De Javu

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Groot plesier ou maat, bly om te sien jy is weer aan die gang!
 
Welkom terug ou maat....Die inskrywings vir Amageza 2012 is oop...Jou plek is op nr. 3 geboek, ek wag nog vir Weskus ook.
 
Mmmm, Dewald my ook geboelie . Ons maak so Bob .  :thumleft:
 
Roelof, lekker om jou weer op die wiele te sien en dankie vir die foto's. Jy het ons groot laat skrik, want as dit met die beste kan gebeur, watter kans het ons paloekas?
Sien uit daarna om weer saam te ry + kuier.
ps. Lyk my jy boer sonders die selfoon. Het jou vandag gebel om raad te vra.........
Groete vir eers.


 
Ek dog dis net die crooks wat teruggaan na die "scene of the crime"?  :imaposer:
So n debriefing is nodig, en soos almal hier is ek bly dat jy 1. terug op die bike is, en 2. die fiets klaarblyklik nog net so baie geniet.
 
Welkom terug inni saal, FenderBender!

En dankie vir die mooi foto van die bewolkte berge by Breerivier - het grootgewoord onder daai hange. Sjoe mis ek nou daai groen-groen winter, met die varkblomme, die wit-met-groen sneeuklokkies en speel in die waterstrome met houtskippies gekerf met jou eerste eie knipmes...  :thumleft:
 
Dit was n "moesdoen" trippie.
Bly jy is heel en kan weer ry!!
NIE BLY DAT JY DAAI HALWE LONG TWAK GEVOER HET TERWYL JY BY JOU VALPLEKKIE WAS NIE!!!! :biggrin:

Toema ek het nog vir 5 jaar aanhou pypsuig na my ongeluk. Ook met een en n halwe long.
 

Latest posts

Top