Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA, is nou klaar)

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Die volgende stofpad wat ons wil ry is buite Montagu, dit pas my goed want, dan kan ons by Oom Veldbrand stop vir ete.(Koedoeskloof buite Ladismith) Hy maak n great Kudu burger! Die stukkie pad voor Motagu is mooi en lekker om te ry.( foto 15-16-17-18)
 

Attachments

  • 16.jpg
    16.jpg
    101.4 KB
  • 17.jpg
    17.jpg
    101.4 KB
  • 18.jpg
    18.jpg
    105.1 KB
  • 15.jpg
    15.jpg
    82 KB
Die pad deur die Anysberg Natuur Reservaat was ongelukkig nie n opsie nie.(Lees ou DikZol se RR) ons besluit om te bly op die stofpad wat mens kry net buite Montagu aan die linker kand van die pad na Barrydale. Die pad is baie lekker, mens gaan oor die Ou Berg pas wat nogal mooi is. Hy is wel baie verleidelik en n ou moet maar kop hou om nie te dink jy is Marc Coma in die Dakar nie. :ricky: (foto 19-20-21-22-23-24-25-26-27-28)
 

Attachments

  • 24.jpg
    24.jpg
    104 KB
  • 28.JPG
    28.JPG
    160.2 KB
  • 27.JPG
    27.JPG
    139.6 KB
  • 26.JPG
    26.JPG
    157.3 KB
  • 25.JPG
    25.JPG
    147.9 KB
  • 23.jpg
    23.jpg
    115.8 KB
  • 22.jpg
    22.jpg
    118.1 KB
  • 21.jpg
    21.jpg
    114.8 KB
  • 20.jpg
    20.jpg
    119.9 KB
  • 19.jpg
    19.jpg
    85 KB
Ek is nie seker wat mens die stukkie pad noem nie, maar dis n baie mooi view. (foto 29-30) Oom Chris L sal vir ons kan se. Daar is mos plekke op die maan waar hy al bike gery het. Haha
 

Attachments

  • 29.jpg
    29.jpg
    114.3 KB
  • 30.jpg
    30.jpg
    121.5 KB
Teen die tyd van die dag is ons al lekker honger en druk maar vir Oom Veldbrand se plak. Tekens van die water wat vroer die jaar hier deur is kan jy orals sien en dit hou mens op jou tone. Wie is nou lus vir val op die eerste dag van so lang trip... (foto 31-32-33-34-35)
 

Attachments

  • 35.JPG
    35.JPG
    164.7 KB
  • 34.JPG
    34.JPG
    173.3 KB
  • 32.jpg
    32.jpg
    136.7 KB
  • 31.jpg
    31.jpg
    139.1 KB
  • 33.JPG
    33.JPG
    149.2 KB
By Koedoeskloof aan gekom, het ons dadelik iets gekry om te drink en te eet. (foto 36) Terwyl ons sit en gesels kom ek agter dat ek al 340km gery het op my eerste tank, dis die beste wat ek nog gekry het. Die laaste paar km het die fiets wel gese 0km op die range. Darm weet ek nou ek kan dit maak tot daar op n tank. :3some:
 

Attachments

  • 36.JPG
    36.JPG
    169.4 KB
Na die die lekker burgers het ons n foto of twee geneem en weer in die pad geval. Dankie Oom Veltie (foto 37-38)
 

Attachments

  • 37.JPG
    37.JPG
    184.6 KB
  • 38.JPG
    38.JPG
    150.8 KB
Die plan was om deur Calitzdorp, langs die Swart Berge af te ry na De Rust en deur Meiringspoort te gaan, die tyd het min begin raak, toe bly ons op die Route 62 (foto 39-40-41) na Oudshoorn. Van daar ry ons met die N12, rigting Klaarstroom. Soos die mense weet wat al daar deur is, Meiringspoort is baie mooi en lekker om deur te ry. ( Foto 42-43-44-45-46-47-48-49-50-51-52)
 

