Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA, is nou klaar)

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Die Park was baie nice gewees. Julle sal sien dat alles daar ook groen is…

Dis so groen, tot die trapsuutjies weet nie watter kleur hy wil wees nie… (foto 4)
 

Attachments

  • 4.JPG
    4.JPG
    218.7 KB
Willie wou vir hom n Ysterhoud boompie gaan kry het, so ons het n draai gaan maak by die Skukuza kwekery. Ek moet Kurt se bakkie in sit om dankie te se… (foto 5-6-7-8)
 

Attachments

  • 5.JPG
    5.JPG
    155.7 KB
  • 8.JPG
    8.JPG
    185.2 KB
  • 6.JPG
    6.JPG
    150.9 KB
  • 7.JPG
    7.JPG
    177.8 KB
Van daar het ons bietjie deur die park gery na Skukuza. Ek dink nie dit is regte Koedoes in (foto 9) nie, maar Oom Veltie sal seker kan se…
 

Attachments

  • 9.JPG
    9.JPG
    153.8 KB
Met die rivier wat so vol is, was dit n nice plek om middagete te eet en nog padkos te koop. (foto 10-11-12-13)
 

Attachments

  • 10.JPG
    10.JPG
    162.8 KB
  • 11.JPG
    11.JPG
    164.6 KB
  • 12.JPG
    12.JPG
    153 KB
  • 13.JPG
    13.JPG
    188.6 KB
Oppad na Skukuza het ons nie baie wild gesien nie, maar oppad uit wel. Daar was veral mooi olifante gewees. Hier en daar was n mooi view van die vlaktes ook gewees… (foto 14-15-16-17-18-19-20-21)
 

Attachments

  • 20.JPG
    20.JPG
    132.6 KB
  • 21.JPG
    21.JPG
    154.9 KB
  • 19.JPG
    19.JPG
    171.4 KB
  • 18.JPG
    18.JPG
    160.8 KB
  • 17.JPG
    17.JPG
    155.9 KB
  • 16.JPG
    16.JPG
    145.6 KB
  • 15.JPG
    15.JPG
    195.1 KB
  • 14.JPG
    14.JPG
    206 KB
Ek het hard probeer om n mooi foto van die tarentale te kry, maar kon nie n lekker “shot” in kry nie… (foto 22-23)
 

Attachments

  • 22.JPG
    22.JPG
    175.6 KB
  • 23.JPG
    23.JPG
    186.2 KB
Terug in Haizyview klim ek die “leen-fiets” en gaan haal my scooter op Nelspruit. Ek wil net weer se hoe gelukkig ek was met Eastview BMW se diens. Julle manne kan gerus die ouens ondersteun…

O ja, die pad van Nelspruit na Haizyview is baie lekker om te ry. Dis nou wel teer, maar die lang slap draaie en bulte is pret!!! 

Kurt het die laaste aand in Haizyview vir ons gebraai en van sy vriende oor genooi. Dit was groot pret gewees, maar ek kry nie die fotos nie. Sal vir Willie en die Grote vra of hulle dit dalk het. Thanks Kurt!!!
 
Dag 13

Die roete vir dag 13 was nie baie duidelik nie. Ons het net geweet dat ons by Tshipise wil uitkom.

Na ons vir Kurt gegroet het. (Daar is n foto van dit, maar weet ook nie waar hy is nie…) ry die drie van ons Graskop toe. Die pad is mooi met n pothole hier en daar.

Daar is baie bosbou wat gedoen word in die area en Foot-Peg se Pa moet maar se of die plantasies goed lyk… :pot:

Hier was ook n paar slap draaie wat altyd pret is. (foto 1-2-3-4-5-6-7)
 

Attachments

  • 1.JPG
    1.JPG
    114.7 KB
  • 2.jpg
    2.jpg
    78.3 KB
  • 3.jpg
    3.jpg
    94.6 KB
  • 4.jpg
    4.jpg
    85 KB
  • 5.jpg
    5.jpg
    76.3 KB
  • 6.jpg
    6.jpg
    113.8 KB
  • 7.jpg
    7.jpg
    112 KB
Voor Graskop stop ons by die “Big-Swing”…(foto 8-9)
 

Attachments

  • 8.JPG
    8.JPG
    140.9 KB
  • 9.JPG
    9.JPG
    164 KB
Nou ek hou van die soort goed, maar hulle vra net te baie. Die mense kan ook gerus die plek n bietjie veiliger maak, want soos julle kan sien, lyk daai platvorm meer soos iets wat seerowers gebryk het vir die ouens wat moes “walk te plank”. (foto10-11)
 

