Die lekker ompad na die Suidkaap WD saamtrek.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Fenderbender

Race Dog
Joined
Oct 7, 2006
Messages
4,105
Reaction score
294
Bike
BMW R1200GS Adventure
Foto 1.  
  Ons was so 6 manne wat Sondag oggend in Robertson bymekaar gekom het . Legadema (Bob) , Weskus (Dewald), Louwtjie , Ektoknbike (Hein) , Boetie en ek . Bob het n lekker roete vir ons op die tafel gesit en ons het in die pad geval .
Op Montagu alles wat leeg of halfleeg was volgemaak en koers gekies na Ouberg toe . Sommer so met die wegvlie n lekker 2spoor kortpaadjie wat weer aansluit by die Oubergpas .
By die eerste hek het ons reeds groot skade , Ektok het 2 bottels voorraad verloor . Louwtjie het agter gery en wragtag, hy tel toe een bottel op in die pad , heel. !

Foto 2.
 By die afdraai na Bloutoring , beraadslaag ons gou . Ons wil nie verdere skade he aan die kosbare voorraad nie,  Ektok en Louwtjie besluit toe om maar eerder op die wye grondpaaie te bly en koers te kies De Rust toe.

foto3,4 en 5.
Ek , Legadema , Weskus en Boetie kies koers na Anysberg . Die Karoo son begin sy ding doen , as ons stop kry ons warm , so ons probeer dit so min as moontlik doen . Ons is gelukkig om n paar gemsbokke tee te kom , ongelukkig te vinnig vir die kamera. Dis altyd lekker om deur hierdie reservaat te ry .
 

Attachments

  • Des 2010 004.jpg
    Des 2010 004.jpg
    103.4 KB
  • Des 2010 006.jpg
    Des 2010 006.jpg
    113.8 KB
  • Des 2010 008.jpg
    Des 2010 008.jpg
    116.7 KB
  • Des 2010 009.jpg
    Des 2010 009.jpg
    134 KB
  • Des 2010 001.jpg
    Des 2010 001.jpg
    91.8 KB
foto 1 en 2 .
 Ons pak weer n stuk lekker oop grondpad aan , Laingsburg toe , die HP2's is dors . Ons maak vol en eet n vinnige Steersburgerjie sommer so onder n boom . Op die 10 km sukkie teer wat ons moet ry speel ek so bietjie met die kamera .

foto 3,4 en 5 .
  Ons maak n vinnige stop By die Floriskraal dam . Dis hier waar die Buffelsrivier , Baviaansrivier en die Wilgenhofrivier bymekaarkom. As mens so oor die dam kyk , kan n mens nie anders as om te dink aan die 72 vermiste mense  wat iewers onder die slik begrawe le na die Vloed in 1981.
 

Attachments

  • Des 2010 010.jpg
    Des 2010 010.jpg
    91.1 KB
  • Des 2010 011.jpg
    Des 2010 011.jpg
    136.2 KB
  • Des 2010 013.jpg
    Des 2010 013.jpg
    121 KB
  • Des 2010 014.jpg
    Des 2010 014.jpg
    108 KB
  • Des 2010 015.jpg
    Des 2010 015.jpg
    103.7 KB
Bob lig ons in dat die volgende stuk na die Gamkapoort dam se rigting iets soos 25 hekke het . Ons besluit toe sommer net daar dat die voorste ryer die hek oopmaak en toemaak . So roteer ons altyd en dit het verbasend vinnig gegaan . Ons is beloon met een van die lekkerste roetes wat ek nog gery het .

foto 1.
Eerste hek myne en Bob laat die revs lekker loop op die KTM .

foto 2.
Weskus se 800 klink nie meer soos n wasmasjien nadat hy n Scorch pyp opgesit het nie .

foto 3.
Boetie nog op sy snykant .

foto4.
25 van die blerrie goed .
 

Attachments

  • Des 2010 018.jpg
    Des 2010 018.jpg
    105 KB
  • Des 2010 019.jpg
    Des 2010 019.jpg
    105.8 KB
  • Des 2010 017.jpg
    Des 2010 017.jpg
    90.5 KB
  • Des 2010 016.jpg
    Des 2010 016.jpg
    101.4 KB
foto 1.  My beurt om om hek oop te maak ,die draai net voor die hek vang my onkant . Bob hou die regte lyn , maar my droogmaak streep kan duidelik agter teen die skouer van die pad gesien word.

foto2 . Die draai vang Weskus ook uit en hy volg met verbasende  akkuraatheid my verkeerde lyn. :imaposer:

foto3. Totale ongeloof dat hy dit gemaak het  so met die omkyk .

foto4 en 5 . Die pad raak later n 2spoor , maar die stippeltjies wys op die blikbrein . Een van die laaste hekke is Bob se beurt . Daar hang n groot slot aan hom . Ons moed sak . Terug kan ons nie . Hier moet ons deur . Ons sug van verligting toe Bob vir ons skree dat die slot oop hang aan die dik ketting .
 

Attachments

  • Des 2010 020.jpg
    Des 2010 020.jpg
    104.4 KB
  • Des 2010 021.jpg
    Des 2010 021.jpg
    102.3 KB
  • Des 2010 022.jpg
    Des 2010 022.jpg
    92.8 KB
  • Des 2010 024.jpg
    Des 2010 024.jpg
    86 KB
  • Des 2010 025.jpg
    Des 2010 025.jpg
    92.2 KB
Fenderbender said:
Sommer so met die wegvlie n lekker 2spoor kortpaadjie wat weer aansluit by die Oubergpas .

