vol rooinekke. In elk geval, het dit my in goeie stand geplaas om julle taal te verstaan, te praat en te geniet. Dorsland, dit is vir my só lekker om jou stories te lees wat in so 'n suiwer Afrikaans geskryf is - die soort taal wat ons almal op skool geleer het, nie die nuwe 50/50 Engelse Afrikaans nie. Nietemin moet ek lekker lag as ek die nuwe Afrikaans woorde lees wat op hierdie forum ontwerp is vir die gebruik van die avontuur motorfietsryers:

"Kletterpet" - valhelm (crash helmet)
"Agteroppie" - passasier (pillion passenger)
"Stofskoeter" - grondpad motorfiets (adventure or motocross bike)

Ek sien uit na meer van dié nuwe woorde wat jou taal lekker modern hou.
Dankie Bruce, ek waardeer jou plasing. Ek dink ek het dit al hier êrens gesê maar dis vir my 'n gruwelose sonde wanneer 'n taal so verkrag word. Enige taal. Lees, skryf, goeie taal verbruik, spelling is die dinge wat beskaafde mense van onbeskaafde mense skei. Ek lees advertensies wat geplaas word. G'n mens kan verstaan wat daar geskryf is nie. Letterlik. Dis vir my hartseer wanneer die Afrikaanse media – druk, uitsaai en digitaal – almal begin met hulle baster Afrikaans. Dis hoe dié kombuis Afrikaans algemeen aanvaarbaar word.

Dankie weereens, ek is bly jy geniet dit. :love:(y)
 
Dankie vir die toerverhaal en ervarings rondom dit. Die 1200 Scrambler was/is my poging om iets te vind wat eenvoudiger is as die groot / bekende 'adventure bikes', maar waarmee mens nog steeds kan redelik vêr ry om by die mooi plekke te kom - Gauteng het genoeg grondpaaie vir 'oefen', maar nie vir mooi nie. Sonder om geheime roetes weg te gee, waar in die (Suid-)Vrystaat is die paaie op jou toer / plekke wat jy voorstel vir besoek / oornag?
 
Sien uit om Maandag weer die nuwe RR te lees :D
Skakel gerus weer in. Dieselfde plek, selfde tyd vir nog 'n opwindende episode.

Die wind waai die wit waks uit ons uit hier vandag met 'n rooi vlak brandwaarskuwing. 😬 Môre is yskoud. Sal sien hoe maak die wind Saterdag. Anders plaas ek maar fotos van die 300 se wasdag. Jammer, geen bikini meisies nie.
 
Haal dan daai Speedo wat so stowwerig is uit die kas uit :ROFLMAO:
 
waterpolo

So leer mens iets van mense wat jy gedink het jy ken!! Ek sou wraggies nie dink jy was n water polo speeler op jou more gewees nie eerder atletiek 👏
 
Top