Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA, is nou klaar)

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Johan14

Race Dog
Joined
Jul 14, 2010
Messages
528
Reaction score
0
Location
Somerset West
Bike
BMW F800GS
Goeie dag Honne

Na al die “Planning a Ride Post” kan ek uiteindelik die RR begin. :lamer:

Ek gaan sommer by die begin, begin…

Die trippie het al in Junie 2013 ontstaan. Ek en my vriend Willie het een aand gebraai, ons gesels oor verlof en my 45 verlof dae wat ek het. (Soos julle weet mag n mens nie meer so baie he nie.) Ek se toe vir hom, ek gaan een maand se verlof vat en om SA ry, of so iets lekker doen. Hy se dadelik dat dit is n blink plan, hy kom saam.

So begin die trip se beplanning… een van die belangrikste reels wat ons gehaad het, was dat ons nie te baie gaan beplan nie.Die beplanning het natuurlik nie te lank geneem nie. Ons roete sou antiklokgewys om SA wees.  Van Somerset West na die grenspos by Kosi Baai, Kosi Baai na die grenspos by Musina, Musina na die grenspos by Alexander Baai en van daar terug Somerset West toe.

Ek en Willie het nog n vriend wat altyd saam ry, sy naam is Johan. Hy en Willie besit Extreme Motorcycles in die Strand. Ons vertel hom van die idee om, om SA te ry. Hy se dit klink baie lekker, maar hy sal nie saam kan gaan nie.(Werk, Vrou en kind  :3some:) Gevolglik mag ek en Willie nie oor die trip praat as hy by is nie, want dis nie vir hom lekker om te hoor ons gaan ry en hy kan nie saam kom nie… :ricky:

Daar word  besluit om 01 Feb te vertrek, om SA te ry en terug te wees 21 Feb.

2 maande voor ons vertrek laat weet Johan hy kom saam!!! Mariana het gese hy moet ook gaan. (Dankie Mariana :thumleft:)

Nou kan ons nie meer wag om te ry nie!!!!

PS: Ek is nie Dalene Matthee nie  :deal:
 
As jy Dalene Matthee was sou julle net "Donuts in n Bos" gery het. >:D

Sub :thumleft:
 
Hahaha Ja Oom Chris dit is seker so... :laughing4:

Ek sal vannaand dag een met sy fotos tik by die huis en more oggend post.
 
Toe nou. Dit is nou al vanaand. Gooi die pics en report.  :thumleft:
 
Honne ek post hom as ek by die werk kom in die oggend, hy is getik en reg vir julle! :spitcoffee:
 
Ek het dit gedoen in 2008, met 'n kar  :-[  Wys ons  :thumleft:
 
Dag 1

Die plan vir dag een was om te ry van Somerset West na Willowmore. Dit het beteken ons moet vroeg opstaan en probeer om 7 uur oor die berg te wees. Dit het nie gebeur nie... :-[

Ek was al n week voor die trip gepak en reg gewees, kon nie wag nie. Al wat gekort het was my paspoort. Ons reeling was vir Mariana, Johan se vrou, om maandag 03 Feb my paspoort te gaan op tel en te pos na Kokstad.(Voor Sani Pas)
Willie laat weet ons vrydag , hy gaan n bietjie laat wees. Hy moes sy nuwe lisensie skyf eers gaan optel. Geen probleem, dan ry on 9 uur…  :-\
Die opgewondenheid maak my natuur 5uur satedag oggend wakker en ek ry na Johan se huis. Hy is ook al wakker en gepak, net so opgewonde soos ek. Willie was vroeg op en wag toe net vir die lisensie kantoor om oop te maak. Terwyl ek en die Grote (Johan) wag, dink ons dalk is binneland se sake oop, dan kan my paspoort ook opgetel word. Wragtig, hulle was oop, paspoort en lesensie skyf op n saterdag uitgesort, kan julle dit glo!!! :hello2:

Ons neem n foto by Johan se hek om die trip te begin (foto 1) en gaan stop gou by die winkel om te groet. Ons skuif hier en daar iets reg en rond, groet almal en vat die pad (foto2) dis 11uur, hahaha ons beplanning werk great!!!! :ricky:
 

Attachments

  • 1.JPG
    1.JPG
    183.7 KB
  • 2.JPG
    2.JPG
    171.9 KB
Dis n mooi dag en Sir Lowry’s Pas gly lekker onder die scooters verby.(foto 3-4) :ricky:

Ons wou nie regtig te baie teer ry nie en draai af by Grabouw (R321) om by grond paaie aan te sluit. Die Elgin Valei is baie mooi (foto 5-6-7-8-9) :thumleft:

Soos ons af kom teen die pas oppad ne Villiersdorp, breek Willie se clutch kabel, wel so het ons gedink. By die petrol stasie gestop om die kabel uit te sort, sien ons daar het net n boutjie los gekom. Die Grote sal weet presies wat die bout se naam is, ek nie.(Nou dat ek daar aan dink, dit was n moer…) Die oom in (foto 10) was baie vriendelik en ry self bike. Hy het bietjie gesels en ons voorspoed toegewens, voor hy weer verder gery het, dankie oom.  :3some:
 

Attachments

  • 3.jpg
    3.jpg
    85.3 KB
  • 4.jpg
    4.jpg
    84.7 KB
  • 5.jpg
    5.jpg
    114.4 KB
  • 6.jpg
    6.jpg
    89.9 KB
  • 7.jpg
    7.jpg
    95.7 KB
  • 8.jpg
    8.jpg
    117.8 KB
  • 9.JPG
    9.JPG
    128.4 KB
  • 10.JPG
    10.JPG
    161.9 KB
Die pad van Villiersdorp na ons eerste stukkie stofpad is lank en reguit (min het ons geweet wat wag op ons...) Dit het ons die kaans gegee vir n paar GoPro picks.(11-12-13) Na die stof pad (wat oom Chris L vir my gewys het) stop ons vir n rukkie in Robertson (foto 14)
 

Attachments

  • 11.jpg
    11.jpg
    85.7 KB
  • 12.jpg
    12.jpg
    80.6 KB
  • 13.jpg
    13.jpg
    86.6 KB
  • 14.JPG
    14.JPG
    128.6 KB
Top