Die hont is los!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Ai Dorsland, jy sal nog maak dat ek my hart uit tjank. Pragtige wereld.

Dankie dat jy dit weereens met ons gedeel het.
 
Dankie vir die kommentaar ouens (en ouensinne Mev Vis  ;))

@ Saddle Up:  Daai skimagtige "Hulle" sê mos Afrikaners is plesierig, maar ek dink diep in ons wese is ons maar 'n weemoedige ou volkie.  Groot dele van ons geskiedenis en hoe ons hier aan die Suidpunt beland het is een van swaarkry en hartseer.  Die volksplanting en die ontberinge wat ons mense in die kolonie se Grensoorloë moes deurmaak, die hartseer verhaal van die Groot Trek, die Eerste en Tweede Vryheidsoorloë, die konsentrasiekampe en nou meer onlangs die verlies van ons land word meestal op die psige van die Afrikaner onderskat.  Ons pad is nie gelyk nie.

Maar dis 'n storie vir 'n ander tyd en plek.

Daai gedigte het seker dié weemoed in jou laat ontwaak. Nes mooi musiek, 'n beeldskone vrou, 'n sekere landskap, 'n verhoogstuk, ander se swaarkry soms met 'n mens kan maak.

:thumleft:    
 
@ Bundu:  Lyk my daai mense spesialiseer in pampoene.  Ek het nie geweet hulle het akkommodasie daar nie.  Het julle pampoenkoekies geëet?  :biggrin:
 
Dorsland said:
@ Bundu:  Lyk my daai mense spesialiseer in pampoene.  Ek het nie geweet hulle het akkommodasie daar nie.  Het julle pampoenkoekies geëet?  :biggrin:

:lol8: :lol8: pampoene, watse pampoene?  ;D

nee, dis vriende van my wat daar bly  ;D
 

Attachments

  • Clipboard01.jpg
    Clipboard01.jpg
    52.9 KB
  • Clipboard02.jpg
    Clipboard02.jpg
    84.4 KB
Aai partner - jy maak my lus om te ry wakker  :drif: Dankie vir die deel  :thumleft:
 
Jy moet daardie moeë vrou nie so vlak kyk nie, sy het dalk met hierdie gedig daar in die slaap geval;

:laughing4:

O die dans van ons Suster!
Eers oor die bergtop loer sy skelm,
en haar oge is skaam;
en sy lag saggies.
En van ver af wink sy met die een hand;
haar armbande blink en haar krale skitter;
saggies roep sy.
Sy vertel die winde van die dans
en sy nooi hulle uit, want die werf is wyd en die bruilof groot.
Die grootwild jaag uit die vlakte,
hulle dam op die bulttop,
wyd rek hulle die neusgate
en hulle sluk die wind;
en hulle buk, om haar fyn spore op die sand te sien.
Die kleinvolk diep onder die grond hoor die sleep van haar voete,
en hulle kruip nader en sing saggies:
“Ons Suster! Ons Suster! Jy het gekom! Jy het gekom!”
En haar krale skud,
en haar koperringe blink in die wegraak van die son.
Op haar voorkop is die vuurpluim van die berggier;
sy trap af van die hoogte;
sy sprei die vaalkaros met altwee arms uit;
die asem van die wind raak weg.
O, die dans van ons Suster!


 
Casting from Turd said:
Laban said:
..dankie vir die deel Dorsland...inderdaad mooi wereld daardie...verseker 'n goeie besluit om die 800 te hou...vertel meer oor die winter wat voorle..asb..??... ;)...wil graag April, Mei weer daar gaan ry... 8)

Ek ry sommer saam jou meet die Varadrol

….drol………for sure….we can pool the bail money…. ;D 

 
Dorsland said:
Casting from Turd said:
Ek ry sommer saam jou meet die Varadrol

Jy is welkom CFT, hier is so baie paaie hier wat ek nog net op Basecamp gesien het, ek moet my dinge reel dat ek kan gaan ry.



Laban said:
..dankie vir die deel Dorsland...inderdaad mooi wereld daardie...verseker 'n goeie besluit om die 800 te hou...vertel meer oor die winter wat voorle..asb..??... ;)...wil graag April, Mei weer daar gaan ry... 8)

Dis 2 lekker maande daai alhoewel Mei al beginne koud raak Laban.  Die herfs is altyd vir my die lekkertse tyd van die jaar want dis nie so erg warm nie, dis nog redelik windstil en die veld is pragtig (al is hy erg droog dié jaar).  Leipoldt het mos gesê Oktobermaand is die mooiste mooiste maand, en dis waar want dan blom die Karoo.

Om aan te sluit by my riller stelling; die veld het nie volume nie en na verlede winter se min neerslae het die ouens die veld nogal moes wei deur die somer, asook van hulle spaarkampe laat wei.  Die gevolg is dat daar min weiding vir die winter gaan wees.  Ons bid maar volgende seisoen is lekker nat maar hy lê nou 8 maande weg (ons eerste reën kom in die 3de week van Oktober).  Hopelik kry ons sneeu en motreën nou in die winter want dit help vir die bossies, grasveld se groeityd gaan al amper verby.

