De Javu

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Fenderbender

Race Dog
Joined
Oct 7, 2006
Messages
4,107
Reaction score
296
Bike
BMW R1200GS Adventure
Hoe maak mens vrede met jouself na n  ongeluk wat maar net jou eie skuld was ?  Hoe nou gemaak as jy gedink het dit sal nooit met jou gebeur nie ? Ek het vandag , 4 maande na my glips op my fiets geklim en na die toneel gery naby Piketberg waar ek n pragtige plasie gekoop het . Ek moes net gaan kyk en meet en vrede maak .

Bietjie koud gewees vir ry , hier by Breerivier duskant Worcester het die wolke maar gedreig , regte kapok weer . Dankie tog my nuwe fiets het ook heated grips .
 

Attachments

  • 2011 030.jpg
    2011 030.jpg
    111 KB
Kronkel deur Wolseley , Porterville en skiet deur Piketberg toe . Ek lag hard in my helmet toe ek Piketberg inry , die hospitaal is die eerste ding wat jy sien . Ek kry flashbacks , nie goeies nie . Klim op die Veldrif pad en ry tot by die Kapteinskloof afdraai . Die pad is nat , hier het water geval . 4 maande terug het ek saam met Weskus , Legadema en die res van die Amageza span die stof uit hierdie pad gery . Ai f@k , hoe jammer kry ek myself nou .  :imaposer: Ek glip en gly en speel tot by Fenderbender se draai .
 

Attachments

  • 2011 031.jpg
    2011 031.jpg
    154.7 KB
  • 2011 032.jpg
    2011 032.jpg
    134 KB
  • 2011 034.jpg
    2011 034.jpg
    125.8 KB
  • 2011 035.jpg
    2011 035.jpg
    129 KB
Daai Kapteinskloof pad is 'n bliksem as hy droog is ook, lekker sanderig net waar jy begin klim. Het paar jaar terug met die KLE lekker geduck en gedive daardeer. Nou waar is die foto van Fender se draai, of was dit te veel  ;D
 
Ek voel soos n tronkvoel wat vrygelaat is, die fiets wil wil net n dansie gooi en ek geniet elke oomblik . Ek herken MY draai vanaf n afstand en ek hoor myself weer vir die soveelste keer , Roelie , jy was te vinnig hier, jaaaaaa  maar as daai flippen donga ...............aaag , soos groot vriend Weskus se , dis water onderdeur die brug .

Ek stop en spandeer sonder dat ek dit agterkom , meer as n uur by die draai wat my uitgevang het .
 

Attachments

  • 2011 038.jpg
    2011 038.jpg
    121.6 KB
  • 2011 039.jpg
    2011 039.jpg
    137.5 KB
  • 2011 040.jpg
    2011 040.jpg
    140.3 KB
Dis omtrent hierso, he? https://maps.google.co.za/maps/ms?msid=211489569151504177549.0004aadfd12ad0a084a43&msa=0&ll=-32.713707,18.652666&spn=0.003665,0.005466

Partykeer word mens se aandag net vir 'n split sekonde afgetrek deur iets, en as jy weer kyk is die draai/bus/trok/??? reg voor jou. My al amper in Franschhoek oorgekom, nie eers vinnig gery nie.
 
Hierdie flippen ballbearing klippies maak dat n man geen brieke het as hulle droog is nie .
 

Attachments

  • 2011 042.jpg
    2011 042.jpg
    126.3 KB
Buzz , dis net daar , dis die k@kste draai in die Weskaap daai .  ;D
 
SACK said:
Good to see you're back in the saddle.  :thumleft:

Indeed - it was a sad, sobering moment seeing you in that ditch.  Really glad you've made such a good recovery.  Well done!
 
Ek klap die pad terug Eendekuil se kant toe, koud , maar tevrede . 3 gebreekte ribbes , n gebreekte knie en n regterlong wat op halfkapasiteit werk was n klein prys om te betaal vir iets wat my so na aan die hart le. Ek is net so dankbaar dat ek weer volkome kon herstel . Weereens dankie aan Andy , Alex , Dewald, Bob en Ossie . Ek sal probeer om dit nie weer te doen nie .

 

Attachments

  • 2011 048.jpg
    2011 048.jpg
    140.8 KB
  • 2011 049.jpg
    2011 049.jpg
    142.7 KB
Goed dat jy daar gaan ry het. Ek was alleen op die ooppad en by 'n padwerke stop-en-go heel onskuldiglik in die verkeerstroom van agter raakgery. Eerste keer toe ek weer op die bike klim in verkeer die hee-bee-jeebees gehad vir 'n lang tyd. Nie so maklik om oor dit te kom soos ek gedink het nie. "n Ou moet maar net ry. Geen probleem om off-road te ry nie , maar wil nie meer alleen wees nie.

Voorspoed.
 
Nice to have you back. I know only to well feeling of going back to a place were you have firmly placed your name.it is a good part of the healing
 
AntonW said:
Nice to have you back. I know only to well feeling of going back to a place were you have firmly placed your name.it is a good part of the healing

:thumleft: :thumleft: :thumleft:
Thanks Buzz, Crossed up , Sack , Jupiter and Anton  , you guys dont  know what it means to me .
 
Het die RR nou geniet  :thumleft: en great om te sien jy het ook.

Gaan gou garage toe stap en kyk na die mooi bikes daar wat geduldig wag.
 
Only a pleasure , Really glad to see you riding again.
You owe me a cup of coffee , will make a turn at your farm again sometime.

1302333538291-1.jpg

1302333549050.jpg

1302333560758-1.jpg

1302333566005-1.jpg

1302333577288-1.jpg

1302333596688-1.jpg

1302334437458-1.jpg
 
Cool ride!

Dis altyd goed om jou demons bietjie in die oë te kyk en agter jou te sit.

Dis waar woorde wat jy sê dat niemand van ons dink dit sal ooit met ons gebeur nie.

En tog (soos wat jy bewys van is) is selfs die beste ryers onder ons nie imuun teen die odd oordeelsfout of sommer net glipsie wanneer die omstandighede saam met die dice se rol gaan lê op 'n 'moenie by begin verby gaan nie'.

Having said that - man ek is bly jy's terug op die been en in die saal.

Dit kon anders gewees het.

Ons is saam met jou bly en dankbaar dat jy nie net nog hier is nie, maar ook weer op al jou silinders 'fire'.

 
Eisbein said:
Cool ride!

Dis altyd goed om jou demons bietjie in die oë te kyk en agter jou te sit.

Dis waar woorde wat jy sê dat niemand van ons dink dit sal ooit met ons gebeur nie.

En tog (soos wat jy bewys van is) is selfs die beste ryers onder ons nie imuun teen die odd oordeelsfout of sommer net glipsie wanneer die omstandighede saam met die dice se rol gaan lê op 'n 'moenie by begin verby gaan nie'.

Having said that - man ek is bly jy's terug op die been en in die saal.

Dit kon anders gewees het.

Ons is saam met jou bly en dankbaar dat jy nie net nog hier is nie, maar ook weer op al jou silinders 'fire'.
+1  (die kaap is pragtig groen op jou fotos.....) dankie Fendie. x
 
Eish ou Fendie - hoe pomp my hart nou custard?!?!  :ricky: 

Bly jy is oraait en dat jy weer op die mooiste bike is wat nog deur die mens gemaak is.  :biggrin:  :thumleft:
 

Latest posts

Top