Die Karoo...die Fees en...die afval

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Swart Baard

Race Dog
Joined
May 16, 2011
Messages
704
Reaction score
0
Location
Port Elizabeth
Bike
BMW R1200GS
Die laaste twee weke by die “office” was ietwat van n’ wasmatsjien experience. Maar nou is dinge biekie rustiger en ek kan my RR post  :ricky:

Die van julle wat my nie ken nie, ek is n’ groot vleis liefhebber. Met die dat ek so ruk terug na Bay FM luister hoor ek Jacques raak iets kwyt oor Karoo-lus fees en egte karoo kos stalletjies. Nou kyk, ek word nie sommer twee keer genooi nie en net daar besluit ek die karoo sal op die GS se rug besoek word.

Nou ek ken nie die dorp van Graaf Reinet nie, maar ek onthou Ben Ten is mos van daai geweste. Ek druk n’ PM na hom vir biekie raad oor blyplek en nie lank nie en ons het verblyf. Iets omtrent Ben se profile vang alweer my oog….sy skaap kop gilde “badgie” Ek wonder so vir n’ oomblik oor die besigheid en ek dog toe ek sal hom maar meer daaroor uitvra by die fees. Maar so biekie meer daaroor later.

So raak die tyd nader en dis ook nie honderd jaar nie en ons trek deer die karoo op die rug van die GS. Soos ons deer Wolwefontein ry (moenie jou ogies knip nie, dis sommer nou verby) speel The Good, Tha Bad and The Ugly deer my Scala headset. Man en ek verbeel my kompleet dis so 200 jaar of so terug … ek is op die rug van n’ perd, met n’ hoed op die kop (daai tipe wat aan die een kant skyns op gevou is) … my vel is leer gebraai van die son en ek ry agter die son aan wat sy kop begin sak… Kyk….TOE ry man darem lekker

Ons eerste stop is Jansenville.
SDC13103.jpg


Ek vra die vrou hoe haar nuwe Airhawk seat cover werk…en al wat ek kry is “Dit voel vir my nog net dieselfde”
Ons kap gou n’ koeldrankie en nuttig n’ stukkie biltong van die Bosbok wat ek so 2 weke terug geskiet het.

SDC13105.jpg


Nou ja… ons ry weer. Die pad is lekker stil en ek draai bietjie die GS se oor, want ek lus darem nou iets sterker as n’ koeldrankie.

Oppad na die fees stop on seers by die kerk vir foto’s. Baie mooi kerk hierdie

SDC13110.jpg


SDC13109.jpg


By die fees aangekom en ons soek vir parking naby die ingang. Ons ry mos bike en ek gaan nie vanaand ver loop nie. Maar die car guards (of eerder die brood krummel wat nou brood geword het) het anne planne met ons. Die vrou maan my maar aan om nie my Swart Baard maniere uit te haal nie en ek park maar so entjie weg van die ingang, waar daar ander scooters ook staan.

Nou is dit fees tyd.

SDC13114.jpg


En die voggies vloei  :biggrin:

SDC13115.jpg


Ek sien die kos stalletjie in die agtergrond genaamd Koos se Gat. Menu kan mens net so deer die sambrele sien.

SDC13118.jpg


Ek sien daar is afval op die menu…..nee man…wie eet nou sulke goeters  ???
Dit raak koud en ons beweeg binne die wyn tent in. Nou is dit nog nader loop vir die volgende knerts.

SDC13123.jpg


SDC13124.jpg


Theuns Jordaan sing eers 11h30. Maar die aand is mos nog jonk. Ek gaan soek iets om tee et. Ek sien vriendelikke oomie wat skaap stertjies en chips verkoop. R 25. Lekker cheap en ek gooi. Man dit was nou uit die boonste gestoeltes  :thumleft:

Voor Thuens sy verskyning kon maak, toe kies ons maar die pad huiswaarts. Snaaks hoe die stange van die GS dan nou so erg los voel…maar ek hou hom maar in 2de rat.
 
Dag 2 en ons gaan die Camdeboo omgewing bekyk. Ek por die vrou aan om haar lyf biekie fotograaf te hou. Net soos ons in die reservaat in ry, sien ek sy het die mik en druk uit.

SDC13130.jpg


Sy neem sommer video ook.

https://s1121.photobucket.com/albums/l508/gerberjohann/Karoo-lus%20Fees%2016%20September%202011/?action=view&current=SDC13129.mp4

Oppad na die uitkyk punt oor die vallei van verlatenheid.

