Die Sederberg trip waar als verkeerd gegaan het

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Frannarossi

Race Dog
WD Vendor
Joined
Jan 23, 2008
Messages
3,714
Reaction score
32
Location
Stilbaai
Bike
BMW R1200GS Adventure
Ek wou die report in engels doen,maar aangesien dit my eerste trip report is waarvan ek nog die foto's van photobucket af ook moet laai hou ek maar by die taal wat ek ken,anders gaan ek myself heeltemal deurmekaar maak!
Nou ja,daar was elke dag iets wat verkeerd geloop het,en die eerste het al by die huis begin toe my pa uit "pull" omdat hy meer worry oor my besigheid as ek self (soos hy dit gestel het),so toe bly hy maar.
5600x450.jpg

Ons is van Stilbaai oor die Garcia pas en deur Brandrivier se lekker grondpad highway tot by Warmwaterberg vir ontbyt.Tot daar het als darem glad verloop.
26600x450.jpg

Na ete moes ons by die hek van Sangoma wag vir iemand om ons te begelei aangesien die leeus en olifante vrylik rondbeweeg binnie die park.Na seker 20 minute plus se gewag is ons op die ou end sonder begeleiding deur die park (hulle het ons verseker die leeus is in die ander hoek van die park).
33600x450.jpg

Ek en nick-fish het die krane bietjie begin oopdraai oppad Touwsrivier toe,en toe ons stop om vir Baches en Francois te wag,toe kom ons agter my bike se gat het afgebreek met topbox en al!
55600x450-1.jpg

51600x450-1.jpg

Met bietjie gesukkel en genoeg tou bind ons toe die gat vas aan die raamwerk en laai toe my topbox op Baches se KLR tot in Touwsrivier.
42600x450.jpg

Daars toe niemand wat alliminium kan sweis in Touwsrivier nie,so toe los ek maar die box daar en vat net die nodigste saam.
Van daar tot in Clanwilliam het als darem glad verloop.Ons het 'n paar biere gedrink by die pub in die dorp en is toe oor die Pakhuispas na die bungalow toe wat ons gehuur het (De Pakhuis).Baie baie nice plek waar ons bietjie in die swembad afgekoel het en gekuier het tot net net voor die son opkom (so het dit gevoel die volgende oggend).
87600x450.jpg

114600x450.jpg

Triumph op die grondpaaie.Laat iemand weer sê die bike is nie vir grondpad gebou nie!
68600x450.jpg

George (ons apteker hier op die dorp) het ons kom join die volgende oggend vir sy eerste amptelike "offroad" trip.
132600x450.jpg

Die pad tot by Wuppertal was 'n fees soos gewoonlik,maar by Eselbank was dit maar koes koes deur die sand en los klippies.Met die hitte het ons eers 'n lekker swem gevang in die swemgat by Eselbank.
154600x450.jpg

Ons het 'n heerlike ete geniet by die Sederberg Oasis en 'n paar biere geniet want dit was warmer as warm of daai stadium.
173600x450.jpg

Die pad na Oasis,'n fees!!!
175600x450.jpg

Net na ons daar weg is het die volgende "bad luck" ons getref.George is te vinnig om'n draai net na ons oor die koppie is en val toe sy eerste val. ( R 40 000 later).
194600x450.jpg

Die ou kan darem verder ry en na so paar km's was die ou weer goed aan die gang.Dit was afdraend tot by Prins Alfred Hamlet waar ons oorgeslaap het en die bier en brandewyn het soos heuning gesmaak.Daar was 'n "live band" vir die aand wat gekook het!(Of was dit ons?)
199600x450.jpg

Die volgende oggend het ons gemik vir huistoe en die karoo se "highways" gevat.
206600x450-1.jpg

Op 'n stadium het ons die "gap" tussen mekaar so bietjie gerek na ons die teer gevat het en na ons so 100km stretch gedoen het en stop dat ons groepeer onder die Garcia pas kry ek na so 25 minute 'n oproep van Baches wat sonder petrol gaan staan het 50km van Riversdal af!Nou ja,ons het vir hom by die Wimpy gewag en na so amper 'n uur was hy weer oppad en ons het gestoot om by die huis te kom.Uitgeput was ons alaml darem veilig by die huis op die ou end met 'n trip wat soos altyd 'n fees was!
 
Francois said:
Na ete moes ons by die hek van Sangoma wag vir iemand om ons te begelei aangesien die leeus en olifante vrylik rondbeweeg binnie die park.Na seker 20 minute plus se gewag is ons op die ou end sonder begeleiding deur die park (hulle het ons verseker die leeus is in die ander hoek van die park).
FYI (sonder om smart-ass te wees  ;) ), die park se naam is 'SANBONA'.  My suster was so bevoorreg om 'n jaar daar as 'Wildlife coordinator' te werk.  Was baie daar en ek moet sê, ek sal 2 keer dink voor ek met 'n bike daar infoeter, daai leeus is groot!
 
My vrou kak my elke keer uit omdat ek die park se naam verkeerd sê
 
Francois said:
My vrou kak my elke keer uit omdat ek die park se naam verkeerd sê
Francois, ek belowe eks nie jou vrou wat onder 'n skuilnaam op jou spioeneer nie!  :D

Oja, btw, nice RR en foto's!  :thumleft:
 
Ek het nog nie in my lewe so vinnig met 'n bike deur 'n plaas gery nie. Jy voel die heel tyd 'n paar tande wat jou van agter af by kom. Gelukkig was die pad darem in 'n baie goeie toestand. Die pad deur die Cederberge raak al hoe slegter, maar adventure biking is mos nie vir sissies nie, of hoe ? BTW is ons mos wilde honde !!! Bang vir niks. Om alles op te som bly die Cederberge nog vir my die beste trip naas Namibia.
 
Top