pietafrika
Puppy
Daar was 4 toe 3 en toe 2
Die trip report het begin as Strand – Noord Kaap – Namibie – Cederberg en terug. Die editor op Wild Dog het my so bietjie uitgefreak so ek het besluit ek sal die RR in “Word” skryf en publish onder die nuwe naam - Daar was 4 toe 3 en toe 2. So, ek vra om verskoning vir die mense wat Dag 1 -4 weer gaan sien (alhoewel ek dit so bietjie “ge-edit” het, maar dag 5 tot 11 is nou eindelik bygesit.
In my navorsing het baie RR’s en input van baie mense my gehelp. Dankie aan julle. Met die RR probeer ek meer om die gees van die “trip” te wys as n tegniese verslag te gee. As enige “dog” meer inligting/fotos soek, laat weet my.
Marius (Mars), genooides en ONS (lees Magda en Piet van KZN) doen elke jaar n "trip". Laas jaar was dit Keurbooms, Prince Albert, Swartberg, Die Hel, Baviaans na Jeffreys (Grace en Phillip). Hierdie jaar was dit iets anders.
Vanjaar se Trip, soos meeste, begin met n padkaart en opsies en groei, kry momentum en dan na n klomp beplanning realiseer, maar nie altyd soos beplan nie. Dit is hoekom ons dit doen.
Hierdie jaar in plaas van bande mors op die teer (Durban – Kaapstad) hoor ek van Shosaloza Meyl (die trein). Ek laai die GS Woensdag, 7 Okt 09 op Durban stasie na n moerse klomp bellery (hierdie mense antwoord nie n foon nie). R 995 later (one way) en daar gaan die GS op die spoorwee, ons kan net bid. Jy laai hom self, bind hom vas met meer "tie downs" as nodig?. Vir die rekord ONS vlieg toe Donderdag, 8 Okt 09 Kaap toe vir minder as R 800. Fair .....naf?
Op die vliegtuig begin die stress uitloop, seker iets te doen met die whiskey en die afwagting van die avontuur wat voorle. Marius en Christa kry ons op die lughawe, terug Strand toe, eet lekker, drink lekker en beplan die roete - Strand - Montagu - Anysberg - Laingsburg - Ouberg 2 - Middelpos - Williston - Brandvlei na Verneukpan - Putsonderwater - Boegoeberg - Augrabies - Pofadder - Onseepkans - Ai Ais - Gamchab - op langs die Gariep (Oranjerivier) na Rosh Pinah - terug na Sendelingsdrif - Lekkersing - en dan geen plan behalwe die Cederberg en terug na die Strand. Min het ons geweet dat die beste planne nie altyd werk nie .....
Die aand by Marius temper die kos en wyn die "excitement" en gaan oor in n lekker slaap - 12 dae van afwagting, prêt en plesier…………
Dag 1 - Vrydag, 9 Okt 2009
Ons moet die GS gaan haal op Belville stasie, ETA 07h00 - ATA (actual time of arrival 09h00). Die "official" se daar was n besetting op die lyn, klink vir my soos n maag kwaal. Jy kan baie k*k praat op Belville stasie vir 2 uur. Ek sien toe n "lifer", die birding term vir n voel wat jy nog nie van tevore gesien het nie. Ek is n "birder of sorts". Wel dit was n Swartkraai (Corvus Capensis). Mens kan sien daar was bitter min om te doen.
Trein kom, bike OK, bid het gehelp of miskien was dit die “tie downs”, gooi petrol, pak en reg om te ry.
12h00 - Marius (regs) Kawa 650 KLR, Magda en ek op die GS. Ons kry vir Danie in Montagu.
Ons vat die pad, bestemming (nie besetting), Montagu oor Sir Lowry's pas via Robbertson en probeer soveel grondpad inwerk as ons kan.
Lang storie kort, ons eet iets by die Wimpy in Montagu (geen drank lisensie – ek is so geskok dat ek nie eers eet nie!!). Danie arriveer en ons koop kos en drank en sit af na 360 degrees on 62. Ilshe, die eienaar, is net so pragtig as die huisies en die omgewing. Die huisies is goedkoop, prakties en gerieflik. Beveel dit aan.
Die view na Montagu se kant toe
Ons het n lekker aand, die perfekte afskop plek vir ons “trip”, party mense noem dit n “epic”, maar as jy lees van al die avonture op Wild Dog, dan voel mens soms dat jy net n “trip” doen. Wel hierdie “jol” is ons s’n en ons gee nie om wat julle dit noem nie, die lewe is lekker, die wyn ook.
More begin die beplande “trip” oor Anysberg na Laingsburg... Ouberg ... Slaap op Middelpos ...
Dag 2 - Saterdag - 10 Okt 2009- Montagu bestemming Middelpos
Na n aand van lekker kuier en n perfekte oggend met die afwagting van wat voorle, wat net die wat weet, ooit sal voel, vat ons die pad terug Montagu toe om water te koop en die laaste "shopping" uit Mada se bloed te kry.
