Daar is iets in die eenvoud van 'n klein fiets op 'n grondpad

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Jis Johan jy skryf alweer so lekker. Prieska is nie te ver nie, daai 300 en my 350 moet mekaar halfpad ontmoet. En Kaokoland roep jou. Dankie vir die ride report
English- Thanks Johan old chap.What an exquisite ride report. It would be a honour if you come and visit us in Prieska. I fully understand your concept of minimalism. Ride safe and thank you again for your. well written report!
Ek sal darem bitter graag so 'n Kaokoland trippie wil doen @ETS Dit lyk darem waaragtig lekker.
 
Ek is 'n gebore Suid-Afrikaanse rooinek, maar een wat in die Vrystaat skool toe gegaan het. "Dual Medium" het hulle gesê, maar wat hulle bedoel het was 'n skool waar ALLES in Afrikaans was behalwe die taal in die een klaskamer vol rooinekke. In elk geval, het dit my in goeie stand geplaas om julle taal te verstaan, te praat en te geniet. Dorsland, dit is vir my só lekker om jou stories te lees wat in so 'n suiwer Afrikaans geskryf is - die soort taal wat ons almal op skool geleer het, nie die nuwe 50/50 Engelse Afrikaans nie. Nietemin moet ek lekker lag as ek die nuwe Afrikaans woorde lees wat op hierdie forum ontwerp is vir die gebruik van die avontuur motorfietsryers:

"Kletterpet" - valhelm (crash helmet)
"Agteroppie" - passasier (pillion passenger)
"Stofskoeter" - grondpad motorfiets (adventure or motocross bike)

Ek sien uit na meer van dié nuwe woorde wat jou taal lekker modern hou.

Dankie Bruce, ek waardeer jou plasing. Ek dink ek het dit al hier êrens gesê maar dis vir my 'n gruwelose sonde wanneer 'n taal so verkrag word. Enige taal. Lees, skryf, goeie taal verbruik, spelling is die dinge wat beskaafde mense van onbeskaafde mense skei. Ek lees advertensies wat geplaas word. G'n mens kan verstaan wat daar geskryf is nie. Letterlik. Dis vir my hartseer wanneer die Afrikaanse media – druk, uitsaai en digitaal – almal begin met hulle baster Afrikaans. Dis hoe dié kombuis Afrikaans algemeen aanvaarbaar word.

Dankie weereens, ek is bly jy geniet dit. :love:(y)

@Bruce Hep Net om aan te sluit by wat ek en jy vroeër oor gesels het ivm die gruwelose verkragting van 'n taal 😬🫣

IMG_0101.jpeg
 
Jy grap so. Ek kry nou die dag my matriek waterpolo Speedo en swembril in 'n kartondoos vol herinneringe. Ek glo nie ek sal hom verder as my knieë kry nie. 😳🫨
Ek trek nou die dag my army stepout baadjie van 1989 aan na ń mase gesukkel, al die bure en familie het gehelp. Vrou moes die brandweer bel om my weer uit die baadjie te kry.
 
Sien vandag ń ou Oom in Checkers hier in Plett. Ek bang hom die baie oud word, dis nie mooi nie.

Sorry Dorsland, daar gaan jou thread!
Neewat, ons gesels wyd en suid. Ons kan seker maar bly wees ons is nie dames nie. Die jare werk nie mooi met 'n vrou nie.
 
Ek dink die vroue dink maar dieselfde van ons, Dors.:cry:
Dit is so Danie. Ek sien met ouens wat my ouderdom is, selfs effe jonger, dan dink ek, blikemmer, lyk ek dan ook so oud!? Ek sien dit op fotos van myself ook. Maar ek dink vir 'n dame is dit dalk erger omdat haar skoonheid vir haar baie beteken. Ek weet nie.
 
Dit is so Danie. Ek sien met ouens wat my ouderdom is, selfs effe jonger, dan dink ek, blikemmer, lyk ek dan ook so oud!? Ek sien dit op fotos van myself ook. Maar ek dink vir 'n dame is dit dalk erger omdat haar skoonheid vir haar baie beteken. Ek weet nie.
Maar net as sy skoonheid gehad het om mee te begin....

Nee wag, ek praat nou twak hier.:ROFLMAO:
 
Dis 'n gruwelike, gruwelose verkragting van die taal. Wys mens net hoe erg dit eintlik is. :p:cool::geek:
Ja, die erg. Ons huis bediende, Rachel, stuur my vrou partykeer sulke boodskappe, en met haar kan ek dit verstaan dat dit uiters swak is, aangesien sy letterlik uit die skool is in st 5.
 
Kyk, enige ou wat half kaalgat tussen Upington en Brandvlei op 'n fiets kan ry sonder om sy nerwe af te brand, kan maar krieket sonder 'n boks ook speel. :p Dankie @Frikadella. Enigste probleem is nou soek 'n kort ryboetse en lees resensies en watnog. Nou lees ek al die bloeddorstige stories van ouens wat hulle voete en enkels en tone en knieë afgeval het en 32 maande geneem het net om uit die bed uit op te staan om te gaan pee. Nou bedink ek weer my bravado van vroeër in die fred. :unsure:

My gevoel bly nogsteeds dat – soos ek ry – sal ek redelik veilig wees om met kort boetse te ry.
Anglisisme waarskuwing.........!

Stewels!!! Johan stewels!!!

:ROFLMAO: :ROFLMAO:
 
Top