Die Suid Kaap is groen en mooi.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Ai Chris, jy laat 'n man verlang!  Maar seg my: hoe het jy in '86 by daai hoe" rotse voor die de Villiers Graafse se plek (by Blombos) verby gekom (waar jy onder die hoogwatermerk moes hou)?  Hulle het darem net niks gelaaik van 'n man met 'n visstok daar nie...
 
O ja, ek wou nog gevra het, staan die klein huisie nog so alleen daar by Masterstok?  Dit was altyd ons waterdrinkplek gewees op 'n warm dag (die wilde bye het net soms gepla).  Sjoe ek was dekades laas daar.
 
Dit het skuurskuur gegaan daar by die graaf se plek verby.
Masterstok se huisie is nog daar en nog vele ander nuwes wat gebou is.
Sal daarvan hou om dit weer te loop.
Het my nogal toe bekommer of ek genoeg water sou hê vir die drie dae se loop maar dit was
geen probleem.
Orals loop daar water vanuit fonteine uit die klipskeure.
 
Een van die lekkerste loops in die land, lyk my. En dan vertel jy dit ok nog so lekker.
 
What a very nice RR Chris :thumleft: :thumleft:

Thanks for sharing it with us. ;)
 
Ai hoe verlang ek nou na Stilbaai. ;)  Baie mooi fotos Chris.
Chris ek onthou as ek vir my ouers gaan kuier het,  as jy om daai laaste draai kom net voor die "Stabels" is daar een of ander karoo bossie wat ek altyd ryk en net in daai omgewing dan weet ek my vakansie begin en ek is weer by die huis. Mooi wereld daai. Nog n K@k dag in SA  :thumleft:
 
Gister het ek saam met Mike Hopkins se group gery met Tankwa Biking. Ones het so bietjie Riebeek gery en by Grotto Bay geindig. Die grass is skoon, die lande staan so mooi en alles was helder....dis leka innie Kaap :drif: :thumleft:
 
Baie dankie Chris! pragfotos. Ons het ook baie van die paaie gery toe ons die naweek in Stilbaai gaan kuier het! Dink dis tyd dat ons weer so maak!

Groete en o ja - ek het die naweek die Heidi's opgesit.
 
Definitief op my wenslys!! Dankie - dis baie mooi wereld daardie, so ook jou fotos! :thumleft:
 
Jy bly maar 'n meester met die ride reports. :thumleft:
 
Kalahari Leeu said:
Chris - hoekom het jy nie seker gemaak dat ek saamry nie?
Sorry maar soms soek my gestel alleen ry. :deal:
 
I see you got your wish for rain this weekend.  8)
 
Oom chris!! Ek wil gaan kayak op daai rivier! 
Oom chris ek nie geweet riverdal het sulke here huise nie,  riverdal lyk eentonig van die hoof pad af.  Maar sal eendag met bike die hele riversdal wil explore
 
Baie dankie ChrisL, nou baie lekker saam met jou getoer... in dele van ons mooi land waar ek nog nie was nie...  :thumleft:
 
Top