Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA, is nou klaar)

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
PS: Ek gaan nie baie op dit uit bry nie, maar moet nooit by “At se Gat” gaan slaap nie. Daai eienaar kan nie vertrou word nie. 
 
Dag 15

Ok, na n “eventful” aand, eet ons ontbyt en besluit om tot in Thabazimbi te ry.
Voor ons kan vertrek moet ons eers n draai gaan maak by Louis en Emel. Die manne het vir ons seekoei sambokke below. Ons bel om uit te vind waar ons die goed moet kom optel en hulle verduidelik dat dit moeilik is om by die seekoei vel uit te kom, op die oomblik.
Die manne het wel aangedring dat ons moet kom koffie drink voor ons die pad vat…

Hulle was n paar km buite die dorp, in die verkeerde rigting, maar op n bike ry mens mos altyd…
Op die plaas aangekom word ons baie vriendelik ontvang en gesels lekker met die manne. Na die koffie moet ons eers n draai op die plaas gaan ry… (foto 1-2-3-4-5-6)
 

Attachments

  • 2.JPG
    2.JPG
    185.8 KB
  • 3.JPG
    3.JPG
    183.8 KB
  • 4.JPG
    4.JPG
    185.3 KB
  • 5.JPG
    5.JPG
    152.6 KB
  • 6.JPG
    6.JPG
    163.9 KB
  • 1.JPG
    1.JPG
    159.2 KB
Emel het sy vrou aan borskanker verloor 8 maande gelede. Hy gaan wys vir ons waar haar as begrawe is. (foto 7) Daar is n braai plek ook, vir wanneer hy verlang. Shame, dit kan nie maklik wees nie…
 

Attachments

  • 7.JPG
    7.JPG
    181.7 KB
Terug na die scooters stop ons eers by sy “slagpale”. Dis hier waar die seekoei velle le. Ongelukkig le dit heel onder… (foto 8-9-10)
 

Attachments

  • 8.JPG
    8.JPG
    152.2 KB
  • 9.JPG
    9.JPG
    162.1 KB
  • 10.JPG
    10.JPG
    160.8 KB
Ons groet en word gegroet. Thanks ouens, dit was n hoogtepunt.

In Allday moet ons stop vir petrol. Nou dit is alles normaal, maar die petrol stasies daar, neem nie kaarte nie. Willie en die Grote gooi hulle bikes vol en ek ry om geld te gaan trek. By die Engine gestop sien ek n tou so lank soos n tellefoon drad voor die kits bank. Ek roep vir Willie op die Sena sodat, hy vir my kan kontant bring. Julle sal nie glo nie, maar hy draai om teen 2km per uur en val om. Hy se n lelikke woord wat soos… mmm as ek se soos wat dit klink, gaan julle weet wat hy gese het. Ek kan nie dit doen nie, want Foot-Peg se Pa se vrou, Foot-Peg se Ma, lees ook die forum en dan sal Foot-Peg se Pa my bliksem.

Anyway, hy se eina en ek weet dadelik iets is nie ok nie. Hy is nogal taai…
Ek betaal solank terwyl hulle die KLR weer regop tel.

Ons besluit om die teerpad R572 tot in Thabazimbi te neem. Nou julle manne wat daar gaan ry, ek gaan vir julle se, wat almal vir ons gese het, daai pad is kak! Dit is eitlik n grondpad met stukke teer op, so ry mooi… (foto 11-12)
 

Attachments

  • 11.JPG
    11.JPG
    142.4 KB
  • 12.JPG
    12.JPG
    136.6 KB
Soos die dag aangaan en die km verby kom, kla Willie oor sy rib...

Nou ek en die Grote is nie teveel gepla nie, want ons is mos bikers, wat is tog so erg aan n rib. (Dis eintlik iets wat geeet word) Ons se net vir hom dit sal nou, nou regkom… (Hy het saam gestem)

Ok, lang storie kort. Die rib raak so seer dat hy nie meer sy “clutch” kan gebruik nie en hy jaag voor uit. Ons het besluit ek en die Grote sal hom in Ellisras se Medi Clinic kry.