Attachments

  • 10.JPG
    10.JPG
    162.2 KB
  • 11.JPG
    11.JPG
    165 KB
Nie te min, die view is natuurlik nice so dis nogsteeds cool om daar te wees. O ja, die manne toets ook darm hulle swing voor iemand die dag daar mag af spring. (foto 12-13-14)
 

Attachments

  • 12.jpg
    12.jpg
    94.2 KB
  • 13.jpg
    13.jpg
    100.8 KB
  • 14.jpg
    14.jpg
    109.7 KB
Ons besluit om aan te ry na Graskop, vir n “Team Pancake Breakfast” vir die van julle wat Anchorman ken… (foto 15)
 

Attachments

  • 15.JPG
    15.JPG
    120.9 KB
Graskop is blykbaar bekend vir sy pannekoek en hulle was lekker!!! Die plan was om van daar te ry na Burks Luck Potholes en Gods Window. Ongelukkig het die mis  oor gekom, so Gods Window se gordyn was toe. Ons ry toe verby. Burks Luck Potholes wou ook te veel hek geld he en ons skip dit ook. Nou ek weet almal moet geld maak, maar as die Kruger Park R60 vra om in te gaan, hoekom vra hulle R50? :mad:

Nie te min, ons sien nogsteeds baie “mooi” en ry soos altyd heerlik.(foto 16)
 

Attachments

  • 16.JPG
    16.JPG
    134.8 KB
By die Blyde River Canyon aangekom word ons veras met n great view!!! (foto 17-18-19-20-21-22-23-24-25-26)
 

Attachments

  • 25.JPG
    25.JPG
    164.2 KB
  • 26.JPG
    26.JPG
    138.6 KB
  • 24.JPG
    24.JPG
    166.5 KB
  • 23.JPG
    23.JPG
    172 KB
  • 22.JPG
    22.JPG
    171.9 KB
  • 20.JPG
    20.JPG
    138.7 KB
  • 19.JPG
    19.JPG
    157 KB
  • 18.JPG
    18.JPG
    158.7 KB
  • 17.JPG
    17.JPG
    128.3 KB
  • 21.JPG
    21.JPG
    142.7 KB
Daar is n vrou wat “arts en crafts” verkoop het waar die bikes gepark was. Nou soos ek al gese het, my twede pet vir die trip het by die trein brug af geval. Ek ondersteun haar en koop toe die hoed…(foto 28) hy is baie lelik so ek weet niemand sal hom steel nie. Ek sal hom seker ook nie verloor nie, al wil ek. (Moet nie foto 27 soek nie, ek het besluit om hom nie in te sit nie)
 

Attachments

  • 28.JPG
    28.JPG
    138.4 KB
Ek kan nie regtig onthou hoekom ek die foto geneem het nie, kan iemand dalk vir my se… (foto 29)
 

Attachments

  • 29.JPG
    29.JPG
    181.4 KB
Na die mooi Canyon ry ons met die R531 en draai regs op die R36. Die Abel Erasmus Pas sorg vir pret en ons trek af om van die locals se “Maroela Bier” te koop. Die arme vrou hardloop eers weg toe Willie met sy KLR daar stop. Ek kan verstaan hoekom, want daai fiets lawaai soos n “dragster” (foto 30-31-32)
 

Attachments

  • 31.JPG
    31.JPG
    158.7 KB
  • 32.JPG
    32.JPG
    150.8 KB
  • 30.JPG
    30.JPG
    164.3 KB
Voor Hoedspruit draai ons links. (bly op die R36) Hier moes ons stop vir petrol. (foto 33) Ek het n bietjie met die girl in die fontein gaan gesles, maar sy is nogal nors… (foto 34)
 

Attachments

  • 33.JPG
    33.JPG
    159.9 KB
  • 34.JPG
    34.JPG
    160.8 KB
Van hier het ons besluit die Grote moet voor ry vir n rukkie want, hy het n paar jaar terug geboer op n plaas naby Tzaneen. (foto 35)
 

Attachments

  • 35.jpg
    35.jpg
    94.4 KB
Vir die van julle wat nie weet nie, die Reen Godin Mujaji woon blykbaar in die area. Dit is hoekom ons daar wou om ry. Ons het nie by haar Broodboom plantasie gaan stop nie, maar dit was n lekker area om in te wees.

Daar was nog baie ry om te doen vir die dag en die Grote se hy ken n kort pad. Julle sal weet n kortpad is altyd meer pret as die lang pad. Na al die teer het ons sy kortpard na Giyani baie geniet. (foto 36-37-38-39)
 

Attachments

  • 36.jpg
    36.jpg
    90.3 KB
  • 37.jpg
    37.jpg
    102.4 KB
  • 38.jpg
    38.jpg
    98.2 KB
  • 39.jpg
    39.jpg
    102.8 KB
Top