SDC13135.jpg


SDC13136.jpg


My twee vrouens  :pot:

SDC13138.jpg


By die Toposcope aangekom

SDC13141.jpg


Paar foto’s van die uitsig

SDC13139.jpg


SDC13142.jpg


Gaaf Rynet

SDC13143.jpg


Nou oppad na die uitkyk by Valley of Desolation. Eers bietjie rigting kry.

SDC13149.jpg


Oppad soontoe kom ons op n’ spilonk af. Ja NoBoDy…dis n’ genuine spilonk  :peepwall:

SDC13154.jpg


Hier moes mense gebly het op n’ stadium. Daar is rook merke teen die mure en goed op die muur geskryf.

SDC13157.jpg


Hoe skaam kry ek vir myself toe ek die sien. Aai…sommige mense he took nie respek vir enige iets nie.

SDC13158.jpg


Weer uit by die spilonk en ons is nou by die uitkyk. Biekie hoog hier af hoor…

SDC13160.jpg


SDC13161.jpg


SDC13162.jpg


Mense hier is kwaai  :patch:

SDC13173.jpg


Oppad terug dorp toe en ons stop by die dam. Blykbaar is dit die eerste keer in baie jare wat hy oorloop.

SDC13181.jpg


Jakkals, dis hier waar ek jou sms gelees het. Nou eers tyd vir vinnige middag slapie en dan weer tyd vir fees gaan hou.


 
Ek wag vir die afval deel  :pot:
 
Baie nice.

nou waar is die res ?

Toe toe toe - moenie dat ons nou nog twee weke moet wag vir die res nie
 
Lekker man!!

Valley of Desolation is a must see!!

:happy1:
 
Ons skop die 2de aand van die fees af met die Mnr. Karoo-lus. Klomp manne met out fits wat hulle na egte boere laat lyk en hulle moet kan werk, kook, drink en hulle moet hulle bakkies ken.

SDC13182.jpg


SDC13184.jpg


SDC13183.jpg


Na die kompetisie bel Ben Ten my en vra waar ek is. Ons ruik mekaar se agterstewe, skud blad en mik dadelik vir die watergaat. Ons werk so paar lekker koue goedjies deer en praat oor bike trips…die forum…van die lekker RR’s wat ons so deer die werks ure lees. Ben se vrou en my vrou kry te lekker lag toe ons daaroor praat…”hy is altyd op die forum”

Ek kry my moed bymekaar en begin vra oor die skaap kop gilde….Ben kry die stoute lag op sy gesig en vertel hou hy sy badgie gekry het. Ons praat oor Heimer se groot liefde vir die skaap koppe en lag lekker terwyl die vrouens onderlangs murmereer oor die hele spul. Volgens Ben is die skaap kop lekkerder as afval. Ek dink weer aan Kobus se Gat en die afval….miskien….  :peepwall:

Ons hou lekker fees en die druiwe sappies vloei lekker. Ek en die vrou praat oor baie dinge, en onder andere afval. Sy moedig my nogals aan…. Ek sluk nog so bietjie druiwe sap en ook nie lank nie en ek is nou lekker honger. Die oomie se skaap stertjies is uitverkoop. Ek dit laat my met een kuise…die afval. Ek se vir die vrou as dit nou nie lekker is nie, gaan ek dit maar vir iemand gee wat dit wel sal waardeer.

My eerste proe van die afval.

SDC13186.jpg


Hier lyk ek nog effe skepties. Nou wat eet ek nou eintlik hier??? Kan nie die goed identifiseer nie…maar hy is lekker….BAIE lekker  :drif:

Kyk hoe eet ek hom nou  :eek:  :eek:  :eek:  >:D  >:D  >:D

SDC13190.jpg


Nou as Ben reg is…en die skaap kop is lekkerder as hierdie afval….nou ja…dalk kry ek ook miskien n’ “badgie” op een of ander tyd  :pot:

En so kom alle dinge ook tot n’ einde. Dankie aan Ben vir die raad vir verblyf. Dankie vir die vrou vir die goeie geselskap en jammer Jakkals dat ons toe nie mekaar gesien het nie. Next time  :thumleft:
 
This had nothing to do with you missing the SHE meeting last friday?
 
Nice RR Swart Baard
Jammer ek het jou gemis maar soos jy self weet was daai 'n lekker fees en almal het maar rond beweeg.

Nou wag ek ook vir die res
 
Ditsem vir daardie afval eet. Nou het jy die smaak.  :thumleft:
 
Top