Die pad van 360 (Montagu) af na Laingsburg, is soos suiwer afwagting, om elke draai word jy veras. Die oggend lug is fris, die weer is perfek en die volgende draai met nuwe ontdekkings, die vryheid, no worries, van wat voorle is …..
As dit so lyk as jy begin kan dit net beter raak.
Ek raak op n stadium n bietjie weggevoer met die regterhand en die driffie skop ons toe so bietjie verder op as wat ons nou moes. Jy kan mos daardie “de moer in stilte” voel hier van agter af. Wel dit was stil en hier is die “stil“ fotos van die Anysberg. Ek het n vriend “Helgaard Bell” wat so stuk grond hier het. Sal eendag kom kuier Belletjie.
Laingsburg is Laingsburg, ons onthou die vloedramp, maar miskien is die ramp nog nie verby nie - bedelaars by die bottelstoor (waar mense se “God sal jou seen” as n sales pitch vir n dop gebruik). Hier sit ons met bloed in ons are wat nog vol avontuur loop. Dank die Here vir sulke bloed en die geleendheid om dit te kan doen.
Die teer voel nie lekker nie. Ons vat die 21 km kortpad regs na Hilandale (grond) en mik in Sutherland se rigting. Nog steeds koud. Net voor Verlatenkloof draai ons links na wat Marius my mooi laat verstaan het is Ouberg 2. Dit is nou Tankwa Rivier se wereld.
Lekker pad, maar soos T4A se, hy eet tyres. n Mercedes ML 450 het ons in die stof gedoop, maar ons groet toe weer langs die pad. ML papwiel. Bikes vars lug.
Danie langs die Tankwa Rivier. . Die transformasie van tussen die droog en water is dramaties.
Vir n Nataller is hierdie wereld anders, maar pragtig anders. Die eenvoudigheid van die omgewing bring rustigheid. Ek hoop om dit beter te kan beskryf soos ek aangaan. Ek begin chill.
Ouberg Pas, wat voorle kan jy nie vergelyk met Baviaans nie, maar op sy manier fantasties. Jy kom van die vloer van die Onder Karoo en klim na 1404 m in amper geen tyd. Fantasties. Lekker om te lewe.
Ouberg van bo af
Marius op pad op
Dit lyk vir my daar is mense met baie tyd en verf, want hulle is besig om die klippe op Ouberg (sorry Mars Ouberg 2) te nommer. Wel ek se julle (ek se jou!) hulle gaan flippen lank daar wees.
En nog een, maar hulle is nou eers by 54 - good luck
Ons moet ophou klippe tel en by Middelpos Hotel (geen bespreking) kom. Van hier het die pad lank begin word, goeie pad wat al hoe slegter (sand/klip/gruis) begin word hoe nader jy aan Middelpos kom. Hier het ek geleer jy moet nie n bestemming he nie, want as jy daar kom en jy moet verder, breuk dit jou moed. Jy sit jou mind op n ding (koue bier onder andere) en dan moet jy verder. In elk geval Middelpos was …. Middelpos.
Marius en Danie
Lang storie kort almal is n bietjie gatvol, ons kry toe n pad aanwysing van die tannie op die foto hierbo. Of ons het nie mooi geluister nie, of sy het sleg verduidelik. Konsentreer kerels. Anyway, ons vat die verkeerde pad en is op pad na Calvinia toe (dankie Danie dat jy dit vroegtydig agter gekom het), draai om en kom toe op die regte pad en kruis die die teer by Brandvlei/Williston
Hier kom nie baie karre verby nie soos Danie wys.
Die dag is amper om. Dit was n lang dag. So 80 km teer op pap bande en dan is ons in Williston. Maar voor ons nou verder gaan moet ons eers die gemoedere lig. Dit raak koud. Min sal ons weet wat dit beteken......
Laat Saterdag middag ry ons Williston binne. Jy moet rem of jy is verby – cliché, so what. Die eerste plek wat ons sien is Die Ark.
So windgat meisie verseker ons dat ons maar moet parkeer, want Die Ark is DIE plek in Williston. Wel, ons het haar nie geglo nie, maar ons moes. Elmarie het n fantastiese plek, net wat ons wou gehad het. Skoon, gemaklik, bekostigbaar, maar anders. In elk geval ons was die enigste gaste en het gaan skaap tjops koop, vuur gemaak, roete beplan en gebraai. OK, n bietjie bier, wyn en brandewyn ook grbruik.
Die eetkamer
Spreuk vanself
Die logboek
So begin die beplanning vir die volgende dag van Williston vat ons die pad oos van Brandvlei - Verneukpan - Boegoeberg. Daardie aand begin dit reen in Williston en die gode, soos altyd, het hulle eie planne.
Dag 3 - Sondag, 11 Oktober 2009
Dit het baie gereen in die nag. 'n Nat Williston in Oktober, gebeur nie baie nie.