Willie kom lank voor ons daar en book hom self in vir “x-rays”. Die rib raak net seerder…
Ek en die Grote gaan koop kos en koeldrank, terwyl ons vir die man wag. By the way, dit was baie warm!!!

Dit neem bietjie langer as wat ons gedink het en die Grote reel verblyf vir ons in Ellisras. Ek het gese ons moet aan ry, maar na Willie my n slawe drywer genoem het, het ek aangeneem hy is nie lus vir verder ry nie…

Die dokter het gese die rib was net gekneus, so hoe erg kan dit wees. Mens kan n gekneusde appel eet, so n gekneusde rib moet mos ook nog werk.

Ok, ek skryf more weer…
 
Dag 15 vervolg...

Die oornag in Ellisras het ons n bietjie tyd gekos. Daar word toe besluit om tot in Kuruman te ry, die volgende dag. Willie en sy seer rib gaan slaap vroeg, want ons wil 6uur op die wees, om so lank as moonlik te kan ry.

Die Grote het nie lank na hom gaan slaap, maar ek het gewag vir die Super 15 game om te begin… Sharks teen die Bulls.

Gedurende die rugby, gesels ek met die eienaar van die gaste huis en sy pel. Hulle het ook bikes, maar ry nie so baie grondpad nie.

Die Sharks wen die game, met n bonus punt, en ek gaan slaap baie gelukkig…
 
Dag 16

Soos ons beplan het, word ons vroeg wakker. Ons pak die bikes stillietjies, om nie die mense te pla nie en ry die donker in… (foto 1-2)
 

Attachments

  • 1.JPG
    1.JPG
    161.5 KB
  • 2.JPG
    2.JPG
    208.4 KB
Ons het darm net 15min se donker gekry voor die son op gekom het. Van Ellisras druk ons vir Thabazimbi, waar ons eintlik moes oornag. In Thabazimbi aangekom kry die scooters petrol en ons kry breakfast. Niks soos n “garage pie”  vroeg in die oggend nie… (foto3-4-5)
 

Attachments

  • 3.JPG
    3.JPG
    134.4 KB
  • 4.JPG
    4.JPG
    146.8 KB
  • 5.JPG
    5.JPG
    175.9 KB
Willie se rib is nog seer, maar ons besluit dat 140km/h die regte spoed is vir die dag. So ry ons, deur Rustenburg en Koster. (foto 6)
 

Attachments

  • 6.JPG
    6.JPG
    130.3 KB
Ongelukkig kry die Grote n pap wiel net voor Lichtenburg, in die Ventersdorp area… (Ek sal by hom hoor wat die dorp se naam was.) Die manne daar is baie life vir hulle 2.7 Hilux bakkies.

Die pap wiel word gou af gehaal om reg te maak. Johan het “No Flats” in sy bande en julle sal nie glo hoe goed dit gewerk het nie. Die Valadero kan tubeless gery word, maar die Grote het tubes in gesit. Toe ons daar stop was sy band druk 1 Bar gewees, kyk hoe het die tube gelyk… (foto 7-8-9)
 

Attachments

  • 7.JPG
    7.JPG
    178.7 KB
  • 8.JPG
    8.JPG
    171.1 KB
  • 9.JPG
    9.JPG
    184 KB
Van daar ry ons na deur Lichtenburg na Delaryville, waar ons iets wou kry om te eet. Ongelukkig is ons te laat vir die winkels in die area en ons moet maar verby ry. Die Noordwes is nogal n nice provinsie, veral omdat ons nie sonnebloome hier in die Kaap het nie… (foto 10-11-12-13-14-15-16)
 