Attachments

  • 44.jpg
    44.jpg
    102.7 KB
  • 48.jpg
    48.jpg
    118.9 KB
  • 47.jpg
    47.jpg
    96.9 KB
  • 46.jpg
    46.jpg
    84.9 KB
  • 45.jpg
    45.jpg
    118.8 KB
  • 43.jpg
    43.jpg
    107.3 KB
  • 42.jpg
    42.jpg
    88.8 KB
  • 41.JPG
    41.JPG
    145.5 KB
  • 40.JPG
    40.JPG
    157 KB
  • 39.JPG
    39.JPG
    132.7 KB
Soos ons staan en die mooi in neem, kom daar n ou (ek het die woord vent uit gehaal, my Pa se dit het iets met n kat te doen) op die scooter aan. (foto 53) Dis n soort BMW maar ek is nie nou seker wat nie. Hy toer al amper 5 maande op sy eie deur Afrika oppad na Cape Agulhas. Dit laat wel ons trip soos n breakfast run lyk, maar as julle wil gaan kyk, hier is n link na sy “blog” https://routeagulhas.blogspot.com/. Na nog n bietjie gesels (foto 54) groet ons die ou (wat nou nie meer n vent is nie) en klim op ons scooters na Willowmore. Die (R407) is n mooi pad om te ry maar, wees versigtig vir kudus as julle in die skemer ry. n Paar het tussen my en die Grote deur gehardloop, daar is ook n paar simpel driffies of twee wat mens kan uitvang.
 

Attachments

  • 53.JPG
    53.JPG
    165.2 KB
  • 54.JPG
    54.JPG
    185.7 KB
By ons oornag plek aangekom “Finchly Farm” pak ons af en gaan soek iets om te eet. Tot my verbasing is Willowmore baie stil op n saterdag aand. Ons kry uiteindelik n plek oop “Villa d’ Lockyer”. Die mense hier is baie vriendelik (Billie & Jeanne) en betrokke by die gemeendskap. As julle ooit bly plek soek in Willowmore, ondersteun hulle. Die oom maak ook n baie lekker pepper steak, in n droe pan. (foto 55)
 

Attachments

  • 55.JPG
    55.JPG
    158.3 KB
PS: Enige idees en kritiek is welkom, dan kan ek n nice RR skryf vir julle Honne. Onthou die Dalene Matthee statement... :spitcoffee:
 
dis great sover, Footpeg

Die man op die Varadero se ma het in Februarie langs my ingetrek, en my vertel van julle trip rondom SA.

sien uit na die res
 
Dit lyk na lekker trip report kan nie wag nie :sip:
Nou wil ek net weer ry :)
 
Die ou wat julle by Meiringspoort het van Praag in Nederland langs die oos kus van Afrika af gery. My vriend wat besig is met sy om die wereld toer het hom ook bo in Afrika gekry. Hy ry 'n ou BMW K750  ( die sogenaamde brick) seker een van die lekkerste en betroubaarste ou BMW's
Jammer ek het jou RR ge hijack.  :)
 
Hierdie is so lekker trip.  :thumleft: :thumleft:
 
Foot-Peg said:
Ek is nie seker wat mens die stukkie pad noem nie, maar dis n baie mooi view. (foto 29-30) Oom Chris L sal vir ons kan se. Daar is mos plekke op die maan waar hy al bike gery het. Haha

Lekker RR Footpeg - laat kom met die res!

Indien jy belangstel, daai mooi vallei is net verby die Kareevlak soos julle gery het, die boer daar links onder is Pieter de Bod op sy plaas Sewefontein.  Die rivier daar onder is die Touwsrivier, die hoofoorsaak dat die Makadas spoorlyn in onbruik gekom het met die 1981 vloed.  Daai uitgekerfde paadjie is een van my gunstelinge!
 
Die vriendlike oom wat julle ontmoet het is Rooipoot op die forum.

Ek wil ook eendag nog so jonk wees soos hy op sy ouderdom. :deal:
 
Top