Lekker Alle Wyn.
Dis die eerste keer dat ons sien hoe mooi is Bidstone - en Carlislehoek Passe.
Ek en Allie het ook dit gery maar van Lundennek Pas se kant af.
Hoe vra jy dan, ons het dan die passe gery, met toe oe dan ?
Ja, letterlik, die verskil met julle rit is, is dat ons het dit in die F#kkin sneeu gedoen met verkeerde bande op. Die sneeu was n verrassing.
Ek hoop jy verstaan wat ek bedoel met letterlike toe oe, want ons het dit ook in die donker gedoen. Tiffendale se liggie het gebrand
toe ons daar verby is. Nou hoekom nie daar oornag nie vra jy. Want, jy sien daar was n padbordjie net verby Tiffendale wat gelees het
_hodes___ 2 km. Aaaaa, Rhodes is net hier onder met die passie af ! (asseblief onthou, dis voor GPS dae ook) Maar Rhodes kom nie ter voorskyn nie. Uiteindelik, by Rhodes aangekom was dit -9 C en so 20h30. Die PUB in die hotel was daar n lekker kaggelvuur en OBs wat ons
ontdooi het. Al die mense in die pub se' ons is van ons koppe af om in sulke weer te gery het. Nou, waar het die fout dan ingekruip. Onthou, ons is uit Zastron so 8h00, n lang dag voorwaar. Jy sien , na ons nabertagting die volgende oggend kom ons toe agter dat dit is alles daai
_hodes___2 km bordjie se skuld, want jy sien, dit was half toe gesneeu gewees ! F#C. Dit sou dalk eerder gelees het , Rhodes 22 km of dalk 32 km. Sou jy weet wat die werklike afstand is Alle Wyn?
Dit het eerder gevoel soos 122 km, met toe oe ! en met my Allie agter op. Moeg vir die berge , koue , nattigheid , is ons na Southbroom toe, Natal se warm see water, lekker !