Die een wat by Christo Stemmet hulle oor die berg gaan?
 
dit lyk sover na 1 moerse lekker trip :thumleft: is daar dalk 'n video clip van die 800 met die scorch pyp, ek wou een kry maar was "mooi" gevra om dit nie te doen nie.
 
foto 1,2 en 3 .
Eindelik kom ons by n half verlate opstal uit . Die groot doringbome is n lafenis . Daar is n sementdam , maar die water stink van die brak . As man warm kry , dan kry man warm en Boetie spoel sy kop af vir bietjie verligting . Hier moet die son jou nie alleen kry nie en sonder water moet jy ook nie wees nie . Ons backpacks se water raak ook al lou , gelukkig is ons darem nou nie meer ver van Prince Albert nie .

foto 4en 5 .
 Weer in die beskawing  en ons maak weer vol . Ons mors nie tyd om n yskoue Hunters Dry in die hande te kry nie . n Bier smaak darem net anders as jy hom verdien .

 

Attachments

  • Des 2010 027.jpg
    Des 2010 027.jpg
    105.9 KB
  • Des 2010 030.jpg
    Des 2010 030.jpg
    106.6 KB
  • Des 2010 031.jpg
    Des 2010 031.jpg
    92.1 KB
  • Des 2010 033.jpg
    Des 2010 033.jpg
    130.4 KB
  • Des 2010 034.jpg
    Des 2010 034.jpg
    127 KB
Kom oom fender - jy's nog net halfpad.
 
foto 1 en 2.
 Die son begin water trek en ons kies koers na Meiringpoort . Wat n belewenis om die poort so in die skemerte te ry. Dis sterk skemer toe ons by Meijers Rust se hek stop .  Op met die 2 spoor paadjie tot bo , waar ons die Suidkaap manne kry . Die manne is al lekker op dreef en ons val met so n tevredenheid in ons , ook in by die geselligheid. :thumleft:
 

Attachments

  • Des 2010 035.jpg
    Des 2010 035.jpg
    140.2 KB
  • Des 2010 036.jpg
    Des 2010 036.jpg
    100.4 KB
Ons het baie lekker gekuier saam met die Suidkaap honne , ou en nuwe gesigte gesien . Paar lekker stories is vertel . Het ongelukkig nie fotos nie , ek is seker daar sal n paar wees op die RR.
Volgend oggend het ek , Ektok en Louw die pad huis toe weer aangedurf . Legadema , Weskus en Boetie is verder land in op n weektrip , kan nie wag vir die RR .
Dankie vir die  trippie  manne , dit was lekker soos altyd .  :thumleft:
 
Berm_Rooster said:
Lyk sommer spils FB! Ek is flippen spyt ek kon dit nie maak nie. Het julle n GPS gehad, ek sal laaik om julle roete te sien.
dit maak 2 van ons, sal graag die roete wil sien...
 
Lekker om saam te kon ry en kuier, veral die aand  :imaposer: :imaposer:

Ons maak weer so, hopenlik weer saam met daai mal klomp van die Paarl en Weskus :thumleft:
 
Biesie said:
Fenderbender said:
Sommer so met die wegvlie n lekker 2spoor kortpaadjie wat weer aansluit by die Oubergpas .

Die een wat by Christo Stemmet hulle oor die berg gaan?

Dis net hy daai Biesie .  :thumleft:
 
Pote said:
Berm_Rooster said:
Lyk sommer spils FB! Ek is flippen spyt ek kon dit nie maak nie. Het julle n GPS gehad, ek sal laaik om julle roete te sien.
dit maak 2 van ons, sal graag die roete wil sien...

Ek kon  die stippeltjies volg  op my GPS , Bob het die hele roete op syne geplot . Kan kyk of ek sy roete kan aflaai .
 
:thumleft:  Baie dankie, dit lyk rerig lekker.

Is bitter spyt dat ek dit nie kon maak nie  :'(
 
Ek het gister toe ek van Swellendam se kant af (in die kar en met altwee skoonma's saam) by Ashton se afdraai kom en die Silver Kaa Tee Em met die draadloos arealtjie agterop sien verbyzip gedink ek moes maar probeer het om die een mee te maak.
:(

Veral toe vir jou en die rooi GS ok sien kom van agter af.


Groen, manne - groen.

Dis mos nie lekker om 'n nice klomp ouens met vuil bikes en bree smiles te sien terugkom van 'n trip af en jy's in die kar nie.
:)

Dankie vir die wheelie net buite Ashton - jy moes die kommentaar van skoonma'le gehoor het
;D ;D ;D ;D ;D

 
" (in die kar en met altwee skoonma's saam) "
:imaposer:  :imaposer:  hoe het jy dit reg gekry?  :pot:    :imaposer:
 
Eisbein said:
Ek het gister toe ek van Swellendam se kant af (in die kar en met altwee skoonma's saam) by Ashton se afdraai kom en die Silver Kaa Tee Em met die draadloos arealtjie agterop sien verbyzip gedink ek moes maar probeer het om die een mee te maak.
:(

Kan net dink hoe dit voel met 2 skoonma's, ek het gelukkig net een  ;D
 
Top