Eers het ons n yslike brekkie ge-eet en besluit toe om laag te le en die onmiddelike omgewing te verken agv die baie reen.. Toe kom die son en ons besluit om die pad te vat.
Plan is reguit noord, oos van Riet se vloer tot by die T, regs en dan weer links na Swartkop. Verneukpan, Diemansputs en dan na Putsonderwater wat nog n lewensdroom van my was. Nie omdat daar iets (??) is nie, ek wou net altyd se ek was daar.
So 11h00 ry ons uit Williston na die noorde. Die pad is redelik OK, baie grys veral in die eerste 10 km, toe word hy beter. So 50 km later het die plasse water begin le en so elk en nou en dan maak die modder jou mooi wakker as dit jou agterwiel so waai gee.
Op presies 70 km maak ek die verkeerde besluit, ek volg Marius se lyn (nie sy skuld), die waai van die agterwiel is toe meer terminaal. Ek kry haar regop, toe is die volgende plas voor my. Staan op (kon nie - 2 up, te laat, look up - dit doen ek toe, open up, dit ook, maar te laat. Party van ons ken daardie aaklige gevoel as jy weet hier gaan ons.. Slaan die pad (modder) en val op die linkerkant, kyk terug want toe worry ek al klaar oor Magda. Sy en die bike maak beurte om bo te wees.
Toe is ek op my voete en hardloop om, die bike le bo-op Magda en sy roer nie. Ek lig en skreeu gelyk. Niks. Skreeu weer en weer niks. Na so 30 sekondes, wat soos n eeu voel kyk sy op. Verligting is n “under statement”.
Die crash site
Lang storie kort, Danie kom so 5 min later, dit begin weer reen. Magda het totale geheue verlies en se seker 100 maal vir my haar enkel is seer en waar is ons en waar is Marius - oor en oor. Marius daag so 30 min later op en se daar is n plaashuis so 3 km aan. Hy gaan haal die boer en hier het ek weer verstaan watse goeie mense daar in die wereld is. Brand du Toit het Magda kom haal met sy bakkie (dit is nou so 1 nm op Sondamiddag). Sy vrou, Elmarie en die kinders en Ouma het almal gehelp met tee ens. Na Magda haar derde koppie rooibos in het, het hy die dokter op Williston per radio gekontak en haar met sy bakkie terug na die kliniek geneem (70 km). Dr Vermeulen wat op daardie stadium besig was met n braai) het alles gelos en van die plaas dorp toe gekom, Magda ondersoek en gese sy was OK, maar ons kort x-Strale. Die naaste was Calvinia. Brand, Dr Vermeulen, Suster Elmarie en Elmarie (Ark) baie dankie vir julle hulp.
Magda terug by Die Ark in ons ou bed - nie gelukkig nie.
Elmarie (Die Ark), dankie vir jou hulp. Brand en die hele familie daag Sondagaand op om te kom verneem oor Magda se welstand. Weereens baie dankie aan julle. n Lang nag en die volgende dag moes ons Magda terug in die Kaap kry. Gelukkig het ons n geleentheid gekry saam met Rudolf en Elmarie (die suster van die kliniek). Baie dankie mense.
Dag 4 - Maandag 11 Oktober 2009 - En toe was daar drie .....
Ek voel soos n skurk, but the show must go on.
Marius en Danie het my bike so goed moontlik “gepatch” terwyl ek vroulief terug in die Kaap probeer kry. Magda, baie dankie dat jy aangedring het dat ek die trip moet voltooi. Dit klink soos n troue so baie se ek dankie, maar ek bedoel dit.
Teen die tyd is dit 11 vm. Ons besluit om die teer tot kort van Calvinia te vat en dan kortpad na die R27.
Toe slaan ons die lang teer deur Brandvlei en dan aan na Kenhardt, met die wind van die kant. Was nie lekker nie.
Lank en reguit
Onthou ek is n bietjie van n birder - Versamelvoel - Sociable Weaver (Philetairius socius) nes
Net na Kenhardt draai ons links op n lekker grondpad, baie klippe in die begin met so plek-plek sand al langs die Hartebeestrivier af
So 84 km verder le Kakamas en die bottelstoor wat nou na toemaak se kant toe staan. Selfde pitch van die bottelstoor brigade as in Laingsburg. Lyk my hoe meer jy drink in daardie wereld hoe meer word jy geseen. As ek daar gebly het was ek nou al n engel.
Kakamas
Drink n yskoue bier by die bottie en laat waai na Augrabies, want ons moet nog kos koop en die winkel maak amper toe. Aangekom en proviant gekoop, sit ons af na die kamplek. Slaan tent op, maak vuur en doen wat n mens doen as jy kamp.
Danie
Marius – Chef (hotelskool gekwalifiseerd) en roete beplanner
Daardie skoon ketel kry eindelik werk