As die kleinhandel die pryse aan die verbruiker deurgee dan gaan julle ouens tjoppies en biefstuk teen bekostigbare pryse kan koop soos die ouens gedwing word om hulle vee te verkoop.

Ek hoop maar ek is verkeerd.

Dankie Dorsland……Ou Bethlemiet verstaan iewat van kou…… kan genoeg in die syspan se dickey pak…sorted… ;)
 
Dorsland said:
Dankie vir die kommentaar ouens (en ouensinne Mev Vis  ;))

@ Saddle Up:  Daai skimagtige "Hulle" sê mos Afrikaners is plesierig, maar ek dink diep in ons wese is ons maar 'n weemoedige ou volkie.  Groot dele van ons geskiedenis en hoe ons hier aan die Suidpunt beland het is een van swaarkry en hartseer.  Die volksplanting en die ontberinge wat ons mense in die kolonie se Grensoorloë moes deurmaak, die hartseer verhaal van die Groot Trek, die Eerste en Tweede Vryheidsoorloë, die konsentrasiekampe en nou meer onlangs die verlies van ons land word meestal op die psige van die Afrikaner onderskat.  Ons pad is nie gelyk nie.

Maar dis 'n storie vir 'n ander tyd en plek.

Daai gedigte het seker dié weemoed in jou laat ontwaak. Nes mooi musiek, 'n beeldskone vrou, 'n sekere landskap, 'n verhoogstuk, ander se swaarkry soms met 'n mens kan maak.

:thumleft:    

AFRIKANERS IS PLESIERIG

Woorde: A.D.E. GUTSCHE
Musiek: Volkswysie; verwerk: PIERRE MALAN

Afrikaners is plesierig,
dit kan jy my glo,
hulle hou van partytjies,
en dan maak hulle so:
Eers draai die ou vroutjie
en dan draai haar ou man,
en hy vat haar om haar lyfie
en dan draai hulle saam.
Goeienag, my ou vroutjie,
goeienag, my ou man!
Oor 'n week 'n partytjie,
en dan draai ons weer saam.

:thumleft:
 
....vir die wis en onwis.... 8)

OU KAROOLAND

Woorde: THEO W. JANDRELL
Musiek: H. KROME; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS

Ek hou van jou, vaal ou Karooland,
van Kaap tot Oranje se wal.
Ek sing van die boomryke Boland,
van Vrystaat, Transvaal en Natal;
maar liewers van jou, ou Karooland,
want jou min ek ver boweal!

Ek hou van jou brandende sonlig,
van blomme gedrenk met jou dou;
ek smag na jou wolklose lugruim...
die hemel se suiwerste blou.
Ek hou van Natal en die Vrystaat,
maar nooit nie soveel as van jou!

Ek hou van jou, vaal ou Karooland,
as donders na lang droogte knal,
as storms oor jou velde weer losbreek,
en gousblomme bloei overal.
Ek hou van Transvaal en die Boland,
maar jou min ek ver boweal!

Ek hou van jou rustige vlaktes,
as rooidag sy glorie ontvou,
en arende sweef deur jou hemel,
totdat hul verdwyn in die blou.
Ek hou van Natal en die Vrystaat,
maar ruil hul tog nimmer vir jou!

Ek hou van jou, vaal ou Karooland,
as hoog teen die rooikant daarbo
die aalwyn op brandwag staan, eensaam,
met ganna, harpuis en kambro.
Ek hou van Transvaal en die Boland,
maar meeste van my ou Karoo!

:thumleft:
 
Laban said:
Casting from Turd said:
Laban said:
..dankie vir die deel Dorsland...inderdaad mooi wereld daardie...verseker 'n goeie besluit om die 800 te hou...vertel meer oor die winter wat voorle..asb..??... ;)...wil graag April, Mei weer daar gaan ry... 8)

Ek ry sommer saam jou meet die Varadrol

….drol………for sure….we can pool the bail money…. ;D 

And the prokorowers money?  We might have to start a slush fund for them :lol8:
 
En het ek nou lekker saamgery so vroeg in die oggend.  :thumleft:

Daar is niks fout met jou kiekies nie.

Wanneer is die pampoenfees?  Dink ons moet 'n trippie soontoe reel  :deal:
 
JMOL said:
En het ek nou lekker saamgery so vroeg in die oggend.  :thumleft:

Daar is niks fout met jou kiekies nie.

Wanneer is die pampoenfees?  Dink ons moet 'n trippie soontoe reel  :deal:

Ek gaan bietjie hoor wanneer hulle fees hou JMOL, dan laat weet ek jou.  :thumleft:
 
Dankie vir die stukkie 'deel' van jou wereld en sy dinge Dorsland...en dankie vir almal met hul bydraes van gedigte uit onse skooldae...snaaks hoe die goed eers vandag SOVEEL meer sin maak as op skooldae!!!
 

Latest posts

Top