Die Mond

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Flatout

Race Dog
Joined
Oct 24, 2010
Messages
1,236
Reaction score
0
Location
Cape Town
Bike
Honda TransAlp XL700V
Uiteindelik weer ’n kans om te ry. Soek vinnig maats maar dis net my dogter Lindsay en broer Braam wat lus is en daar gaan ons. Die wind waai en die weer lyk baie drygend maar dis eers in Ceres dat ons ’n paar druppeltjies moet trotseer. Vul vinnig die rantsoene aan by die Spar en koop langsaan so ’n paar toorgoedjies vir die koue.

Dit lyk pikswart oor Theronsbergpas en ons ry benoud daar weg. Gelukkig reën dit nie verder nie en ons haal die Karoo kurkdroog.  

d001.jpg


Na ’n paar swaaie in die sandwalletjies a.g.v. ’n baie sterk dwarswind beland ons darem heelhuids by Hein en Susan se padstal.

DieMond2011002.jpg


Ongelukkig het die dranklisensie nog nie gekom nie en die “Koffie-kroeg” lyk maar leeg.

d006.jpg


’n Ou wilde kaatjie maak sy opwagting en steel vir ’n oomblik die kollig.

DieMond2011004.jpg


Nou is dit nog so 60km na Die Mond toe en die wind sorg vir groot sports. Die laaste 16km is sinkplaat van die ergste kwaliteit en ek vrees dat ek ’n paar stopsels kan verloor. Ek kry sommer nuwe respek vir my fiets  wat met ’n swaar vrag dié mishandeling oorleef het. Ons arriveer by die kliphuis wat ons gunsteling oornag plek is en gooi onmiddellik vir elkeen ’n stywe kalmeermiddel.

DieMond2011005.jpg


Dis nou lamtyd en oral waggel kleintjies rond.

DieMond2011019.jpg


Ons besluit later om te voet te gaan verken. Hier klim Braam oor ’n kampdraad wat op ’n afgrond eindig.

DieMond2011022.jpg


Die water dam nog lekker ver op in die kloof.

DieMond2011021.jpg


Braam sukkel om vir Lindsay wat spesialiseer in hoogtevrees teen ’n styl krans af te help.

DieMond2011025.jpg


Ons is gelukkig om dié goed bewaarde  Boesmantekeninge  op ’n plek te kry wat effens te moeilik bereikbaar is vir ons moderne generasie Boesmans.

d020.jpg


Verder op in die kloof vloei twee strome saam en word on beloon met die mooi toneel.

DieMond2011034.jpg


Die oornag-grot word ook besoek.

d022.jpg


Terug by die kamp maak ons gou vuur onder die Donkie en steek sommer terselfdertyd ook die braaivleis vuur aan.

DieMond2011039.jpg


Ek en Braam by vuur.

d031.jpg


Die heerlikheid self.

DieMond2011051.jpg


Daar word onder andere met Hoodia geboer. Word glo gebruik as ’n eetlusdemper iets wat ons nie nou nodig het nie.

DieMond2011042.jpg


Braam verlang skielik huis toe maar moet maar tevrede wees met dié stil meisie.

d032.jpg


Die volgende dag ry ons met die Katbakkies pad terug. Hier staan Lindsay net bo-kant Skitterykloof. Na gisteraand se kapperjolle voel party van ons ook soos die kloof.


DieMond2011053.jpg


Later eet ons ’n lekker Top Box- ete voordat ons die laaste stukkie grondpad geniet.

DieMond2011055.jpg


En so eindig nog ’n lekker vinnige onbeplande rit. 
 
Waar's die res vannie vleis?

Daar is mos drie va' julle, of was twee mos vegetarians..?  :patch:

(Baaie mooi trippie, veral met jou dogter, wat vil saamry. Dis mos beter as ... amper enigiets..)
 
Sprocketbek said:
Lekker! :thumleft:
Ek dink dit is tyd dat ek ook weer soontoe gaan.
Ek was nog nooit daar nie.
Moet dit op my ellelange lysie sit.
Mooi Flatout. Ek like dit as die dogters so saam met hul Pa's ry. Bigtime bonding dink ek!! :thumleft:
 
Weereens lekker!
Ek was self noggie daar nie en dis net hier anderkant. Laat weet sommer dan kry ek jou daar ChrisL.

Ons moet net hoor of ons nog gaan toegelaat word, klink my daar moes Saterdag in die vroeë oggendure versoeke vir stilte gerig en sleutels afgevat word om die KTM's se backfiring te stop.  :peepwall:

Ons wag maar vir die RR die week.
 
Jissie dit lyk na 'n nice plek. Weet nie wanneer 'n wes-transvaler daar sal uitkom nie maar het jy dalk die kontakbesonderhede asb. Thanks.
 
Ek hoop regtig nie dat Mof se gerug waar is nie. Linda en Hannes Hough is sulke gasvrye mense wat nie sulke blootstelling verdien nie.

Aan almal wat navraag gedoen het en nog gaan doen , hier is hulle nommer: 0832471247. ’n Groot deel van die Tankwa sit sonder telefoonverbinding nadat Professionele Suid Afrikaanse Kleptomane met die koperdraad weg is. Telkom stel ook nie daar in belang om dit te vervang nie, so die mense is nou afhanklik van satellietfone.
 
chrisL said:
Sprocketbek said:
Lekker! :thumleft:
Ek dink dit is tyd dat ek ook weer soontoe gaan.
Ek was nog nooit daar nie.
Moet dit op my ellelange lysie sit.
Mooi Flatout. Ek like dit as die dogters so saam met hul Pa's ry. Bigtime bonding dink ek!! :thumleft:

+1 (ek hettie 'n dogter nie) - maar wil nog na die mond toe. Ek ry net altyd verby na verdere plekke.
 
Top