Dag 8
Na ons die vorige aand ons pense dik gevreet het en n lui saterdag oggend gehaad het, besluit ons om Cape Vidal toe te ry. Ek het vir Foot-Peg se Broer, as kind baie in die skool gesit met visvang langs die stuk kus. Hy het mooi gekyk wat ek doen en vang vandag baie beter vis as ek. Hy maak my baie trots.
Oppad na Cape Vidal stop ons eers om arm te druk. Nou dit is soos julle weet, n baie tegniese sport en ek het gewen, omdat hy “ge-crook” het.
Ons het n baie mooi view gehaad waar die tweestryd plaas gevind het. (foto 1)