Dag 11
Hallo Honne, jammer julle moes so lank wag vir die volgende stukkie van ons trip. Ek is seker julle weet dis maand en jaar einde…
Ok hier ry ons weer.
Vandag gaan ons uit Swaziland na Haizyview. Die kenmerk vir vandag is dat ons drie-man span, n bietjie die handsakke geswaai het na mekaar…
Dit het langer geneem as wat ek gedink het dit sal, maar ons almal het geweet dit gaan gebeur. Dit is iets wat onvermeidelik is op so lang trip. Vir die van julle wat so iets beplan, weet maar dit gaan gebeur en moet nie te baie daar in lees nie. Vloek mekaar en kom oor dit, jy gaan jou tjom mis as jy alleen n pap wiel moet reg maak.
Anyway, ek is nie dokter Phill nie…
Die oggend toe ons wakker word in Swaziland, kon ek nie glo hoe mooi dit is nie. (Ek gaan aan die einde van die RR tel hoeveel keer ek die word “mooi” gebruik het.) Daar was diere net waar jy kyk. Swaziland is beslis meer as wat ek verwag het. Daar was n paar vlakvarkies, gewees wat baie “intertaining” was. (foto 1-2-3-4-5-6)