Attachments

  • 16.JPG
    16.JPG
    147.1 KB
  • 15.JPG
    15.JPG
    148.2 KB
  • 14.JPG
    14.JPG
    176.4 KB
  • 12.JPG
    12.JPG
    149.4 KB
  • 11.JPG
    11.JPG
    136.8 KB
  • 10.JPG
    10.JPG
    141.8 KB
  • 13.JPG
    13.JPG
    161.8 KB
Na die lang plat en reguit pad, kom ons in Vryburg aan, gelukkig is daar n eet plek en ons tant elkeen n Dagwood by “Mams Foods” (foto 17-18)
 

Attachments

  • 17.JPG
    17.JPG
    153.9 KB
  • 18.JPG
    18.JPG
    142.8 KB
Die dag se ry was nie baie interesant nie, so jammer as ek nie regtig baie uitbry nie. Dit was wel die verste wat ons drie al op eendag gery het met ons bikes, 730km.

Van Vryburg na Kuruman was siel-dodend reguit gewees. Ek is baie bly date k nie daai stuk pad baie moet ry nie!!! In Kuruman aangekom se Willie hy weet van n nice plek om by oor te bly. Ons ry 10km uit Kuruman (Wes) en kom by die “Red Sands” aan.(foto 19-20-21)
 

Attachments

  • 19.JPG
    19.JPG
    166.5 KB
  • 20.JPG
    20.JPG
    119.5 KB
  • 21.JPG
    21.JPG
    157.8 KB
Die plek is n bietjie te netjies vir ons, maar teen die tyd reen dit al liggies en ons book in. Ons kry n nice huisie  met “park” plek vir die bikes! (foto 22-23-24-25)
 

Attachments

  • 22.JPG
    22.JPG
    214.1 KB
  • 23.JPG
    23.JPG
    170 KB
  • 24.JPG
    24.JPG
    145.4 KB
  • 25.JPG
    25.JPG
    146.5 KB
Daar was n baie lekker buffet aandete gewees. Ek het geeet so baie en kon, maar Johan en Willie het my nogsteeds gewen!!! (foto 26)
 

Attachments

  • 26.JPG
    26.JPG
    157.2 KB
Dag 17

Van die Red Sands af sou ons ry tot by die Augrabies Watervalle. Dit was nie n lang dag se ry nie, maar ons het soos altyd, die heel dag gery tot daar. Dis lekkerder so.

Van ons huis by Red Sand was daar n pratige view oor die vlakte, met die windpomp in die verte. (foto 1-2)
 

Attachments

  • 1.JPG
    1.JPG
    121.6 KB
  • 2.JPG
    2.JPG
    117.2 KB
Ons gaan groet die mense van Red Sand en mik vir Kathu.(foto 3-4) Die stukkie sandpad na Red Sand se hek was net genoeg om n ou lust e maak vir ry…
 

Attachments

  • 3.JPG
    3.JPG
    171.5 KB
  • 4.JPG
    4.JPG
    156.7 KB
In Kathu stop ons vir brandstof. Julle Honne wat in die area bly gaan nou nie dink die trok en laaigraaf is baie cool nie, maar die goed is massive!!! Natuurlik neem ons n pick of twee… (foto 5-6-7-8-9-10-11-12)
 

Attachments

  • 5.JPG
    5.JPG
    145.6 KB
  • 6.JPG
    6.JPG
    159.7 KB
  • 7.JPG
    7.JPG
    160.6 KB
  • 8.JPG
    8.JPG
    136.6 KB
  • 9.JPG
    9.JPG
    171.4 KB
  • 10.JPG
    10.JPG
    147.7 KB
  • 11.JPG
    11.JPG
    153.9 KB
  • 12.JPG
    12.JPG
    163.1 KB
Van Kathu ry ons verby die Sishen myn. (Ek dink dis die yster myn) Die trein van hulle is langer as n Francois Steyn drop-goal… (foto 13-14-15)
 

Attachments

  • 13.JPG
    13.JPG
    129.7 KB
  • 14.JPG
    14.JPG
    137.5 KB
  • 15.JPG
    15.JPG
    174.7 KB
Top